Helloooo …. anybody home?

Aangesien die eens digbeblogde Blogville so te sê in ’n spookdorp verander het, ’n spookasempie van my kant af.

’n Paar jaar gelede, tydens ’n veldstappie, kom ons op ‘n kleinerige kerkhof af. Nou ek’s nie vreeslik gaande oor begraafplase nie (te hard en kil na my sin), maar hierdie een het heel vrolik gelyk – danksy die natuurlike voorkoms van heelparty grafte.

Kerkhof 1

 

Dié een het behoorlik my hart gesteel:

kerkhof 2

Ten spyte daarvan dat die boom op die oog af beter dae geken het, dien dit steeds as veilige hawe vir ‘n verskeidenheid diertjies en goggas.

Een van die strak grafte, hoewel droë gras en blare dit tog bietjie versag:

kerkhof 4“GEB. 1 NOV. 1868, OORL. 5 AUG. 1956”.

Hierdie het ek sommer nou die dag op die internet raakgeloop:

kerkhof 3

Oulike manier van ‘n natuurlike bydraetjie tot Moeder Aarde. So vir oulaas..

Lees hier meer daaroor.

Volgende keer skryf ek oor dít waarin ek glo, naamlik lewe voor die dood.

6 thoughts on “Helloooo …. anybody home?

  1. old lang syne .

    heerlik om jou weer hier raak te lees .

    sien uit na jou opvolg plasings .

    joune was altoos ‘n keurige blog in hierdie afgewaterde webspasie .

    dalk herleef litnetblogs dan tog in die hiervoormaals.

    FYI : die Cheetahs spog met ‘n uithaler flank by name Johannes Gerhardus Pienaar ” BOOM” Prinsloo . 🙂

Los ’n antwoord.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.