Jeug- en kinderboeke

Naomi vra watter boeke ons van jongs af bybly. Vir my ongetwyfeld Die Uile-reeks. As jong kind het dié vierstuks bendelede my verbeelding behoorlik aangegryp. Ander jeugkarakters soos Saartjie en haar vriendinne asook die Maasdorpmeisies kon maar gaan slaap.

Nou op ‘n kindernoot: ‘n Tydjie gelede het ek op ‘n baie oulike groep afgekom wat met hul boeke (en films) wegbreek van die stereotipering van meisies. Hier kry alle kinders die geleentheid om boeke te lees en films te sien met positiewe boodskappe oor meisies en hul diverse vermoëns. Meisies hoef dus nie verban te word na die rol van hulpverlener of meisie in nood nie. Hulle kan ook leiers, heldinne, kampioene en uitvinders wees. Anders as die passiewe prinsesse wat so knaend deur dapper jong mans gered moet word, word meisies eerder aangemoedig om te groei en na drome wat hul self kan kies, te streef.

Net die ding vir ‘n nuwe generasie kinders.

Loer gerus hier.

10006292_656835737686076_1399438307_n

Ja OK, daar was dan tóg een verhaal waar die prins deur ‘n prinses gered moes word. Maar van alle dinge met ‘n sóén.

 

 

10 thoughts on “Jeug- en kinderboeke

  1. Aha hier het jy ‘n boeke blog nog voor ek die uitdaging inkry.

    Moet darem sê diep in my hart het ek nog daai sprokie van die ridder op die wit perd. Maar ek wil darem ook my eie lewe en geld bestuur.

Los ’n antwoord.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.