Water, wondersoete water

Met die dat ek gister daar by Johan Pienaar weer onthou het van my binne-oorloggie oor water, dink ek toe nou aan nog ‘n waterepisode tydens daardie selfde weeklange wilderness trail in Lesotho.

Twee dae na dié ervaring vertrek ons na Menkhoaneng, geboorteplek van koning Moshoeshoe, om besoek te gaan aflê by die grot wat as skuilplek vir vroue en gewonde soldate gedien het.

Voor ons die paadjie boontoe begin aandurf, word daar eers appels uitgedeel. Ons rugsakke en waterbottels lê nog op die grond voor ons. Dis toe dat een van die plaaslike toerleiers die naaste waterbottel optel, die prop afdraai en haar appel so ewe met die water begin afspoel. En ek sien rooi. Want dis mý kosbaarste van alle kosbaarhede wat sy so mors!

Verontwaardig vat ek my bottel by haar en vertel haar presies wat ek van haar optrede dink.

Sy bly toe maar net stil.

Daardie dag was daar toe darem nie weer ‘n waterskaarste nie, danksy die vars bergwater halfpad grot toe. Om die waarheid te sê, ek het op die ou end my oorblywende bottelwater langs die waterpoel uitgegooi sodat ek dit met dié vars, koel lafenis kon vervang. Oppad boontoe én terug (hehehe).

24 thoughts on “Water, wondersoete water

  1. Ek weet ek is So naief , maar ek wil graag op my trompie ook die liedjie vir jou (julle) speel :

    Aan die Samaritaanse vrou sê Christus by die put in Joh. 4:13 en 14: “Elkeen wat van
    hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal
    gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ‘n
    fontein wees met water wat in hom opborrel en vir hom die ewige lewe gee.”

    Geniet die Vryheidsnaweek terdee

  2. Ys, is gevriesde water. Met groot respek : Jy is dan welkom om jou vryheid so te gebruik om, soos Johan Pienaar, hierdie betrokke kommenaar op jou blog te skrap , sodat ander wat ook nie belangstel nie, nie daardeur “gekontamineer” hoef te word nie.

  3. …daardie Water waar daar rus is en ewig die s i e l sal bly voed wanneer die DNA as dra-stof uiteindelik oksideer aan die einde van die “aardse” bestaan, en weer tot oorspronklike lewelose anorganiese boustene reduseer.

  4. Ek dink nie sy het haar vreeslik aan my gesteur nie, want sy’t geweet die heerlikste water lê nie ver daarvandaan nie vir ons en wag.

  5. Sommige lewensvorme het alreeds so ge-evoluseer en die vermoe ontwikkel om ook hoofsaaklik op alkoholiese vloeistofverbindings te funksioneer …

  6. JA, maar luister, hulle mors ook nie sommer met my water nie! Dis verseker. En skielik dink ek aan die fonteintjies met “potable” water in Italie, waar mens heerlik van die soet water kon drink, sommer hier en daar in die dorpies en stede. Dis nou vir jou ‘n lekkerte.

  7. Pingback: ‘n Preek gemik op waterbobbejane.

Los ’n antwoord vir johanpienaar. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.