Dít kry jy nie in ‘n boek nie

Gids van die Wilderness Leadership School: “Dis ‘n toktokkie.”

Kelkie: “Kan nie wees nie, hy’s te plat. Toppie, wat’s dit dié?”

Toppie, die Boesmangids: “Dis ‘n platanna.”

Wilderness Leadership School-gids: “Die boek sê dan dis ‘n toktokkie.” Hy staan op om die boek te gaan haal.

Kelkie aan Toppie: “As jy sê dis ‘n platanna, dan ís dit ‘n platanna.”

Toppie:  “Ja, want ons is lief vir hulle.”

 

.

 

 

 

 

Die duine is ons woning

Een van ons twee Boesmangidse, vroeg uit die vere.

 

Aangesien die Kgalagadi Oorgrenspark jagluiperd- en leeuwêreld is, word daar elke aand om die beurt vir ‘n uur lank waggestaan. Ek was die eerste aand so bevoorreg om tussen een- en tweeuur ‘n oranje maan kolossaal bokant die horison te sien opkom.

 

Soggens vroeg is almal se slaapsakke nat van die dou, maar sodra die son daarop skyn, bak dit gou weer droog.

Gereedmaak vir die dag se stap en verken.

 

 

Namiddag terug by die kamp, lyfseer en moeg. Onder die enkele bome kan mens nie teen die bloedige son skuil nie, want daar wemel dit van bosluise.

 

 

Skottelgoedwas in die veldkombuis. Water word spaarsaam gebruik aangesien daar net vier houers daarvan, soos die bloue op die foto, beskikbaar is vir drink, was en kosmaak.

Geen kussing sit so lekker soos woestynsand nie. Jy wikkel net jou boude tot jy tevrede is met jou eie, unieke holtetjie. 

 

So te sê by ons bestemming

Dié skuiling werk blykbaar heel goed, behalwe wanneer die wind woes waai. Dan waai hy deur al wat gleuf is.

Die Boesman Dawid Kruiper, eienaar van 40 000 hektaar grond langs die Kgalagadi Oorgrenspark wat in 1999 na ‘n jarelange grondeissaak teruggewen is. 

 

Digby die ingang na Dawid Kruiper se grond is twee hutte. Een vir die vroue en kinders, en een vir die mans. Die mans bevind hulself egter gedurig saans in die vroue en kinders s’n.