En so stoomroller die mensdom voort …

 

Met een van my meer onlangse wildernis-ervarings het daar ‘n kant in my na vore gekom wat my nogal laat skrik het. Dit was tydens ‘n weeklange trial run in die Malotiberge.

 

Tydens dié proefloop moes deelnemers opinies vorm wat na die tyd ingewin sou word om as grondslag te dien vir toekomstige toerisme-ontwikkeling.

 

Teen die middag van die tweede dag pak ons die tog aan na die Botha-Bothe-plato met sy kleurryke geskiedenis. Dis hier waar koning Moshoeshoe I ná plundertogte deur die vyand, oorloggeteisterde stamme verenig en gevestig het.

 

Dié klimtog in die uitmergelende hitte het ons totaal onderskat en een na die ander begin ons waterbottels leegraak. Totdat daar net ‘n bietjie van myne oor is. Bo-op die plato vra een van die deelnemers of hy bietjie van my water kan kry.

 

Dis toe dat hierdie ding in my opwel: Totale selfsug. Vir ‘n kortstondige oomblik.

 

En ek gee my bottel vir hom aan terwyl verskeie gedagtes deur my kop flits, onder andere hoe ék sou voel as dit mý water was wat opgeraak het.

 

Tog is dit die momentele diep teësinnigheid wat my nou nog bybly.

 

En die wete van die oorsprong van oorlog.

35 thoughts on “En so stoomroller die mensdom voort …

  1. Ja, dis maar die natuur…. Ek dink nie mens het al regtig geleef voor jy nie hongerte en dors geproe het nie. Baie goeie inskrywing!

    O terloops, nog 3 maande voor Ysland!

  2. André, en om teen daai drang te probeer baklei … wel ….
    Wonder wat sou ek in ‘n meer desperate situasie gedoen het.

  3. Sjoe Ghaap, ek kan my dit indink. Of nee, nie heeltemal nie. Ek as vrou sal nooit rêrig weet waardeur soldate in oorlogsituasies moet gaan nie.

  4. Hallo,
    nog 40 dae, voel so lank maar die afgelope weeke het verby gevlieg.
    Hoop die bietjie van Jan en Feb laat waai ook,
    lekker dag vir jou,
    PvR

  5. Lo-Ammi, hy’t darem nie ál my laaste water opgedrink nie, net ‘n slukkie of twee gevat. Kom ek nou op vir hom. Duidelik is dit nie meer my instink waat praat nie.

  6. In elke kelkie wyn, ‘n druppel pyn. Ons almal het ‘n vermenging van die soet en die bitter, dit wat mooi is, en die lelike. Dis normaal! Ding is net dat ons maar daarteen moet veg en dit in bedwang moet hou.

  7. Jip.

    Jis die klomp kommentare en antwoorde hier onder lyk weird. Was in die dae voor daar ‘n antwoord-blokkie was om op te kliek

  8. Pingback: ‘n Preek gemik op waterbobbejane.

Los ’n antwoord.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.