Mei 16, 2013 in Uncategorized

Ek stap vanoggend werk toe en kyk hoe die son die herfs blare geel verf. Herfs in die Vrystaat is net onbeskryflik en ek hoor hoe die apies bo in die bome saam gesels. Die koue vou om my bene en vat nog ‘n sluk vanuit my enamel beker tee.

Ek was gisteraand by ‘n Dinner Party. “Stricktly over 40’s but you have an old soul”, het die gasvrou my mee gedeel. Heerlik gesmul aan die ghoemoes, ertjie peule en groente sop, met ‘n tipsy tert om die aand mee af te sluit. Ek ontmoed die wonderlikste mense en gesels die wonderlikste geselse want hierdie mense kan praat met gesag. Hulle woorde is wys sonder ‘n tikkie snobisme wat deur syfer.

Die een dame met wie ek gesels vertel my van haar man wat drie weke gelede nie weer wakker geraak het nie. Vyftig en sy lewe is verby. Tog, sy lewe was nie gemors nie. Sy vertel my van hul reise, belewenisse en die wonderlike avonture waarop hul saam was. En van hulle gelag. ‘n Ander man wie se hele linkerkant van sy lyf oortrek is met die letsels vertel my hoe hy aangeval is en met warm olie oordrompel is. Sy vrou kyk hom liefdelik toe en laat nie sy hand vir een sekonde gaan nie. Hulle self is al verby sestig en steeds verlief. Letsels van die lewe en al.

Dan is dit my beurt. Ek met die 24 jaar om my lyf en idees wat skeilik minder waardig voel. Tog, hul luister met aandag hoe ek hul vertel van ‘n Kêrel wat ek hierdie naweek so terloops ontmoed het in my vriend se kar. Saterdag het hy op die vliegtuig geklim en is oppad om vir 6 weke deur Afrika te toer. Sy begin punt is Nairobi en die eindbestemming Kairo . Verder nie veel nie. Hoe wonderlik nie? En almal stem saam.

Dan gesels ons verder oor al die avonture wat ons vir ons lewens beplan maar hoe hul so gereeld in die slag bly lê omdat ons tevrede is met “net-nie-hardseer-wees-nie” in plaas daarvan dat ons streef na geluk. Vir meeste mense is om gelukkig te wees nie so belangrik soos om veilig te wees nie.

Ek self is op die avontuur van my lewe. Desebmbermaand het ek my hele vorige bestaan van allerdaagsheid, my hele familie, en al die stukkies van my hart wat al soveel keer vertrap is in die Kaap agter gelaat en op ‘n vliegtuig geklim om myself te kom vind in die Vrystaatse dorpie Parys. Met groei pyne, trane, en hope verlang het ek stadig maar seker ontiem en kan vir die eerste keer in my lewe voel hoe ek blom. Geen meer potpant waarin ek hoef te groei nie, net ‘n oop stuk veld met goeie grond…en die mooiste herfsbome wat om my staan en pronk.

Tog, gisteraand toe ek by die huis kom na een bottel wyn te veel lê ek snoesig in my warm bed met my nuwe kat en dink aan hoe ek te midde van my avontuur steeds somtyds verval in “net-nie-hardseer-wees-nie”.Daar is soveel avonture en reise wat op my wag en dis tyd vir my om te begin. Ek VOEL avontuurlustig soos ek in my bed lê. Waarom he ek ophou foto’s neem? waarom skryf ek so min en waarom skilder en teken ek nooit meer nie?

Ek klim in die koue uit my bed en sit my lig aan. Ek krap na my pastelle, gryp ‘n ou stuk papier en slaan my esel voor die spieel  op. Dan glip ek uit my pantoffels, laat gly my nagklere stadig grond toe, en begin skets met lang growwe los strepe. Ek voel nie die koue nie, net die vryheid en vrede in my eie lyf.

Vanoggend stap ek onder deur die herfsblare werk toe en glimlag. Ek groet elkeen wat verby my stap oppad na hul “net-nie-hardseer-wees” eindbestemming. Ek voel gelukkig. Ek voel vry. Ek voel tuis in my eie vel.

Ek voel…

Grootword

Mei 9, 2013 in Uncategorized

Gisteraand lê ek op my bed en wag vir my ma om aanlyn te kom sodat ons so rukkie oor die rekenaar se skerm kan gesels. Onder die lys name van mense wat aanlyn is merk ek dat ‘n ou muse vanuit ‘n vorige lewe se naam ook daar verskyn. Hy is so Amerikaans as wat kan kom en ons paaie het vlugtig gekruis toe hy as uitruil student in Suid-Afrika was. Hy het die mooiste gedigte geskryf en ek dink terug aan die dae toe ons langs die eerste rivier sit en sterre kyk het en ek nie stywer aan sy sy kon sit nie. Ek besef met ‘n skok dat dit ook al weer ses jaar terug is. Hoe vlieg tyd so vinnig?

Ek oorweeg lank om die “call with viedo” knoppie te druk, maar beweeg dan weer aan, net om myself oombikke later weer op die selfde plek te bevind. Na nog ‘n klompie minute van my lewe uit geloop het terwyl ek so sit en wonder het, skraap ek die moed by mekaar en tik vir hom ‘n boodskap.

“Hey there! how are you?? long time no talk…you have video??”

Sekondes later kondig my rekenaar aan ek het ‘n oproep wat deurkom. Ek vat vinnig aan my hare, trek my rok reg, en druk dan die groen knoppie.

Hy lyk nes ek hom onthou en ek glimlag groot! “it’s so good to see you Bill! how are you??” Hy glimlag net so groot terug en ek besef hoe ontwerklik en onverwags die oproep vir ons altwee is. Onwerklik, maar goed.

Ons gesels lank, wonder oor hoekom ons kontak verloor het, en ruil stories uit. Laas toe ons gesels het was my hart gebreek deur NOG ‘n kêrel, het ek net my eerste jaar van studies klaar gemaak, en het nog groot drome gehad van beroemd word en die wêreld verander.

Hy het intussen met sy doktoraal begin, groot geword, en skryf nie meer so baie nie. Ook…hy trou in September.

Waarom weet ek nie maar my hart het gesing en huil op die selfde tyd. Ek is so gelukkig hy is gelukkig, maar ek onthou meer as ooit hoe ons mekaar geinspireer het, hoe ons aande kon om gesels. Ek onthou hoe ons kontak belowe het, hoe ek vir hom Afrikaanse liefdes gedigte gestuur het, en hoe hy dit woord vir woord sou vertaal. Ons sielle was een, maar ons wêrelde was op twee verskillende plekke.

Nes Bill het ek ook groot geword. Ons het nog so rukkie gesels, totsiens gesê, en af gespreek om binnekort weer te skakel sodat ek sy verloofde kan ontmoed.

Ses jaar terug het ek gedroom van beroemd raak en baie geld maak. Nou het ek vrede gevind in die klein passies in my lewe en besef die mense en omgewing om my het soveel meer vreugde om te bied as enige faam. Ses jaar terug het ek geglo ek gaan die wêreld verander en laat notisie neem. Vandag besef ek meer en meer dit gaan oor die individue wie se wêrelde jy verander. Ses jaar terug soou ek vir Bill na so ‘n oproep ‘n lang e-pos gestuur het om hom te herhinder aan wat ons gedeel het, en probeer planne maak het om ons wêrelde op een planeet te vestig. Waar ek nou sit besef ek dat dit was, dat dit wat wonderlik was, en wens hom alle geluk toe. Ek weet ook dat ek hom nie aan enige inspirasie hoef te herhinder nie, dat hy dit nie sou vergeet het nie, maar dat ons altwee voorentoe gelukkig sal wees met ‘n herhindering wat in ons storie boeke voort vertel sal word.

Rooi Bloeisels

Mei 8, 2013 in Uncategorized

Die winter in Parys het net een naweek gekom. Met ‘n groot klomp reën en die koue wat teen jou bene opklim.  Ek het net verlang.  Na my ma wat my altyd vertel het van haar wêreld se koue en hoe sy dit gemis het vandat sy in die Kaap agter gebly het. Na my pa saam met wie ek jafels gemaak het oor die kaggel vuur in my Junie skool vakansies en ons Sondag aand chick flieks voor hy my sou terug neem koshuis toe. Na my boom wat bloed rooi gebloos het en dan al haar blare af gegooi het soos ‘n ontklee danseres.

 

Vir twee dae het dit hard en aaneen gereen soos ‘n tipiese Kaapse storm. Die druppels het teen die vensters gehang van my nuwe klip huisie wat nog so koud en leeg gevoel het. Ek het weer gewonder wat my besiel het om met ‘n tas klere en ‘n tas skoene sak en pak die kaap te verlaat. In my arm het ek gevoel  hoe my sestien skroewe teen die koue probeer oorlog voer met my liggaam wat die pyn moes dra. Sestien. Kon ek nie maar weer sestien wees nie. Toe die lewe nog sin gemaak het, my hart nog heel was, en geen van my ledemate nog gebreek was nie…. Sestien, sodat ek weer kon oor kies, ander keuses kon maak, en my liefde meer versigtig  kon uitdeel…Nou is ek vier en twintig, bly in ‘n koue Vrystaatse dorpie in ‘n kliphuis met my kat en skoene. Wat het ek gedink?

 

Dis skaars twee weke vandat ek van my ma hul af terug gekeer het na die nuwe plek wat ek nou huis moes noem. My arm was seer na die laaste operasie en my siel het terug verlang na die wingerde en die berg. Tog, ek het geweet, hierdie is die lewe wat ek gekies het en ek moet my arms om sy nek gooi en hand aan hand met hom deur die strate van Parys loop.

 

So het nog ʼn week verby gegaan, en voor ek my oe kon uitvee was ek hier. Die lug is kouer as wat dit daardie naweek was, maar my huis en hart was warmer, my kat was besig om ‘n persoonlikheid te ontwikkel en met ‘n koppie rooibos tee in die hand het die mense wat ek hier leer ken het weer stadig maar seker die glimlag in my mondhoeke terug gesit.  Binne my het my mens wees gesing en om my het ek gekyk hoe die bome verkleur.  Ek was gelukkig. Sielsgelukkig. My kliphuisie het in ‘n warm nessie verander waar ek kon kook en droom na hartelus. My werk inspireer my op ‘n daaglikse basis en ek het vriende gemaak wat na my kyk asof ek hul familie is.  Die Vaal rivier wat by my huis verby loop het nie meer geraas nie maar laat middae vir my liefdes ballades gesing en die wilgerbome wat so laag teen die water staan het hul arms om my gevou en aan my vrede geskenk.

 

Bo in die lug, en diep in my hart het God geglimlag en vir my gefluister. “Hier het ek jou geplant my liefste, hier is waar die rooi blomme in jou sal bloei.”

happiness

April 18, 2013 in Uncategorized

sometimes

like the blink of an eye

or the bite of my lip

quick

and suddenly over

as the flicker of a flame

happiness

boils through my throat

and a sweet soft sound

like a laugh

finds its place

in this world

 

iets om oor te dink

April 18, 2013 in Uncategorized

Only date a guy if you would have picked him for your daughter, or would be proud to call your sonj

 

vrugte

Maart 30, 2013 in Uncategorized

Ek het die bloeisels in my oë gedra

Wat ek gevind het in jou stem

En die rypheid van jou woorde

Soos vars vrugte ingedrenk

 

Soos ‘n soepel rooi aarbei

Uit  Stellenbosch  in September

Blink en sag om te verlei

Gepars

Tussen  verhemelte en tong

 

Soos die pruime in my ma se yskas

Pers-swart   van suikersoet

het ek die vrugte van jou stem gedra

My wange met hul pienk-rooi gloed

Leemte

Maart 29, 2013 in Uncategorized

Die rits stadig los

My rok teen my lyf afgegly

Onderklere uitgeskop

Laaste van skoene bevry

 

En daar het ek gestaan

In die spieël gekyk

Sonder jou

Nakend kaal

sonder jou

koud

nuwe liefde

Maart 18, 2013 in Uncategorized

Vanoggend vroeg is ek wakker en met die eerste light switch wat in my brein aangaan weet ek ek gaan vandag Kaap toe. Huis toe. Ek le in die donker, byt op my lip en glimlag. Sukkel-sukkel klim ek uit die bed en begin klere stadig en versigtig oor my beseerde lyf gooi. Ek sluit skrikkerig my kamerdeur oop met n kussing in my linker hand.

 

Ek het myself gestrand goed toe gesluit toe ek ‘n vladder in my sitkamer hoor. Ek het nuskierig om die hoek geloer, versigtig rond gekyk, en dit toe gesien…ek het eers gedink dit is ‘n mot, maar na oomlike besef dis als behalwe…ek het genoeg nagmerries as kind oor batman gehad om te weet…motte het nie sambreel-punt vlerke nie!Daarna het ek skreeuend kamer toe gehardloop met gekraakte watokal en al! Niemand wat my kon hoor of troos nie.

 

Die sitkamer is vanoggend dood,  sonder grotbewoners en stil soos die bioskoop waneer net wit name soos franse blindings oor die swart skerm rol. In die hoek staan my tassies reg om ingelaai te word vir waneer die kerel met die blou kar my kom oplaai. Binne my begin dit borrel, nes daai Jesus-liedjie wat ons geleer het in kinderkrans dae. Maar vandag borrel dit in my oor ek huis toe gaan. Oor ek berg toe gaan. Omdat ek na my ouma, my see, en na my Vriendin Karin toe gaan. Oor ek my wonde kan gaan lek terwyl iemand vir my tee aan dra. Ek is seker Jesus sal verstaan.

 

Ek sit opgewonde, bene opgekrul, en wag vir Len om my te kom oplaai en begin dink oor 2013. Tenspyte van twee opperasies in sewe weke is ek gelukkig! DIEP gelukkig! Ek glimlag omdat ek WIL, nie omdat ek weet ek moet nie. Ek het mense leer ken wat omgee, wat liefde gee, wat help, en wat ondersteun sonder enige verwagtinge. Ek het n werk waar ek nodig voel, waar ek gelukkig voel, en meeste van die tyd net VOEL.

 

Na my opperasie sewe weke terug wou ek so graag my tasse pak en huis toe hardloop. Na my ouma, na my berg, my see, en dis juis hoekom ek nie kon nie, wanneer mens hardloop, is daar  gewoonlik iets wat jou jaag. Nou sit ek op Lanseria, drink n snapple en eet ‘n hoender broodjie en wag vir my vliegtuig om te kom. Nie omdat ek wil hardloop nie, maar omdat ek by my huis wil gaan kuier sodat waneer ek klaar my nuwe asem geskep het, ek weer kan voortgaan met die reis waarmee ek besig is. Sodat ek weer met nuwe lewe kan terugkom na die  Vrystaat. Na die werk wat ek lief gekry het, na die oop goue velde wat my inspireer, en na my vriende wat ek hier gemaak het. Sodat ek kan terugom na Andree met haar omgee hart, na Len met sy blou kar en gewillige wese, Sodat ek kan terug kom na die baas wat familie geword het, die huismaat wat my ma geraak het, en die rivier en wilgerbome wat ‘n lafernis vir my siel gebied het. Sodat ek kan terugkom om terug te gee wat ek hier ontvang het. Sodat ek die beste weergawe van Ek kan wees…

 

Stadig maar seker voel ek hoe verlange begin plek maak vir vrede. Vrede met ‘n nuwe tuiste vir my hart. Die Kaap sal Altyd huis bly, maar die vrystaat is besig om my hart te steel soos ‘n Kerel met ‘n bos blomme en ‘n gawe glimlag. Wie weet, dalk sal ek eendag my hart vir hom gee.

 

snap….daar gaan hy weer

Maart 16, 2013 in Uncategorized

Ek het n uur buite op die gras le en wag vir die ambulans om te kom. Dis net my nek wat kon draai terwyl ek le en opkyk hert na hoe die Vrystaat lug van pienk na swart verander het . My liewe huismaat het sukkel sukkel almal in die kaap in die hande gekry wat moes weet ek het weer geval. Van ‘n 1.5 meter hoe stoep af toe die een poot van my stoel van die muurtjie afgegly het tot in die niks in. Alles het so stadig gebeur maar net  so vinnig.

 

Toe het ek tyd om te dink. Vir ‘n uur lank onder die sterre terwyl die koue teen my lyf opgekruip het. Net die idee daarvan dat ek weer my regter arm verloor het  was een te veel om te begryp. Ek sou binne 12 ure potch toe gegaan het om my dokter te gaan sien sodat hy my kon vryspreek na ‘n ses weke herstel proses, nou le ek hier en weet dat die vryspraak weer in ‘n vonnis verander het.

 

My baas het ook daar aangekom om my hand te kom vashou terwyl ek moes wag. “alles sal ok wees….” hoe kan ek dit weet?? Toe het hy vir my gebid en ek kon voel hoe vrede my omvou het.

 

Toe die ambulans kom is dit stutte,stretchers, en maskers.  Al die pad deur die slaggate na potch medi clinic met mense wat my verseker  van nou af sal dit net makliker raak. Ek huil sonder ‘n geluid. Van fustrasie, hardseer, pyn en ‘n onblusbare verlange. Natuurlik ook van moedeloosheid.

 

Nou le ek in die hospitaal met ‘n gekraakte rib en heup, en my regter arm wat op ‘n nuwe plek gebreek is. Nuwe sny en 6 nuwe skroewe.  Ek wil kwaad wees, ek wil skree dat dit onregverdig is, maar oorkant my le nog ‘n pasiënt, seker so rondom 40. Sy is net vel en been, drie weke terug met kanker gediagnoseer en nou is  sy sterwend. Ek dink terug aan ‘n les wat my ma my geleer het. “waneer jy dink die lewe kan nie swaarder gaan nie, staan stil en dink mooi, daar is duisende mense wat erger af is as jy….”

stadig maar seker

Maart 11, 2013 in Uncategorized

Stadig maar seker

Woord vir woord

Begin ek verdrink

In jou wese van omgee

En lief hê

En sterk probeer wees

 

Begin ek stadig verdrink

In die raak van jou hand

en die skaam van jou glimlag

begin ek verdrink

in jou