Jy blaai in die argief vir Uncategorized.

Om jouself te verloor

September 3, 2017 in Uncategorized

Ek het in Pretoria in die Psigiater se spreekkamer gesit en haar met rooi oë aan gegluur. Nadat ek haar reeks andwoorde beandwoord het het sy vir my gevra wat ek dink is fout. Bi Polêr. Met ‘n groot sug. En sy het dit beam. Dadelik is daar vir my medikasie voor geskryf en denmar is gebel om te hoor of hul dringend ‘n oop bed het vir ‘n jong dame in haar twintigs. “So dit IS wat fout is” het my brein met ‘n uitaseming gesê.

 

Baie mense dink dat ‘n diagnose nou die lewe maliker maak en tot ‘n mate doen dit. Maar my diagnose het my lewe op gefok. Vir jare daarna het ek my elke denk bevraagteken. “Is dit regtig ek wat hier dink? Is dit die monster wat in my woon?” ek het myself verloor en skielik het mense om my nou die verskoning gehad om my elke nuwe idee te bevraagteken en is ek nie maar eintlik net nou besig om soos ‘n besetene te dink nie? Want dit is wat ek was. ‘n Besente wat deur die duiwel aangeval is. Iemand wat se varkies nie alles op hok is nie. Iemand irrasioneel. ‘n Dromer. Onrealisties. As die handskoen gepas is is daar vir my ‘n sticker opgeplakk om te sê ek hoort by die reject hoop. Want dit is wat ek was. ‘n Masjien wat gemulfunction het. Drade wat nie reg gekonekteer was nie. Iemand wat elke oggend en elke aand moet onthou om hul mal pilletjies te drink net sodat ek kan fuksioneel in die samelewing sonder om weer in een te stort en drie weke in die malhuis te moet gaan sit.

 

En dan, waneer ek weer in die boks lewe word daar vir my gesê ek kan nie dat bi polêr my lewe oorgeneem het nie want kyk dan net hoe normal lyk ek dan nou? Elke normale oomblik is ‘n battle. Om aan te pas en om te weet jy moet in pas. Geen werkgewer stel jou in diens as jy nie in die boks van ‘n goeie werker pas nie.

 

Ek weet. Kanker en VIGS maak mense dood na ‘n lang baklei en baie siek wees. Maar ek wens mense daar buite besef, alhoewel jou lewe aangaan, het ek myne verloor. Weens pille het ek my kreatiwiteit verloor en daardeur ook my coping maginism. E het my drome verloor, my kleurvolle idees verloor, my status as sosiale flinder verloor. Ek moet myself nou elke dag met elke besluit bevraagteken. Is hierdie regtig ek? Is dit die ek wat al die jare deur die monster oorheers het. Of is hierdie die ek wat ‘n mengelmoes van gemikalie bemekaar geslaan het. Vir 5 jaar nou al weet ek nie meer wie ek is nie. Ek lewe. Die vraag is wie se lewe lei ek…

Drie jaar later

Augustus 20, 2017 in Uncategorized

En hier is ek weer. Drie jaar later. Ek kan steeds nie spel nie en weet nie of ek ooit kan skryf nie maar binne my begin dit weer kook en daar is borrels in my brein wat net nie wil ophou rond bons nie. Lithium of geen Lithium. My vinngers jeuk en my kop smeek my om weer die rekenaar nader te trek en te begin skryf.

Waar is drie jaar heen? Dit voel steeds soos gister wat ek die velde van die Vrystaat met my wit tjor ontdek het en altyd opsoek was na die goed en skoonheid in almal en alles.

Nie dat ek nou sinies is nie. Nee. Dalk net ‘n bietjie groter en minder naief. Ek glo steeds dat die wereld om liefde draai en dat ons met alles in ons vir mekaar moet omgee, maar ek het ook besef dat soms moet jy by jouself begin. Stilstaan en jou eie skoonheid bewonder. die res sal kom.

In drie jaar moes ek vrede maak met ‘n bi-poler monster wat hom tuis kom maak het binne my. Pille drink. Geen meer wyn drink. Baie slaap. Geen kreatiwiteit. Gehue verlies, en al die ander wonderlike dinge wat medikasie en verandwoordelikheid vir my in ‘n netjiese toegedraaide pakkie by die voordeur kom aflewer het. Maar ek kla nie. Life is life en op een of ander stadium moet ‘n mens weer aangaan. Dalk is dit net ter verduideliking waar ek drie jaar heen verdwyn het.

Tog vanaand as ek hier agter die skerm sit moet ek seker oor niks anders as dankbaarheid skryf nie. Na al die brulpaddas en ander gedaantes wat ek moes soen het ek die mees wonderlikste naaldekoker ontdek. Een wat vir my wil sorg op elke manier moontlik en wat selfs ‘n ring aan my vinger gesteek het om solank te belowe dat hy binnekort met my wil trou. Ek is gevestig in my nuwe studie loopbaan as onderwyserres en woon weer naby my berg en my ouma in die pragtigste Bolandse dorpie. My hart klop hard en gereeld. Vol liefde. Vol geluk. En natuurlik vol hoop en dankbaarheid.

Hopelik sien ek jul weer binnekort. Die wat nog lewe en dies wat reeds gesterf het. Bly mooi en sien uit om weer saam te gesels.

 

Groete, Sonnet

Nog steeds

April 27, 2014 in Uncategorized

NOGSTEEDS

 

Nie dat ek se ek mag dalk ingee

of dat dit sal gebeur nie

maar ek vind dit vreemd

hoe ek

en hoe jy

kort-kort

na soveel jare

steeds wonder en wens

dat ons lippe

ons asems

ons hande en siele

dalk eendag

mekaar weer sal ontmoed

Skielik begin Groot raak regtig raak

April 6, 2014 in Uncategorized

Hier sit ek weer en ek kan nie glo dit is al amper vier jaar sedert ek gedagtes in woorde hier kom los maak het wanneer hul eenvoudig nie wil ophou om soos borrels in my brein rond te sweef nie. Hier is soveel herinneringe van opgewondenheid, hartseer, lewe en vrae sonder antwoorde. Oomblikke van bessef en tye waar ek geweet het daar is nie meer tyd vir omdraai en weghardloop nie.

 

As ek my laaste paar inskrywings lees wil my hart tot in my skoene sak want daar is bitter min blydskap op hierdie bladsye te sien. Al wat ek raaklees is die gedagtes van ‘n hartseer meisie wat bitter teenoor die lewe geraak het en ek kan myself steeds nie antwoord as ek wonder waar ek haar gelukkige alter-ego verloor het nie.

 

Tog, as ek terugdink oor die laaste jaar en ‘n half is dit meestal gelukkige oomblikke gewees. Groot lewenslesse wat ek geleer het en tye waarin ek so baie van myself werklik ontdek het. Weg van die huis en gedwing om op my eie instinkte staat te maak. Daar is steeds baie vrae wat ‘n raaisel bly maar so baie antwoorde wat ek binne myself gevind het. Maar steeds, my spore laat steeds ‘n hartseer streep na.

 

Dalk is dit oor ek so baie van my naiwiteit hier verloor het. Omdat ek moes leer dat die lewe nie altyd uitwerk soos jy geglo het dit sou nie, en dat jy baie dinge is en NIE is nie, wat jy altyd geglo van jouself. Ek is onkant gevang deur verlange wat ek nie glo ooit sal beter raak nie en na baie jare se gehardloop net sodra alles nie meer maanskyn en rose is nie, moes ek vir die eerste keer gaan stilstaan, omdraai en die harde feite van my bestaan in die gesig staar.

 

Ek moes leer om vrede te maak met dit wat ek altyd wou ontken, vrede maak met planne wat nie deel van my plan was nie. Ek moes leer aanvaar dat  ek nie alles in die regte rigting kan manipuleer nie, en dat daar nie ‘n maklike uitweg vir probleme is nie.

 

En dan, wanneer ek wonder oor die gelukkige naiewe meisie wat eens op ‘n tyd ek was, verstaan ek nou. Die gelukkige meisie wat so ver weg voel is steeds erens binne my, net bang om uit te kom en die lewe in die oe te kyk, want skielik, skielik is haar wereld soveel anders as wat sy onthou.

na dertien jaar…

Maart 21, 2014 in Uncategorized

Ek kom nou net van die mooiste troue af waar ek al ooit was. ‘n Ware liefdesverhaal in die grasvelde van die Vrystaat met son wat die na -midag goud inkleur.

 

Dis juis die goue grasvelde en die kosmos van die wereld wat die eerste keer my kniee lam gemaak het toe ons die eerste keer ontmoet het.

 

Tog, aan die einde van ‘n sprokiesagtige aand le ek alleen saam met my kat in my huis met net ‘n rekenaar skerm wat vir my lig bring en die ritme van die sleutelbord knoppies wat my aan die slaap sus.

Waar is die meisie van dertien jaar terug wat drome gehad het?

Waar is die meisie van twaalf jaar terug wat geweet het dat sy een of ander tyd moet grootword maar geglo het dit sal pret wees?

Waar is die blou-oog tiener met die goue bruin hare wat elf jaar terug aan haar toekoms begin beplan het?

Waar is die sestienjarige van 10 jaar terug wat besef het mens moet keuses maak om jou eie lewe te bepaal?

Ek verlang na die onskuld-kind wat nege jaar terug haar hart vir die eerste keer verloor het en besef het die lewe sal nooit weer dieselfde wees nie.

Na die meisie wat n jaar later besef het jou hart kan fisies pyn wanneer iemand uit jou lewe verdwyn.

Waar is die meisie wat 7 jaar terug besef het die dood is ‘n werklikheid?

En die amper grootmens wat daarna besef het die lewe is te kort om dit nie elke dag te waardeer nie.

Ek soek weer die 21-jarige wat geweet het dat ‘n kans een keer verbykom en dat jy hom met altwee hande moet gryp.

Die meisie wat besef het deurdruk is nodig om by die eindstreep te kom.

Ek wil selfs weer verlore voel soos die meisie van drie jaar terug  net om weer te leer wat dit is wat mens nie wil he nie.

Of dalk die meisie wees van twee jaar terug wat besef het een persoon se gesukkel is ok as dit help om soveel ander mense se gesukkel minder te maak…

Ek wil selfs die meisie wees wat laas jaar opgewonde ‘n nuwe lewe begin het, gretig om te leer.

 

Enige iets om net nie ‘n 26 jarige te wees wat na ‘n sprokies troue alleen saam met haar kat in ‘n bed klim en te wonder wat van die laaste dertien jaar werklik die regte besluite was nie…

Want hier le ek, dertien jaar later, met net ‘n swart en wit kat en ‘n rekenaar wat die lig na my toe bring.

 

 

 

dalk

Maart 1, 2014 in Uncategorized

Vandag was ‘n nuwe dag van weer probeer en aanbeweeg.

 

Vandag het ek geglimlag en ‘n punt gemaak om aan die mooi te raak.

 

More kom die son weer op en nog ‘n kans om van die beste te maak.

 

Maandag is weer ‘n week met uitdagings en oplossings.

 

Maar nou is die maan al moeg en en my oe vol sterre stof.

 

Slaaptyd kom weer ‘n keer en kom ons sien wat more gebeur.

 

Dalk is dit my eerste dag van iets so onverwags,

 

iets wat my dalk so verras dat ek nie vir nog ‘n more kan wag.

Borrels en breinsiektes

Februarie 28, 2014 in Uncategorized

Vanaand toe ek by die huis kom na werk, lank na donker, wag my Edith kat in die sitkamer soos ek haar laas ‘n bietjie meer as ‘n maand terug  daar gelos het. So verwilderd en bang en wys haar tande al blasend vir my.

Het ek jou al vertel van Edith of is dit al so lank terug?

Jy sien, ek het haar en Frida laasjaar aangeneem kort na Billy Butch dood is en die twee heenkome gesoek het. As ma en dogter wou hul vorige eienaar hul nie uit mekaar laat gaan nie en sy kon nerens heenkome vind vir die twee saam nie en ek natuurlik te bly vir ‘n bietjie geselskap in my alleen huis saans.

Na ek hierdie Januarie teruggekom het van my familie vakansie in die Alpe was sy seker so week nog hier, en daarna net weg. Sy het een keer terug gekom en Frida van kop tot tone kom lek, en toe net weer verdwyn, tot vanaand.

 

 

Daar het soveel gebeur vandat ek laas hier was toe die tweetjies net in my lewe gekom het. Dit voel amper assof ek ‘n hele nuwe lewe geleef het van toe af en assof elke aspek van my lewe skielik anders is.. Die mens wat ek laas hier agter gelaat het is een wat ek saars herken en op ‘n manier so baie beny en mis… een waarna ek nog so dikwels na terugverlang.

EK is laasjaar erens in die laaste helfte gediagnoseer met bipolere depressie wat dit ook al in ‘n skoenboks beteken. As ek nou terugkyk na baie jare voor nou maak dit een honderd persent sin en ek verstaan nie hoe niemand dit nog nooit raak gesien het nie. My inkluis.

Na oppe en awwe, medikasie en breakdowns is ek gehospitaliseer…klaar…moeg vir die lewe en alles om my. Laer as wat ek ooit gedink het mens kan kom. Daar is ‘n “matriek seisoen” agter die rug met dit wat voel soos ‘n miljoen rokke waaraan ek aand na aand tot middernag gewerk het. Oggende waar ek drie uur ingegaan het om seker te maak alles is reg en elke rafeltjie in plek. Uitgeput met buie storms waarmee ek self nie kon byhou nie. Vier maande wat te lank was en waar ek myself verloor het.

Spanning en swak roetines is blykbaar gif vir iemand soos ek wat “anders”is….want ja…bipoler is ‘n vloekwoord vir die res van die wereld en beteken basies jy kan nooit weer ernstig op geneem word nie. want alles is nou jou “non functional” brein wat praat.

Maar genoeg van dit. Dis ‘n nuwe jaar met my gesondheid soortvan onder beheer en medikasie wat soortvan werk. Ek is oor dit en voel nie meer of ek ‘n swart vlek het wat ek vir almal hoef weg te steek nie. Ek is nou net… “normaal”. Sonder om te opgewonde of te ongelukkig te raak.  Net ‘n “work ó holick” sonder ‘n spesifieke rede.

Tog, twee maande nadat ek terug is in my klein lewetjie in die Vrystaat en ek maande laas geskryf het, sit ek vanaand HIER. Agter die laptop wat ek al maande terug gekoop het juis sodat ek meer kan skryf. My lewe bestaan uit opstaan, werk, werk nog, werk tot slapenstyd en gaan slaap. Tussendeur eet ek iets so nou en dan, en dan werk ek weer. Nie omdat ek geinspireerd voel nie, maar darem ook nie in trane nie. Net omdat dit gedoen moet word en iemand dit moet doen.

 

 

Ek vermoed my Edith kat het weg geloop omdat haar baas nie meer ‘n huis gehad het nie, of dalk omdat haar huis nie meer ‘n baas gehad het nie, wie sal weet? Maar nou sit sy hier in my sitkamer met Frida wat al om haar rond speel met haar wat vir my sit en blaas. Het sy weer ‘n huis kom soek of het sy net vir Frida kom haal? My enigste kind en geselskap wat ek nog oor het.

Ek weet nie meer of ek gelukkig is nie… Ek het nie die tyd om regtig daaroor te dink nie…

Ek dink dit het my die eerste keer gevang toe ek ons ontvangsdame hoor se: ” EK is bly dit gaan beter met haar, maar sy lag nie meer nie.” Die meisie wat laas hier was het geborrel, en soms ja, baie ook gehuil. maar wanneer sy gelag het was dit lekker, dan was sy gelukkig en haar lewe was goed. Sy het tyd gemaak vir “adventures” en spontane besluite geneem en hier sit ek vanaand so jaloers op haar…want, ek werk en slaap en tussen deur eet ek so nou en dan.

 

Verlang

Junie 25, 2013 in Uncategorized

Ek het die bottel wyn wat vriendin Karin vir my uit die Kaap gestuur het oopgemaak, Adele kliphard aangesit, en toe begin huil. Lank het ek so by die venster uitgestaar in die niks in, terwyl ek nog ‘n sluk uit my diep glas geneem het. My hart is seer. Ek mis my bolletjie Billy wat saans langs my sou le. Ek mis my vriende, my berg en die reen. Ek verlang na lang gesprekke en om ‘n verskil te maak. Waarom is ek hier?

Ek weet ja, tyd vir groot word, en as ekself so mag se, die proses is goed aan die gang. Maar ek mis die lewe wat ek gehad het, en ek mis my familie. Soms wonder ek waarom ek begin het om simpel drome te droom. Ek wonder of die groei al die pyne werd is?

 

“I’m not happy anymore

Goodbye”

 

Is dit nie tyd vir my om totsiens te se nie?

 

Ek is nie ondankbaar nie, regtig! My werksmense en almal wat ek hier raak gelewe het is so goed vir my, maar soos gewoonlik is ek al weer aan die wonder of dit is waar ek moet wees. Voel dan vir my of swaartekrag my terug trek huis toe. Na my broers en susters. Na my berg, my wingerde en na koue winters voor die kaggel met reen wat nooit ophou nie.  Ek verlang. Vreeslik.

Kompas

Junie 11, 2013 in Uncategorized

Ek glo dat selfs wanneer die paw-paw die fan strike, moet mens die stukke optel en vrugteslaai maak. Tog, vanaand voel dit of ek self die fan gestrike het. Wat maak ‘n mens daarmee?

Vir die eerste keer in my lewe is ek gelukkig in my beroep. Geheel en al gelukkig. Niks wat my terughou nie en die geleentheid om my kreatiewe siel wat al meeste jare in ‘n hok bly vry te laat. Tog, my persoonlike lewe voel of dit net nie koers kan kry nie. Ek het in die laaste jaar my arm drie keer gebreek. My regter arm, my kreatiewe arm. Hy is toe uiteidelik geclear en behalwe die koue wat hom laat kramp voel hy weer nuut.

 

Maar net sodra ek weer my kompas uit het…

Saterdag stamp ek my kar (wat vir twee maande stukkend was) TWEE keer. Gister val ek weer plat op my gesig, my kniee wat ek so maand terug beseer het pot-blou. En toe vanmiddag, lunch time oppad terug werk toe, beland my 4 maande oue kaatjie onder my kar se wiel…

My warmwatersakkie wat saans vir my in my vensterbank sit in wag. My klein bondertjie fur wat getrou elke oggend op my badkamer bank sit en wag vir my om klaar te stort. Die klein seuntjie wat soggens om sewe op my gesig kom klim waneer dit opstaan tyd is.

 

Ek sien hoe hy spatrel in die stof terwyl bloeg orals spat. Ek spring uit my kar, sy een oog le buite sy kas, rooi massas borrel uit sy mond, angs oor sy hele gesig…

 

Het EK dit aan hom gedoen??

 

Ek begin skree, die wereld begin blur. Ek voel hoe my ous haar arms om my vou en ek sien oor haar skouer hoe die sagte, bebloede lyfie stil raak. Die blomwinkel se eienaar op wie se perseel ek woon kom uit. Hy skree bevele aan sy werkers wat ook nou saamdrom. My kar word geskuif, Billy se lyfie word opgetel en verdwyn in iemand se arms. Ek drink suikerwater…

 

Dan huil ek nog.

 

My baas se ma kom tel my ‘n halfuur later op en neem my dokter toe vir iets om my te kalmeer. Hy kyk toe sommer ook na my knie. Die ligament is skynbaar af, ek moet hom dophou vir die volgende twee weke en dan sal ons kyk na ‘n moontlike operasie.

 

Waar is die kompasnaald? Waar is Billy wat die ander asempie in my huis geword het? Waar is my nuwe kar van ‘n jaar terug? Waar is my arm en waar is my been? Waar is more tog sodat ek net ten minste een tree voorentoe kan stap?

 

Vergifnis

Junie 9, 2013 in Uncategorized

Ek vergewe jou krulkop-seun; omdat jy my oortuig het liefde is nie noodwendig vir altyd nie. Liefde vir vanaand is eers genoeg tot jy iemand anders sou ontmoet vir wie jy jou ewigheid sou opoffer.

Ek vergewe jou Ludic, omdat ek jou ekspriment was en omdat jy my as jou labrotorium muis gebruik het sodat jy kon uitvind wat ‘ n verhouding behels, en omdat jy my vrygelaat het net toe ek begin tuis raak het in die hok waarin jy my aangehou het.

Ek vergewe jou Byron; omdat jy vir my kaaskoek gebak het terwyl jy geweet het daar is eindelik iemand anders wie jy sou wou voer.

Ek vergewe jou Ferdi; omdat jy my brose hart misbruik het, en omdat jy my hartseer en gebrokenheid tot jou voordeel gebruik het,en my laat glo het dis ok want jy het my soortvan lief.

Ek vergewe jou Gawie; omdat jy gevat het wat jy wou he en toe verdwyn het toe ek jou nodig gehad het.

Ek vergewe jou Muse; omdat jy nie eers die as help skoon maak het toe die vuur uitgebrand het nie.

Ek vergewe jou Johnie; omdat jy my verblinding van verliefdheid misbruik het, omdat die sitsuasie vir jou gewerk het, en omdat jy gevat het wat jy wou he en my lee hande laat staan het.

Ek vergewe jou BFG; omdat jy op die vliegtuig geklim het nog voor ek vir jou kon se: “ek het jou lief.”

Ek vergewe jou little G, omdat jy my vir jare aan ‘n lyntjie gehou het met die belofte van eendag wat nooit gekom het nie.

Ek vergewe jou Desmond; omdat na ‘n onverwagste vriendskap gebore is, jy skielik net te besig geraak het.

Ek vergewe jou Rick, omdat jy ons verhouding op die spel geplaas het vir een aand se plesier. Ek vergewe jou daarvoor dat jy inspirasie uit my getap het soos ‘n buis verf en toe eenkant toe gegooi het toe die inspirasie opraak. Ek vergewe jou omdat jou hart elders was.

Ek vergewe jou Bertie; ek vergewe jou vir daardie aand wat jy my laat glo het ek sal nooit die meisie wees wat die blomme kry nie.

Ek vergewe jou Kaptein Kris; dat ek vir jou net ‘n nommer was wat jy sou bel as jou alleenheid te veel geraak het.

Ek vergewe jou Ingenerd omdat jy my trane afgevee het en belowe het alles sal ok wees, en toe net uit my lewe verdwyn het.

 

Ek vergewe jou my amper liefde wat in die Kaap moes agter bly. Ek vergewe jou omdat jy nie geglo het ek is ‘n goeie belegging nie. Ek vergewe jou omdat jy my nooit as joune wou voorstel nie, ek vergewe jou daarvoor dat jy my vertel het jy het my lief, maar geweet het vir altyd is nie ‘n opsie nie. Ek vergewe jou omdat jy so vinnig van my vergeet het. Ek vergewe jou dat jy alreeds weer aanbeweeg het. Ek vergewe jou en al die mans voor jou wat my laat glo het: “jy is dit nie werd nie, maar bly hier tot daai iemand anders kom.”

Ek vergewe jou Sonnet dat jy toegelaat het dat mense jou daarvan oortuig het.

Ek vergewe selfs al het jy geweet die quick fix sal jou inhaal.

Ek vergewe jou want ek weet jy sou enige iets doen om net nie alleen te gewees het nie.

Ek vergewe jou, want God vergewe jou. Hy maak jou heel. Hy gom jou gebroke hart weer aan mekaar. Hy het jou lief.

Jy sal nie weer Alleen wees nie…