na dertien jaar…

Maart 21, 2014 in Uncategorized

Ek kom nou net van die mooiste troue af waar ek al ooit was. ‘n Ware liefdesverhaal in die grasvelde van die Vrystaat met son wat die na -midag goud inkleur.

 

Dis juis die goue grasvelde en die kosmos van die wereld wat die eerste keer my kniee lam gemaak het toe ons die eerste keer ontmoet het.

 

Tog, aan die einde van ‘n sprokiesagtige aand le ek alleen saam met my kat in my huis met net ‘n rekenaar skerm wat vir my lig bring en die ritme van die sleutelbord knoppies wat my aan die slaap sus.

Waar is die meisie van dertien jaar terug wat drome gehad het?

Waar is die meisie van twaalf jaar terug wat geweet het dat sy een of ander tyd moet grootword maar geglo het dit sal pret wees?

Waar is die blou-oog tiener met die goue bruin hare wat elf jaar terug aan haar toekoms begin beplan het?

Waar is die sestienjarige van 10 jaar terug wat besef het mens moet keuses maak om jou eie lewe te bepaal?

Ek verlang na die onskuld-kind wat nege jaar terug haar hart vir die eerste keer verloor het en besef het die lewe sal nooit weer dieselfde wees nie.

Na die meisie wat n jaar later besef het jou hart kan fisies pyn wanneer iemand uit jou lewe verdwyn.

Waar is die meisie wat 7 jaar terug besef het die dood is ‘n werklikheid?

En die amper grootmens wat daarna besef het die lewe is te kort om dit nie elke dag te waardeer nie.

Ek soek weer die 21-jarige wat geweet het dat ‘n kans een keer verbykom en dat jy hom met altwee hande moet gryp.

Die meisie wat besef het deurdruk is nodig om by die eindstreep te kom.

Ek wil selfs weer verlore voel soos die meisie van drie jaar terug  net om weer te leer wat dit is wat mens nie wil he nie.

Of dalk die meisie wees van twee jaar terug wat besef het een persoon se gesukkel is ok as dit help om soveel ander mense se gesukkel minder te maak…

Ek wil selfs die meisie wees wat laas jaar opgewonde ‘n nuwe lewe begin het, gretig om te leer.

 

Enige iets om net nie ‘n 26 jarige te wees wat na ‘n sprokies troue alleen saam met haar kat in ‘n bed klim en te wonder wat van die laaste dertien jaar werklik die regte besluite was nie…

Want hier le ek, dertien jaar later, met net ‘n swart en wit kat en ‘n rekenaar wat die lig na my toe bring.

 

 

 

7 antwoorde op na dertien jaar…

  1. tina10 het gesê op Maart 22, 2014

    Baie bekende gedagtes. Gelukkig kom die son die volgende dag op en is daar mense vir wie jy iets beteken. Sterkte.

  2. Dalk mis jy dit wat goed is wat jy nou het.

  3. PIXIE het gesê op Maart 22, 2014

    Weet jy wat, al hierdie dinge is OK. Jy besef dit nie nou nie, maar jy is so jonk met ‘n lang exciting lewe wat voorle. Ek wens ek het in my 20s minder geworry en meer gelewe. Ek was bang ek sit op die rak, bang ek verloor my werk, bang my boyfriend los my, bang ek trou te vinnig, bang vir fricking alles! Gebruik hierdie tyd om te ontdek wat jy uit die lewe wil he. Baie sterkte. My woorde is dalk nie nou troos nie, want as mens so mismoedig voel kan jy nie more sien dat die son gaan opkom oor jou lewe nie. Maar dit sal. Genuine 😉

  4. Ja, as ons vandag môre se koerant kon kry, het ons al de perderesies wenners reg gewed en was ons skatryk. Geniet dít wat jy het op die oomblik, niks is ooit volmaak nie.

  5. Sonder om prekerig te klink…ek voel jou pyn en hartseer,maar jy moet probeer om nie energie te mors op wat verby is nie.Jy is nog so jonk en daar sal nog baie deure vir jou oopgaan.Al het jy dalk nie eendag ‘n sprokiestroue nie,dis nie alles in die lewe nie.Mens kan steeds ‘n wonderlike lewe ly,sonder om getroud te wees.

    • tina10 het gesê op April 6, 2014

      @perdebytjie Ek wonder of jy reg is. Ons wil almal mos iemand spesiaal hê en ek sou wat wou gee om ‘n kind te hê, maar aan die ander kant kan niemand my ongelukkig noem nie – mens maak maar die beste met dit wat jy het … of ek weet ook nie!

      • perdebytjie het gesê op April 7, 2014

        @tina10 Daar is soveel druk van die samelewing dat mens getroud moet wees,maar as mens nie die regte een ontmoet nie,is dit baie beter om op jou eie te bly,as om net te trou om in te wees.My oorlede vriendin was in so ‘n huwelik,waar die man haar so uitgemergel het,dat sy van haar kop afgegaan het en uiteindelik gesterf het.As sy enkel gebly het,was sy vandag nog met ons.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.