dalk

Maart 1, 2014 in Uncategorized

Vandag was ‘n nuwe dag van weer probeer en aanbeweeg.

 

Vandag het ek geglimlag en ‘n punt gemaak om aan die mooi te raak.

 

More kom die son weer op en nog ‘n kans om van die beste te maak.

 

Maandag is weer ‘n week met uitdagings en oplossings.

 

Maar nou is die maan al moeg en en my oe vol sterre stof.

 

Slaaptyd kom weer ‘n keer en kom ons sien wat more gebeur.

 

Dalk is dit my eerste dag van iets so onverwags,

 

iets wat my dalk so verras dat ek nie vir nog ‘n more kan wag.

5 antwoorde op dalk

  1. tina10 het gesê op Maart 2, 2014

    Oooo hier het die son nie regtig opgekom nie … dis mistroostig hier maar ek weet dit sal weer beter gaan

  2. Hoop die dag is vol onverwags en verras vir jou

  3. perdebytjie het gesê op Maart 2, 2014

    Baie mooi geskryf!

  4. Elly het gesê op Maart 2, 2014

    Ek wil ook weer so hoop …

  5. lora2me het gesê op Maart 3, 2014

    Ek hoop jy het ‘n goeie week nadat jy jou wens so goed verwoord het.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.