Borrels en breinsiektes

Februarie 28, 2014 in Uncategorized

Vanaand toe ek by die huis kom na werk, lank na donker, wag my Edith kat in die sitkamer soos ek haar laas ‘n bietjie meer as ‘n maand terug  daar gelos het. So verwilderd en bang en wys haar tande al blasend vir my.

Het ek jou al vertel van Edith of is dit al so lank terug?

Jy sien, ek het haar en Frida laasjaar aangeneem kort na Billy Butch dood is en die twee heenkome gesoek het. As ma en dogter wou hul vorige eienaar hul nie uit mekaar laat gaan nie en sy kon nerens heenkome vind vir die twee saam nie en ek natuurlik te bly vir ‘n bietjie geselskap in my alleen huis saans.

Na ek hierdie Januarie teruggekom het van my familie vakansie in die Alpe was sy seker so week nog hier, en daarna net weg. Sy het een keer terug gekom en Frida van kop tot tone kom lek, en toe net weer verdwyn, tot vanaand.

 

 

Daar het soveel gebeur vandat ek laas hier was toe die tweetjies net in my lewe gekom het. Dit voel amper assof ek ‘n hele nuwe lewe geleef het van toe af en assof elke aspek van my lewe skielik anders is.. Die mens wat ek laas hier agter gelaat het is een wat ek saars herken en op ‘n manier so baie beny en mis… een waarna ek nog so dikwels na terugverlang.

EK is laasjaar erens in die laaste helfte gediagnoseer met bipolere depressie wat dit ook al in ‘n skoenboks beteken. As ek nou terugkyk na baie jare voor nou maak dit een honderd persent sin en ek verstaan nie hoe niemand dit nog nooit raak gesien het nie. My inkluis.

Na oppe en awwe, medikasie en breakdowns is ek gehospitaliseer…klaar…moeg vir die lewe en alles om my. Laer as wat ek ooit gedink het mens kan kom. Daar is ‘n “matriek seisoen” agter die rug met dit wat voel soos ‘n miljoen rokke waaraan ek aand na aand tot middernag gewerk het. Oggende waar ek drie uur ingegaan het om seker te maak alles is reg en elke rafeltjie in plek. Uitgeput met buie storms waarmee ek self nie kon byhou nie. Vier maande wat te lank was en waar ek myself verloor het.

Spanning en swak roetines is blykbaar gif vir iemand soos ek wat “anders”is….want ja…bipoler is ‘n vloekwoord vir die res van die wereld en beteken basies jy kan nooit weer ernstig op geneem word nie. want alles is nou jou “non functional” brein wat praat.

Maar genoeg van dit. Dis ‘n nuwe jaar met my gesondheid soortvan onder beheer en medikasie wat soortvan werk. Ek is oor dit en voel nie meer of ek ‘n swart vlek het wat ek vir almal hoef weg te steek nie. Ek is nou net… “normaal”. Sonder om te opgewonde of te ongelukkig te raak.  Net ‘n “work ó holick” sonder ‘n spesifieke rede.

Tog, twee maande nadat ek terug is in my klein lewetjie in die Vrystaat en ek maande laas geskryf het, sit ek vanaand HIER. Agter die laptop wat ek al maande terug gekoop het juis sodat ek meer kan skryf. My lewe bestaan uit opstaan, werk, werk nog, werk tot slapenstyd en gaan slaap. Tussendeur eet ek iets so nou en dan, en dan werk ek weer. Nie omdat ek geinspireerd voel nie, maar darem ook nie in trane nie. Net omdat dit gedoen moet word en iemand dit moet doen.

 

 

Ek vermoed my Edith kat het weg geloop omdat haar baas nie meer ‘n huis gehad het nie, of dalk omdat haar huis nie meer ‘n baas gehad het nie, wie sal weet? Maar nou sit sy hier in my sitkamer met Frida wat al om haar rond speel met haar wat vir my sit en blaas. Het sy weer ‘n huis kom soek of het sy net vir Frida kom haal? My enigste kind en geselskap wat ek nog oor het.

Ek weet nie meer of ek gelukkig is nie… Ek het nie die tyd om regtig daaroor te dink nie…

Ek dink dit het my die eerste keer gevang toe ek ons ontvangsdame hoor se: ” EK is bly dit gaan beter met haar, maar sy lag nie meer nie.” Die meisie wat laas hier was het geborrel, en soms ja, baie ook gehuil. maar wanneer sy gelag het was dit lekker, dan was sy gelukkig en haar lewe was goed. Sy het tyd gemaak vir “adventures” en spontane besluite geneem en hier sit ek vanaand so jaloers op haar…want, ek werk en slaap en tussen deur eet ek so nou en dan.

 

4 antwoorde op Borrels en breinsiektes

  1. Sterkte. Daardie, is nie lekker nie. Loop in my familie ook

  2. tina10 het gesê op Maart 1, 2014

    Ai dis nou lekker om jou hier te sien Ek het gewonder wat van jou gewoord het.
    Jammer om van al die ellende te hoor, maar ook bly om te hoor dit gaan beter

  3. Ai, dis lekker om weer van jou te lees! Ek’s so baie bly jy (en Edith ook) is terug.

  4. Iemand na aan my is ook bipolêr,maar met die regte medikasie ly sy ‘n gelukkige vol lewe.Dis nie ‘n brandmerk nie en jy kan steeds wonderlike hoogtes bereik.Daar is meer mense wat daaraan ly,as wat mens dink.Ek wens jou alle sterkte toe.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.