Kompas

Junie 11, 2013 in Uncategorized

Ek glo dat selfs wanneer die paw-paw die fan strike, moet mens die stukke optel en vrugteslaai maak. Tog, vanaand voel dit of ek self die fan gestrike het. Wat maak ‘n mens daarmee?

Vir die eerste keer in my lewe is ek gelukkig in my beroep. Geheel en al gelukkig. Niks wat my terughou nie en die geleentheid om my kreatiewe siel wat al meeste jare in ‘n hok bly vry te laat. Tog, my persoonlike lewe voel of dit net nie koers kan kry nie. Ek het in die laaste jaar my arm drie keer gebreek. My regter arm, my kreatiewe arm. Hy is toe uiteidelik geclear en behalwe die koue wat hom laat kramp voel hy weer nuut.

 

Maar net sodra ek weer my kompas uit het…

Saterdag stamp ek my kar (wat vir twee maande stukkend was) TWEE keer. Gister val ek weer plat op my gesig, my kniee wat ek so maand terug beseer het pot-blou. En toe vanmiddag, lunch time oppad terug werk toe, beland my 4 maande oue kaatjie onder my kar se wiel…

My warmwatersakkie wat saans vir my in my vensterbank sit in wag. My klein bondertjie fur wat getrou elke oggend op my badkamer bank sit en wag vir my om klaar te stort. Die klein seuntjie wat soggens om sewe op my gesig kom klim waneer dit opstaan tyd is.

 

Ek sien hoe hy spatrel in die stof terwyl bloeg orals spat. Ek spring uit my kar, sy een oog le buite sy kas, rooi massas borrel uit sy mond, angs oor sy hele gesig…

 

Het EK dit aan hom gedoen??

 

Ek begin skree, die wereld begin blur. Ek voel hoe my ous haar arms om my vou en ek sien oor haar skouer hoe die sagte, bebloede lyfie stil raak. Die blomwinkel se eienaar op wie se perseel ek woon kom uit. Hy skree bevele aan sy werkers wat ook nou saamdrom. My kar word geskuif, Billy se lyfie word opgetel en verdwyn in iemand se arms. Ek drink suikerwater…

 

Dan huil ek nog.

 

My baas se ma kom tel my ‘n halfuur later op en neem my dokter toe vir iets om my te kalmeer. Hy kyk toe sommer ook na my knie. Die ligament is skynbaar af, ek moet hom dophou vir die volgende twee weke en dan sal ons kyk na ‘n moontlike operasie.

 

Waar is die kompasnaald? Waar is Billy wat die ander asempie in my huis geword het? Waar is my nuwe kar van ‘n jaar terug? Waar is my arm en waar is my been? Waar is more tog sodat ek net ten minste een tree voorentoe kan stap?

 

15 antwoorde op Kompas

  1. vega het gesê op Junie 11, 2013

    Ek is bly jy geniet jou nuwe werk. Ek is BAIE jammer oor jou katjie. Dis ‘n ongeluk, en sulke goed gebeur, ek hoop jy kan weer enetjie kry waarvoor jy so lief is. Maar as jy my kind was, was ek BAIE bekommerd oor jou. Arm 3x gebreek en nou knieligament af, ek sou vir my dogter gesê het; jy moet leer om jouself mooier op te pas.

  2. Bruggie het gesê op Junie 11, 2013

    Alles sal regkom. Hou moed.

  3. soos die engelse sê It never rains but pours.
    Die ongeluk ry jou omtrent bloots. hoop regtig die einde daarvan het aangebreek

  4. tina10 het gesê op Junie 12, 2013

    ^drukkie*

  5. pienkvolla het gesê op Junie 12, 2013

    Ai jinne, die ongelukke ry jou behoorlik!!!

    My hart bloei vir jou – veral oor Billy. Al wat ek kan sê, is baie sterkte! En ek stuur ‘n geweldige groot cyber-hug!!!

  6. ek-myself het gesê op Junie 12, 2013

    *drukkie* Dit sal en moet weer beter gaan…

  7. ek-myself het gesê op Junie 12, 2013

    Jammer oor jou katjie, ek dink jy moet dadelik weer enetjie kry!

  8. Goeiste genade, dis alles baie erg. Sterkte en ek hoop dinge gaan gou beter.

  9. Eish jong! Dis tos!

    Hoekom gebeur dit – het jy al ‘n neuroloog gesien?

  10. Ek huil sommer saam met jou oor Billytjie, hoe verskriklik moes dit vir jou gewees het!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.