Vergifnis

Junie 9, 2013 in Uncategorized

Ek vergewe jou krulkop-seun; omdat jy my oortuig het liefde is nie noodwendig vir altyd nie. Liefde vir vanaand is eers genoeg tot jy iemand anders sou ontmoet vir wie jy jou ewigheid sou opoffer.

Ek vergewe jou Ludic, omdat ek jou ekspriment was en omdat jy my as jou labrotorium muis gebruik het sodat jy kon uitvind wat ‘ n verhouding behels, en omdat jy my vrygelaat het net toe ek begin tuis raak het in die hok waarin jy my aangehou het.

Ek vergewe jou Byron; omdat jy vir my kaaskoek gebak het terwyl jy geweet het daar is eindelik iemand anders wie jy sou wou voer.

Ek vergewe jou Ferdi; omdat jy my brose hart misbruik het, en omdat jy my hartseer en gebrokenheid tot jou voordeel gebruik het,en my laat glo het dis ok want jy het my soortvan lief.

Ek vergewe jou Gawie; omdat jy gevat het wat jy wou he en toe verdwyn het toe ek jou nodig gehad het.

Ek vergewe jou Muse; omdat jy nie eers die as help skoon maak het toe die vuur uitgebrand het nie.

Ek vergewe jou Johnie; omdat jy my verblinding van verliefdheid misbruik het, omdat die sitsuasie vir jou gewerk het, en omdat jy gevat het wat jy wou he en my lee hande laat staan het.

Ek vergewe jou BFG; omdat jy op die vliegtuig geklim het nog voor ek vir jou kon se: “ek het jou lief.”

Ek vergewe jou little G, omdat jy my vir jare aan ‘n lyntjie gehou het met die belofte van eendag wat nooit gekom het nie.

Ek vergewe jou Desmond; omdat na ‘n onverwagste vriendskap gebore is, jy skielik net te besig geraak het.

Ek vergewe jou Rick, omdat jy ons verhouding op die spel geplaas het vir een aand se plesier. Ek vergewe jou daarvoor dat jy inspirasie uit my getap het soos ‘n buis verf en toe eenkant toe gegooi het toe die inspirasie opraak. Ek vergewe jou omdat jou hart elders was.

Ek vergewe jou Bertie; ek vergewe jou vir daardie aand wat jy my laat glo het ek sal nooit die meisie wees wat die blomme kry nie.

Ek vergewe jou Kaptein Kris; dat ek vir jou net ‘n nommer was wat jy sou bel as jou alleenheid te veel geraak het.

Ek vergewe jou Ingenerd omdat jy my trane afgevee het en belowe het alles sal ok wees, en toe net uit my lewe verdwyn het.

 

Ek vergewe jou my amper liefde wat in die Kaap moes agter bly. Ek vergewe jou omdat jy nie geglo het ek is ‘n goeie belegging nie. Ek vergewe jou omdat jy my nooit as joune wou voorstel nie, ek vergewe jou daarvoor dat jy my vertel het jy het my lief, maar geweet het vir altyd is nie ‘n opsie nie. Ek vergewe jou omdat jy so vinnig van my vergeet het. Ek vergewe jou dat jy alreeds weer aanbeweeg het. Ek vergewe jou en al die mans voor jou wat my laat glo het: “jy is dit nie werd nie, maar bly hier tot daai iemand anders kom.”

Ek vergewe jou Sonnet dat jy toegelaat het dat mense jou daarvan oortuig het.

Ek vergewe selfs al het jy geweet die quick fix sal jou inhaal.

Ek vergewe jou want ek weet jy sou enige iets doen om net nie alleen te gewees het nie.

Ek vergewe jou, want God vergewe jou. Hy maak jou heel. Hy gom jou gebroke hart weer aan mekaar. Hy het jou lief.

Jy sal nie weer Alleen wees nie…

 

 

8 antwoorde op Vergifnis

  1. tina10 het gesê op Junie 10, 2013

    O nee liewe aarde jy laat dit klink asof almal insluitend jouself daarop uit is om jou en almal down te doen!? Ek is nou nie eintlik vreeslik slim wat die liefde betref nie maar dit werk nie so nie…

    • Baie van dit is seker erger in my kop as wat dit in die werklikheid is, Maar dit is jare se “grudges waaraan ek vashou en dis tyd om te vergewe en myself nie meer daaraan vas te hou nie. Dit is maar opreg geskryf hoe ek gevoel het na my paaie met hierdie kerels geskei het. Maar om te vergewe laat my toe om dit agter my te sit.

  2. Dis jammer mens moet soveel paddas soen voor een van hulle in ‘n prins verander…

    Sterkte daar!

  3. pienkvolla het gesê op Junie 10, 2013

    Elke pot kry wel sy deksel, sommiges neem net langer om daai spesiale pasmaat te vind!!
    Geniet intussen die single-wees!!!

  4. ek-myself het gesê op Junie 10, 2013

    WOW!!! Dis ‘n mondvol. Moenie so hard op jouself wees nie…
    Op ‘n ligter noot dink ek jy kort ‘n Vrystaatse boer daar in Parys omgewing 🙂

  5. Vergifnis is iets wat mens baie vrede kan gee. Mooi fotos neem ook, so jy moet kom dat ek jou ook afneem.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.