Grootword

Mei 9, 2013 in Uncategorized

Gisteraand lê ek op my bed en wag vir my ma om aanlyn te kom sodat ons so rukkie oor die rekenaar se skerm kan gesels. Onder die lys name van mense wat aanlyn is merk ek dat ‘n ou muse vanuit ‘n vorige lewe se naam ook daar verskyn. Hy is so Amerikaans as wat kan kom en ons paaie het vlugtig gekruis toe hy as uitruil student in Suid-Afrika was. Hy het die mooiste gedigte geskryf en ek dink terug aan die dae toe ons langs die eerste rivier sit en sterre kyk het en ek nie stywer aan sy sy kon sit nie. Ek besef met ‘n skok dat dit ook al weer ses jaar terug is. Hoe vlieg tyd so vinnig?

Ek oorweeg lank om die “call with viedo” knoppie te druk, maar beweeg dan weer aan, net om myself oombikke later weer op die selfde plek te bevind. Na nog ‘n klompie minute van my lewe uit geloop het terwyl ek so sit en wonder het, skraap ek die moed by mekaar en tik vir hom ‘n boodskap.

“Hey there! how are you?? long time no talk…you have video??”

Sekondes later kondig my rekenaar aan ek het ‘n oproep wat deurkom. Ek vat vinnig aan my hare, trek my rok reg, en druk dan die groen knoppie.

Hy lyk nes ek hom onthou en ek glimlag groot! “it’s so good to see you Bill! how are you??” Hy glimlag net so groot terug en ek besef hoe ontwerklik en onverwags die oproep vir ons altwee is. Onwerklik, maar goed.

Ons gesels lank, wonder oor hoekom ons kontak verloor het, en ruil stories uit. Laas toe ons gesels het was my hart gebreek deur NOG ‘n kêrel, het ek net my eerste jaar van studies klaar gemaak, en het nog groot drome gehad van beroemd word en die wêreld verander.

Hy het intussen met sy doktoraal begin, groot geword, en skryf nie meer so baie nie. Ook…hy trou in September.

Waarom weet ek nie maar my hart het gesing en huil op die selfde tyd. Ek is so gelukkig hy is gelukkig, maar ek onthou meer as ooit hoe ons mekaar geinspireer het, hoe ons aande kon om gesels. Ek onthou hoe ons kontak belowe het, hoe ek vir hom Afrikaanse liefdes gedigte gestuur het, en hoe hy dit woord vir woord sou vertaal. Ons sielle was een, maar ons wêrelde was op twee verskillende plekke.

Nes Bill het ek ook groot geword. Ons het nog so rukkie gesels, totsiens gesê, en af gespreek om binnekort weer te skakel sodat ek sy verloofde kan ontmoed.

Ses jaar terug het ek gedroom van beroemd raak en baie geld maak. Nou het ek vrede gevind in die klein passies in my lewe en besef die mense en omgewing om my het soveel meer vreugde om te bied as enige faam. Ses jaar terug het ek geglo ek gaan die wêreld verander en laat notisie neem. Vandag besef ek meer en meer dit gaan oor die individue wie se wêrelde jy verander. Ses jaar terug soou ek vir Bill na so ‘n oproep ‘n lang e-pos gestuur het om hom te herhinder aan wat ons gedeel het, en probeer planne maak het om ons wêrelde op een planeet te vestig. Waar ek nou sit besef ek dat dit was, dat dit wat wonderlik was, en wens hom alle geluk toe. Ek weet ook dat ek hom nie aan enige inspirasie hoef te herhinder nie, dat hy dit nie sou vergeet het nie, maar dat ons altwee voorentoe gelukkig sal wees met ‘n herhindering wat in ons storie boeke voort vertel sal word.

6 antwoorde op Grootword

  1. ek-myself het gesê op Mei 9, 2013

    Ai jai jai… darem het jy mooi memories. Ek dink dit is maar menslik om te dink wat KON wees…

  2. tina10 het gesê op Mei 9, 2013

    Ja in 6 jaar groei mens en word jy groot en verander jy…

  3. riekies het gesê op Mei 9, 2013

    Dis so mooi en so waar.

  4. exionperfexi het gesê op Mei 10, 2013

    hierdie wandeling in herinneringslaan was lekker leesbaar

  5. nice goed, die mense in mens se lewe!

  6. lora2me het gesê op Mei 10, 2013

    Ag, lekker ou herinneringe is maar die beste. Ek hou daarvan om mense van lank gelede weer te ontmoet en dan te besef dat niks eintlik in terme van persoonlikhede verander het nie. Julle moet vriende bly. Dis moontlik.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.