vrugte

Maart 30, 2013 in Uncategorized

Ek het die bloeisels in my oë gedra

Wat ek gevind het in jou stem

En die rypheid van jou woorde

Soos vars vrugte ingedrenk

 

Soos ‘n soepel rooi aarbei

Uit  Stellenbosch  in September

Blink en sag om te verlei

Gepars

Tussen  verhemelte en tong

 

Soos die pruime in my ma se yskas

Pers-swart   van suikersoet

het ek die vrugte van jou stem gedra

My wange met hul pienk-rooi gloed

2 antwoorde op vrugte

  1. jou verse is lekker leesbaar, mooi vars en vrolik soet

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.