snap….daar gaan hy weer

Maart 16, 2013 in Uncategorized

Ek het n uur buite op die gras le en wag vir die ambulans om te kom. Dis net my nek wat kon draai terwyl ek le en opkyk hert na hoe die Vrystaat lug van pienk na swart verander het . My liewe huismaat het sukkel sukkel almal in die kaap in die hande gekry wat moes weet ek het weer geval. Van ‘n 1.5 meter hoe stoep af toe die een poot van my stoel van die muurtjie afgegly het tot in die niks in. Alles het so stadig gebeur maar net  so vinnig.

 

Toe het ek tyd om te dink. Vir ‘n uur lank onder die sterre terwyl die koue teen my lyf opgekruip het. Net die idee daarvan dat ek weer my regter arm verloor het  was een te veel om te begryp. Ek sou binne 12 ure potch toe gegaan het om my dokter te gaan sien sodat hy my kon vryspreek na ‘n ses weke herstel proses, nou le ek hier en weet dat die vryspraak weer in ‘n vonnis verander het.

 

My baas het ook daar aangekom om my hand te kom vashou terwyl ek moes wag. “alles sal ok wees….” hoe kan ek dit weet?? Toe het hy vir my gebid en ek kon voel hoe vrede my omvou het.

 

Toe die ambulans kom is dit stutte,stretchers, en maskers.  Al die pad deur die slaggate na potch medi clinic met mense wat my verseker  van nou af sal dit net makliker raak. Ek huil sonder ‘n geluid. Van fustrasie, hardseer, pyn en ‘n onblusbare verlange. Natuurlik ook van moedeloosheid.

 

Nou le ek in die hospitaal met ‘n gekraakte rib en heup, en my regter arm wat op ‘n nuwe plek gebreek is. Nuwe sny en 6 nuwe skroewe.  Ek wil kwaad wees, ek wil skree dat dit onregverdig is, maar oorkant my le nog ‘n pasiënt, seker so rondom 40. Sy is net vel en been, drie weke terug met kanker gediagnoseer en nou is  sy sterwend. Ek dink terug aan ‘n les wat my ma my geleer het. “waneer jy dink die lewe kan nie swaarder gaan nie, staan stil en dink mooi, daar is duisende mense wat erger af is as jy….”

8 antwoorde op snap….daar gaan hy weer

  1. tina10 het gesê op Maart 17, 2013

    Ai toggie dis sleg. Sterkte

  2. Waar is jy..dat ek en my vrou jou kan kom hallo se en iets lekker bring om te eet?

    • wow!tanx, dis so nice!was in potch medi clinic maar was gestrand sonder internet…dus dat ek die stuk eers vrydag kon publiseer. Die ongeluk het al dinsdag aand gebeur, maar het my dokter die hele hospitaal vol gesoek om my vrydag vry te laat. 🙂

  3. vega het gesê op Maart 17, 2013

    Aggenee, dis so jammer. Dit moet vrek seer wees! Mens sou dink hulle moet ‘n reling hê om ‘n stoep wat 1,5 m hoog is. Hoop jy herstel vinnig. Baie sterkte.

  4. klarisabet het gesê op Maart 17, 2013

    Ag nee! Baie, baie sterkte vir jou.

  5. ek-myself het gesê op Maart 17, 2013

    Sterkte! *drukkie*

  6. Ag nee! Sterkte jong.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.