Goue gras en Veldblomme

Maart 8, 2013 in Uncategorized

My kar het gister hier aan gekom met een van daai laaaang lorries. Nog net so pragtig en oulik soos ek hom onthou. Daar vat ek toe die pad Potch toe want my swaer wat hier was vir ‘n week vlieg môre huis toe en ek wil ‘n pakkie vir my ma stuur. Sommer net oor ek so na haar verlang en oor dit te danke aan haar is dat ek uiteindelik ‘n kar het OM mee Potch toe te ry.

 

Ek het net oor die beautiful Vaal gery en dit voel ek weer kan asemhaal. Ek gooi my hare los en draai die vensters wyd oop. VARS lug.  Nie Bellville lug nie. Vry, in my eie kar, met my eie pas, met my eie eindbestemming. Nie ‘n bedel-geleentheid nie.

 

Die son se wimpers hang al laag oor haar oë en voor my is die mooiste oop wat ek nog gesien het. Grashalms langs die pad skyn goud soos die kant wat ek elke dag op trourokke vaswerk. Elkeen so mooi en ek besef hoe God ook hulle langs die pad gestrooi het asof dit kant blommetjies op ‘n bruids-rok is. Die miellies lyk soos fluweel-matte en reuse vries-beeste staan lui in die velde in wei. As mens vinnig kyk lyk dit of daar oral banke vanuit die spur tussen die lang grasse staan. Dis SO mooi en vir die eerste keer begin ek dink…”HIERDIE kan ek dalk eendag huis noem.

 

Net buite Potch wag ek langs die pad vir ‘n kêrel in sy blou kar om my deur  die dorp te kom begelei na waar my swaer vir my staan en wag. Terwyl ek tyd het om die oomblik in te drink trippel ek die veld in met hoe hakke en satyn romp na waar die kalfies langs die heining nuskierig loer na die meisie in die wit kar. Die boer kom ook nader en ons gesels oor sy oulike babatjies en sê ek mag maar van die veldblomme pluk as ek wil, hulle is dan sò mooi! Toe Len my kry staan ek en glimlag vir die lug met ‘n bos vol blomme in my hand, en vrede in my hart. Ek is gelukkig. Die lewe gebeur terwyl jy besig is om dit te beplan.

10 antwoorde op Goue gras en Veldblomme

  1. tina10 het gesê op Maart 9, 2013

    Aha dit klink of dit al beter met jou gaan!

  2. klarisabet het gesê op Maart 9, 2013

    Ek wou eers vir jou vra ai ek wens jy wil soms fotos by jou inskrywings sit…maar jy skryf so mooi fotos is nie eers nodig nie.

    • Sjoe!!watter stunnig kompliment! ek wil ook graag partykeer fotos oplaai, maar ek het geen idee meer HOE mens dit doen nie. 🙂

  3. bruggie het gesê op Maart 9, 2013

    Jy jubbel

  4. Ons ry mos baie Potch toe, met die dat ons ‘n beroeps student(ook bekend as die swartgat), daros het en volgende jaar is nommer twee daar. Dis mooi daaikant toe, maar wintertyd is dit erg vaal. Wat my trek van daai dorp is dat dit groot is maar nog voel soos ‘n dorp. Net jammer die ANC probeer ook hul bes om die plek op te neuk en te besteel.

  5. carte r4 het gesê op Maart 27, 2013

    I appreciate you sharing this article post.Really looking forward to read more. Awesome.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.