Jy blaai in die argief vir 2013 Maart.

vrugte

Maart 30, 2013 in Uncategorized

Ek het die bloeisels in my oë gedra

Wat ek gevind het in jou stem

En die rypheid van jou woorde

Soos vars vrugte ingedrenk

 

Soos ‘n soepel rooi aarbei

Uit  Stellenbosch  in September

Blink en sag om te verlei

Gepars

Tussen  verhemelte en tong

 

Soos die pruime in my ma se yskas

Pers-swart   van suikersoet

het ek die vrugte van jou stem gedra

My wange met hul pienk-rooi gloed

Leemte

Maart 29, 2013 in Uncategorized

Die rits stadig los

My rok teen my lyf afgegly

Onderklere uitgeskop

Laaste van skoene bevry

 

En daar het ek gestaan

In die spieël gekyk

Sonder jou

Nakend kaal

sonder jou

koud

nuwe liefde

Maart 18, 2013 in Uncategorized

Vanoggend vroeg is ek wakker en met die eerste light switch wat in my brein aangaan weet ek ek gaan vandag Kaap toe. Huis toe. Ek le in die donker, byt op my lip en glimlag. Sukkel-sukkel klim ek uit die bed en begin klere stadig en versigtig oor my beseerde lyf gooi. Ek sluit skrikkerig my kamerdeur oop met n kussing in my linker hand.

 

Ek het myself gestrand goed toe gesluit toe ek ‘n vladder in my sitkamer hoor. Ek het nuskierig om die hoek geloer, versigtig rond gekyk, en dit toe gesien…ek het eers gedink dit is ‘n mot, maar na oomlike besef dis als behalwe…ek het genoeg nagmerries as kind oor batman gehad om te weet…motte het nie sambreel-punt vlerke nie!Daarna het ek skreeuend kamer toe gehardloop met gekraakte watokal en al! Niemand wat my kon hoor of troos nie.

 

Die sitkamer is vanoggend dood,  sonder grotbewoners en stil soos die bioskoop waneer net wit name soos franse blindings oor die swart skerm rol. In die hoek staan my tassies reg om ingelaai te word vir waneer die kerel met die blou kar my kom oplaai. Binne my begin dit borrel, nes daai Jesus-liedjie wat ons geleer het in kinderkrans dae. Maar vandag borrel dit in my oor ek huis toe gaan. Oor ek berg toe gaan. Omdat ek na my ouma, my see, en na my Vriendin Karin toe gaan. Oor ek my wonde kan gaan lek terwyl iemand vir my tee aan dra. Ek is seker Jesus sal verstaan.

 

Ek sit opgewonde, bene opgekrul, en wag vir Len om my te kom oplaai en begin dink oor 2013. Tenspyte van twee opperasies in sewe weke is ek gelukkig! DIEP gelukkig! Ek glimlag omdat ek WIL, nie omdat ek weet ek moet nie. Ek het mense leer ken wat omgee, wat liefde gee, wat help, en wat ondersteun sonder enige verwagtinge. Ek het n werk waar ek nodig voel, waar ek gelukkig voel, en meeste van die tyd net VOEL.

 

Na my opperasie sewe weke terug wou ek so graag my tasse pak en huis toe hardloop. Na my ouma, na my berg, my see, en dis juis hoekom ek nie kon nie, wanneer mens hardloop, is daar  gewoonlik iets wat jou jaag. Nou sit ek op Lanseria, drink n snapple en eet ‘n hoender broodjie en wag vir my vliegtuig om te kom. Nie omdat ek wil hardloop nie, maar omdat ek by my huis wil gaan kuier sodat waneer ek klaar my nuwe asem geskep het, ek weer kan voortgaan met die reis waarmee ek besig is. Sodat ek weer met nuwe lewe kan terugkom na die  Vrystaat. Na die werk wat ek lief gekry het, na die oop goue velde wat my inspireer, en na my vriende wat ek hier gemaak het. Sodat ek kan terugom na Andree met haar omgee hart, na Len met sy blou kar en gewillige wese, Sodat ek kan terug kom na die baas wat familie geword het, die huismaat wat my ma geraak het, en die rivier en wilgerbome wat ‘n lafernis vir my siel gebied het. Sodat ek kan terugkom om terug te gee wat ek hier ontvang het. Sodat ek die beste weergawe van Ek kan wees…

 

Stadig maar seker voel ek hoe verlange begin plek maak vir vrede. Vrede met ‘n nuwe tuiste vir my hart. Die Kaap sal Altyd huis bly, maar die vrystaat is besig om my hart te steel soos ‘n Kerel met ‘n bos blomme en ‘n gawe glimlag. Wie weet, dalk sal ek eendag my hart vir hom gee.

 

snap….daar gaan hy weer

Maart 16, 2013 in Uncategorized

Ek het n uur buite op die gras le en wag vir die ambulans om te kom. Dis net my nek wat kon draai terwyl ek le en opkyk hert na hoe die Vrystaat lug van pienk na swart verander het . My liewe huismaat het sukkel sukkel almal in die kaap in die hande gekry wat moes weet ek het weer geval. Van ‘n 1.5 meter hoe stoep af toe die een poot van my stoel van die muurtjie afgegly het tot in die niks in. Alles het so stadig gebeur maar net  so vinnig.

 

Toe het ek tyd om te dink. Vir ‘n uur lank onder die sterre terwyl die koue teen my lyf opgekruip het. Net die idee daarvan dat ek weer my regter arm verloor het  was een te veel om te begryp. Ek sou binne 12 ure potch toe gegaan het om my dokter te gaan sien sodat hy my kon vryspreek na ‘n ses weke herstel proses, nou le ek hier en weet dat die vryspraak weer in ‘n vonnis verander het.

 

My baas het ook daar aangekom om my hand te kom vashou terwyl ek moes wag. “alles sal ok wees….” hoe kan ek dit weet?? Toe het hy vir my gebid en ek kon voel hoe vrede my omvou het.

 

Toe die ambulans kom is dit stutte,stretchers, en maskers.  Al die pad deur die slaggate na potch medi clinic met mense wat my verseker  van nou af sal dit net makliker raak. Ek huil sonder ‘n geluid. Van fustrasie, hardseer, pyn en ‘n onblusbare verlange. Natuurlik ook van moedeloosheid.

 

Nou le ek in die hospitaal met ‘n gekraakte rib en heup, en my regter arm wat op ‘n nuwe plek gebreek is. Nuwe sny en 6 nuwe skroewe.  Ek wil kwaad wees, ek wil skree dat dit onregverdig is, maar oorkant my le nog ‘n pasiënt, seker so rondom 40. Sy is net vel en been, drie weke terug met kanker gediagnoseer en nou is  sy sterwend. Ek dink terug aan ‘n les wat my ma my geleer het. “waneer jy dink die lewe kan nie swaarder gaan nie, staan stil en dink mooi, daar is duisende mense wat erger af is as jy….”

stadig maar seker

Maart 11, 2013 in Uncategorized

Stadig maar seker

Woord vir woord

Begin ek verdrink

In jou wese van omgee

En lief hê

En sterk probeer wees

 

Begin ek stadig verdrink

In die raak van jou hand

en die skaam van jou glimlag

begin ek verdrink

in jou

Goue gras en Veldblomme

Maart 8, 2013 in Uncategorized

My kar het gister hier aan gekom met een van daai laaaang lorries. Nog net so pragtig en oulik soos ek hom onthou. Daar vat ek toe die pad Potch toe want my swaer wat hier was vir ‘n week vlieg môre huis toe en ek wil ‘n pakkie vir my ma stuur. Sommer net oor ek so na haar verlang en oor dit te danke aan haar is dat ek uiteindelik ‘n kar het OM mee Potch toe te ry.

 

Ek het net oor die beautiful Vaal gery en dit voel ek weer kan asemhaal. Ek gooi my hare los en draai die vensters wyd oop. VARS lug.  Nie Bellville lug nie. Vry, in my eie kar, met my eie pas, met my eie eindbestemming. Nie ‘n bedel-geleentheid nie.

 

Die son se wimpers hang al laag oor haar oë en voor my is die mooiste oop wat ek nog gesien het. Grashalms langs die pad skyn goud soos die kant wat ek elke dag op trourokke vaswerk. Elkeen so mooi en ek besef hoe God ook hulle langs die pad gestrooi het asof dit kant blommetjies op ‘n bruids-rok is. Die miellies lyk soos fluweel-matte en reuse vries-beeste staan lui in die velde in wei. As mens vinnig kyk lyk dit of daar oral banke vanuit die spur tussen die lang grasse staan. Dis SO mooi en vir die eerste keer begin ek dink…”HIERDIE kan ek dalk eendag huis noem.

 

Net buite Potch wag ek langs die pad vir ‘n kêrel in sy blou kar om my deur  die dorp te kom begelei na waar my swaer vir my staan en wag. Terwyl ek tyd het om die oomblik in te drink trippel ek die veld in met hoe hakke en satyn romp na waar die kalfies langs die heining nuskierig loer na die meisie in die wit kar. Die boer kom ook nader en ons gesels oor sy oulike babatjies en sê ek mag maar van die veldblomme pluk as ek wil, hulle is dan sò mooi! Toe Len my kry staan ek en glimlag vir die lug met ‘n bos vol blomme in my hand, en vrede in my hart. Ek is gelukkig. Die lewe gebeur terwyl jy besig is om dit te beplan.