tyd om van my kinders afskeid te neem

Desember 12, 2012 in Uncategorized

Ek wil vanand my moerigheid uitvee met letters. My hardseer  wil ek met woorde vervang en sinne maak sodat ek onslae kan raak van die angs. More is dit tyd om my amper kinders te groet en my laaste dag by die werk. HOE gaan ek dit doen?

 

Soos julle al seker teen hierdie tyd weet is ek die laaste twee jaar al ‘n Au Pair. Ek help skaaf aan twee pragtige kinders terwyl ek kyk hoe hul voor my oe mense word. Regte mense.

 

Dis anders as enige ander werk. Vir twee jaar al luister ek na hul stories, raak saam met hul opgewonde oor nuwe ontdekkings, troos hulle waneer hulle ontroosbaar is, gee raad as hul moedeloos voel, en is lief vir hulle assof hul my eie is.

 

Nou moet ek groet. HOE?? Dit is wat ek jou vra. Hulle is al so deel van my lewe dat ek nie weet hoe om nie oor hul bekommerd te wees nie.

 

Ek het vanmidag voor ek huis toe is vir my miekie kind belowe ek gaan nie more huil nie. “ek is mos al mooi groot.” het ek ewe laggend geterg. Nou sit ek hier soos ‘n regte tjank balie en huil my oe uit op my soortvan nuwe liefde se bank terwyl hy aan sy werksgoed peuter.

 

My hart is gebreek en dit voel of ek more ‘n groot hap uit my siel moet agterlaat. Hopelik kan hul optel, DIT wat ek voel ek verloor het. Miskien kan hulle vashou aan iets wat ek hul geleer het. Dalk eendag sal hul onthou van die meisie met die blou oe en die rooi lippe en hoe sy by gedra het tot hul lewens, want dit wat ek by hulle geleer het sal ek nooit vergeet nie.

 

3 antwoorde op tyd om van my kinders afskeid te neem

  1. tina10 het gesê op Desember 13, 2012

    Ai dis sleg, maar gelukkig kan mens kontak behou.

  2. Ai Sonnet ek voel jou hartseer
    Dit kan nie maklik wees vir jou nie. Om so stukkies van jou lewe agter te laat nie.
    Maar elke nuwe uitdaging en gebeure is alles daar om jou te laat groei…

  3. Tyd laat mens toe om oor alles te kom.
    xxx

Los ’n antwoord vir tina10. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.