36 dae

Desember 4, 2012 in Uncategorized

Ek het uit eindelik begin pak. Bokse by mekaar gemaak, duck-tape gaan koop, en een vir een my besittings begin toe draai in blaaie uit die huisgenoot. (Ek moet tog onthou om vir my ma te se die Huisgenoot is tog goed vir iets.) Daarna het ek afskeid geneem en al hierdie stukkies van versamel diep weg gebere en die bokse toe geplak. My liewe broer het my aandag soveel moontlik af getrek en die proses darm ligter gemaak, maar met elke stukkie besitting wat nou vir ‘n onbepaalde tyd in bokse gaan woon was dit assof ek ‘n persoon of herhindering toe draai en weg bere met die hoop dat dit vir my sal wag. Met die hoop dat my verhouding met ‘n persoon of plek nie sal verander nie, maar net so sal wees waneer ek dalk terug kom.

Ek het hierdie week besef, alhoewel ek die mense in my lewe so baie gaan mis is dit nie wat vir my die moeilikste gaan wees nie. Daar is deesdae soveel maniere om in kontak te bly dat dit ‘n skande is as ‘n verhouding versleg as gevolg van Afstand. Wat ek wel gaan mis is my siels plekke. My Plakkerskamp en die mammas en kinders wat ek daar lief gekry het. Ek gaan verlang na die naaldwerk winkel oorkant die pad sonder wie ek in die eerste plek nooit my kwalifikasie sou kry nie. Ek gaan verlang na my Pick a Pay, na die tannies wat in die Quick Shop by die engin werk, my goeie verhoudinge met die sukiriteitswagte by my werk en na die liggies teen tafelberg se heup. Daar is vir my soveel sekuriteit in KFM, die sushi winkel om die draai, en in die automatiese draaie wat die pad maak werk toe.

Dis nog 36 dae voor die vliegtuig opstyg en ek van vooraf moet begin soek na gemakzones. Ek is opgewonde, maar eintlik ook vrek bang. Wat as ek NIE regtig groot geword het die laaste paar jaar nie. Wat as ek WEL verveeld raak na ‘n maand of twee. Wat IS my 5 jaar plan. Hierdie trek is ‘n stepping stone na WAT?

Ek het al twee bokse in gepak. En die twee bly ook net so in my gang staan. Ek is nog nie braaf genoeg om hul weg te ry nie, want dan sal ek weereens moet besef dit is regtig. Maar herhinder ek myself: “‘n skip in die hawe is veilig, Maar skepe is nie gebou om in die Hawe te bly nie.”

 

Dis tyd vir my om my vlerke te sprei en te toets wat ek al soveel jare in teorie preek.

5 antwoorde op 36 dae

  1. Daar is altyd ‘n tikkie vrees betrokke by die onbekende, Sonnet. Ek glo jy kan enige iets maak werk.

    xx

  2. Ag dit sal lekker gaan – jy sal sien!

    🙂

  3. Jy gaan dit geniet…ek weet jy gaan sukses maak van enige iets wat jy aanpak

Los ’n antwoord vir sonnet_sestet. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.