Jy blaai in die argief vir 2012 November.

Vuurwerke

November 6, 2012 in Uncategorized

Vrygelaat met ‘n sagte sjjjjuuuuuut

in die donker lug

as ‘n klein vlametjies met soveel potensiaal

verken hy soekend die onbekende

en net waneer  jy dink sy vlametjie is uit gedoof

klaar gebrand

uit gebrand…

 

ontplof hy

met ‘n harde knal

as ‘n klimaks

met duisende vonkies as ‘n wonder werk

wat die hemel versier in elke kleur

wat jou na asem laat snak

word die nag verlig met soveel wonder

en manjefieke skoonheid

en dan is hy weg

en jy kyk weereens net op

na die donker lug.

Oor Alleen wees

November 5, 2012 in Uncategorized

Ek droom deesdae greeld en intens. Tot so ‘n mate dat ek soggens wakker word, myself moet her-oriënteer, en oortuig dat dit alles wel net ‘n droom was. Ek kan opstaan van uit my bed, my drome onder my duvet toe gooi, en my dag op ‘n splinternuwe bladsy begin.

 

So droom ek toe weer gisteraand. Wroeg-drome. Ek sukkel om my kop bo water te hou en is deeglik bewus van hoe alleen ek is. Niemand om voor raad te vra nie. Niemand oom my hand was te hou nie. Niemand om my te verseker dat alles wel okey sal uit draai nie. Is dit nie juis die definisie van alleenheid nie? Baie eerder dan op jou eie as alleen wees.

 

Na ek wakker geword het en opgestaan het is beide my huismaats reeds werk toe. Ongelooflik bewus hiervan staan ek op en begin my reg maak vir die dag. Gister aand se beelde het lankal vergaan maar daardie intense gevoel volg my rond soos die swart kat in ons venstebank. Dan gaan my selfoon af. Dit is my suster wat wil meld dat sy my skryfwerk geniet, en ‘n oomblik daarna lui die bekende Bob Dylan wysie weer om vir my te sê die skoolhoof van Hobe Educare is opsoek na my. “there is no food at school Sonnet…Are you coming this morning?”

 

Oppad Wes-Bank se kant toe ry ek verby verskeie toneelstukkies in voortrekker weg. Allerdaagse beelde, maar skielik meer doeltreffend as ooit tevore. ‘n Mamma wat haar babatjie op haar rug vas gebind het. ‘n Pa wat met sy seuntjie by die voet-kruising staan oppad kleuterskool toe. Twee dames wat soos haarkappers lyk en skinder stories oor ‘n sigaret uitruil. Ek kry nog ‘n sms van Karin om te hoor oor koffie. Dan een van Dohr om te wil weet of ek ook siek voel. By die kleuterskool hardloop dertig kleuters my tegemoed en prober om my almal op een slag druk. Vir hulle is my soene en drukkies soos brood-krummels vir miere. Een het by die deur uit geloer en geskree “so-net, so-net, so-net!” en toe kom hul almal aan gehardloop.

 

Steeds op my eie, maar nie alleen nie, ry ek na my ma hul sê huis. Ek het haar belowe om vanoggend my aardse besittings wat steeds in haar huis rond lê uit te sorteer en uit te gooi. Ek dink aan hoe wonderlik dit is dat ons almal erens iemand kan hê wat omgee, wat daar is waneer jy wakker word van uit ‘n slegte droom en wat luister waneer jy ‘n storie het om te vertel. Dankie tog vir my familie. Dankie tog vir Fani, Karin, Nicole, en Andree. Dankie tog vir my baas, my amper kinders, en my plakerskamp. Dankie tog vir vriende, vir kêrels en vir raadgewers. Dankie tog vir die wat dit alles in een is.

 

Lena, ons huishulp wat al jare my probeer help groot maak maak vir my die deur oop. Ek maak vir my ‘n koppie tee en kom krul op agter die rekenaar. “ waneer trek Sonnet nou?” hoor ek vir Lena hier agter my praat. “aan die begin van volgende jaar Leen.”  “En waneer gaan Sonnet dan weer kom kuier?” Ek lag. Lena ken vir my en my botter voete. Sy weet hoe afhanklik ek van my mense is en hoe vinnig ek na my ma wil hardloop as die pad voorentoe te moeilik lyk. “seker eers weer ‘n jaar daarna Leen” Nou is ditLena wat lag… Dankie tog vir mense wat ons ken en verstaan.

Uit die argiewe

November 3, 2012 in Uncategorized

Ek kom nounet teurg van ‘n baby-sitting job en voel heel snaaks. My lyf is moeg maar my brein wil nie afskakel nie. Ek kom sit toe maar agter my rekenaar en begin verder tik aan die ou skryf goed wat ek uit my ou boks uit gehaal het. Hoog tyd dat ek dit oor skyf na my harde skyf. Soos ek deur die gedigte lees vind ek hier en daar ‘n paar wat ek graag met jul wil deel

 

Die kuns wat gebeur het tussen my en jou
Vir jou wil ek skilder albert
met al die kleure van elke soort
ek wil jou invul met my kwas
sodat jou hart op canvas aan my behoort

jou wese wil ek verewig hier
ek wil jou glimlag met my verf na-maak
self die strepies in jou hare plaas
jou lippe vir ou-laas met my vingers aanraak

ek wil die passie wat ons verloor het
weer hier op die doek laat leef
ek wil elke herhindering oor die doek laat spoel
teerwyl dit steeds aan my wimpers kleef

ek wil jou skilder albert
dit weer herleef deur my hand
sodat waneer ek jou klaar onthou het
ek die kleur van jou kan verbrand

 

Ek het jou lief my lief

 

Ek het jou lief my lief

Wat my so baie haat

Ek het jou so baie lief gehad

Lank gelede

Vir wie jy was

Vir wie ek gehoop het jy sou bly

 

Ek het jou regtig baie lief gehad

Nog voor ek jou verleentheid geword het

In die tye wat jy voor ander sou sê

“ek het jou lief”

 

Ek het jou so onsetend baie lief gehad

Jy, vir wie ek gelewe het

Vir jou wie ek alles sou gee

Jy wat my so vermink het

 

Jy wat my so haat

Ek het jou so so lief gehad

Ek het jou lief my lief

My lief wat my so baie haat

 

Kinder Kuns

 

Ek beny jou kind

want jy het vryheid

vrede in jou hart

jou denke nog helderblou water

jou glilag soos die son se straal

jy leef net vir vandag

môre is vanselfsprekend daar

en as jou kop saans op ‘n kussing val

val jou oë soos ‘n herfsblaar aarde toe

jy lewe nog in droomland

 

Ek beny jou kind

want trane kan jou pyn verslind

en onder jou vlinder oë

is daar nog sterre blink

 

Ek beny jou kind

jy weet wat liede is

jy hoef nog niks te haat

met jou goue hart

en skille voor jou oë

 

 

Silence

 

As we drive away

I notice in my mirror

How the lights of the city dims

And beating music in my ears

Are replaced by the rhythm of my heart

 

Leaving the light behind

We enter more dark places

And the car’s empty spaces

Filled up

Till it was full

Like your lips

Those lips

I desire so much

To touch

To feel

To kiss

To taste

The taste of you

 

And with every second passing

Another emotion was born

And I could feel the emptiness leave

To make room

For the perfect silence

 

Ek wil nog nie vergeet nie

 

Ek wil jou nog nie vergeet nie

Ek wil nog ‘n rukkie vashou

Aan die droom van jou

Die moontlikheid

Van ‘n geleentheid

Dat jy dalk eendag

Weer kan onthou

 

Daar is soveel mooi om my

Wat ek wil wys van die mooi van jou

Wat ek wil deel

Met daai hart van jou

 

Ek wil jou nie vergeet nie

Wil nie aan beweeg nie

Wil nie ophou

Droom van jou

Ek wil nie sonder jou nie

ek wil nie

Van jou vergeet nie.

 

 

 

Soos die weer

November 3, 2012 in Uncategorized

Die weer lyk soos my binneste…Sonskyn is voorspel maar nou is die lug ordentlik toe getrek. Ek is lus om iets te gooi, te breek, of selfs net om te skree, maar ek is beskaafd en mooi groot, en daarom glimlag ek maar net vriendelik. Net so pretentious soos die wolk-koepel wat die hemel soos watte bedek, maar ‘n donderstorm wat geleidelik groei.

Oor skryf

November 2, 2012 in Uncategorized

Ek het begin skryf toe ek 12 was. Ek weet self nie hoe of hoekom nie, maar ek het in my standerd 5 bank gesit, my podlood opgetel, en ‘n baie rymende gedig geskryf oor “my beste vriende inderdaad”. My bank was net agter die deur en Antoinette Klomp het weer agter my gesit en ons het gepraat oor die nuwe draadjies op haar tande. Vreemde scenes wat mens so duidelik van uit jou lewe onthou… ‘n paar maande later het ek ook hierdie eerste gedig by die kaapse eidstedford opgevoer.

Na daardie eerste gedig het ek dikwels gevind dat waneer denke te veel raak vir my brein, moet ek dit uitkry, neerskryf, en verewig. Net vir ingeval ek later weer daaroor wil dink. Daardie denke wat soos borrels in my kop rond bons, soos die screensaver op rekenaar skerm. Maar windows so borrels vermeerder nie soos die borrels in my brein nie. Daarom, om plek te maak vir nuwe kleurvolle seepbelle, moet die oues eers gebars word en vry gelaat word op papier.

Alhoewel my spelling en taal gebruik nog steeds soms so skokkend is soos daardie eerste gedig, het die onderwerpe vinnig verander en in plaas van vriende, het ek nou meer geskryf oor vryheid, en vryers. Ek het toe al begin soek na die liefde wat my tog so verskriklik kwel, en ‘n pen en papier was vir my ‘n variteit van ‘n kanvas en ‘n kwas.

Nou sit ek 24 plat op die vloer met ‘n ou tas wat oop gebreek voor my lê, gevul met die woorde van my grootword proses. Ek lees dit en sien die meisie met die blou oë en die uitbundige lag voor my, en beleef weer saam met haar die huppel oomblike deur Mikro-Parkie en die hartsverskeurende tyds-grepe op die trappies by haar voordeur. Ek vee haar trane af, waai vir haar soene en wens ek kan haar saam met my neem om net vir haar te wys dat alles ‘n paar jaar later ok sal wees. Ek luister hoe sy haar storie vertel oor ‘n seer hart so assof sy weet waarvan sy praat, maar ek voel steeds die vreugde in haar rond bons, waneer sy skryf van daardie onskudige soen op die swaai. Ek wil my hande deur haar hare kam as sy op haar eie in haar bed lê en skryf oor hoe die wêreld haar miskyk, en vir haar verseker iemand se wêreld wel iewers sal ophou draai as sy weggaan. Ek probeer hard die stukkies glas en skeer lemmetjies uit haar hande gryp as ek opmerk hoe sy vrede vind in die verminking van haar gebroke wese, en ek wil haar styf vashou dat sy kan huil en kan besef DIT sal haar ook sterker maak. Ek wens ek kon…

Tog, nou sit ek hier op 24 met die bewys stukke dat ek al tog was en, hopelik nog baie sal wees. Met ‘n koffer vol onthou en ‘n hart vol drome is dit tyd om aan te beweeg, myself te vergewe,  en die meisie met die blou oë en uitbundige lag agter te laat en in vrede te laat wees. tyd om nuwe stories te maak waarna ek weer kan kyk vir ingeval ek weer eendag wil onthou.

Dankie vir elke leser wat besig is om ‘n getuie te wees van die lewe van ‘n loskop meisie opsoek na die groter en wonderlike dinge van die lewe. Dankie vir elke komentaar, enlke stukkie raad en elke belangstellende vraag. Tien jaar jaar terug het ‘n jong meisie haar pen papier lief gekry, en nou het sy ook iemand om dit mee te deel.