Wat my ma my geleer het.

November 20, 2012 in Uncategorized

Ek en my gunsteling 2-jarige kuier vanoggend by my ma, en die se ouma in Stellenbosch. My ma het ‘n tyd gelede vr haar hier ‘n koffie winkel gekoop waar sy nou besig is. Teen die koffie winkel se badkamer muur het my ma al haar wyshede neer geskryf. Sy was seker onder die indruk dat haar kennis op haar eie kinders soortvan gewerk het en dit nou haar plig is om dit met die res van die wêreld te deel. Make no mistake, my ma IS die wyste vrou wat ek ken, behalwe dalk vir my ouma en my suster. Een van die sê goed wat my dadelik tref is : “Be SO happy, that when other people see you, they become happy too. ”

Is dit nie LIEFLIK nie?

Ek en my ma gesels toe daaroor . Nie net is geluk aantreklik soos wat ek nou die dag gemeld het nie: dit is ook aansteeklik. Gelukkige mense trek ander mense aan omdat ander mense ook in geluk wil deel.

Kyk, ek sê nou nie mens mag nooit moan nie, en dat mens moet voorgee om gelukig te wees nie, maar streef na geluk! “Happiness is always an inside job” staan ook op my ma se muur geskryf. Natuurlik mag mens vriende kwel met harts-kwessies, maar laat dit agter en beweeg aan. “Cry and you cry alone, but laugh and the whole world laughs with you”

Ek hoef nie te sê waar ek dit geleer het nie…

So dan kom ek en my ma by die volgende vraag: Hoe vind mens geluk?

Die andwoord kom sonder veel dink werk. Wees dankbaar. Wees Dankbaar vir elke klein seenintjie in jou lewe en wees op die uitkyk vir wonderwerke in jou allerdaagse lewe soos ‘n lopende krraan of ‘n voeltjie wat sing.

“Moenie op kyk vir ‘n wonderwerk nie, kyk om jou.”

My ma het dit nie vandag vir my gesê nie, maar ek sal altyd vashou aan die volgende les wat sy my geleer het en ek wens sy wil DIT op haar muur gaan skryf sodat die res van die wêreld dit ook kan weet: “waneer jy ‘n lys gaan maak van alles wat jy het in jou lewe langs ‘n lys van alles wat jy tekort kom, sal die eerste lys altyd langer wees. ” ook: “waneer jy dink jou lewe is aaklig en niks erger kan met jou gebeur nie, gaan staan stil en jy sal aan ten minste 10 000 mense kan dink wat slegter af is as jy. ”

 

As ‘n mens net eers besef hoe gelukkig jy is, hoe kan jy dan NIE gelukkig lewe nie?

6 antwoorde op Wat my ma my geleer het.

  1. tina10 het gesê op November 20, 2012

    Slim dames

  2. Ek glo nie sy sal omgee as JY dit sommer daar gaan skryf nie – sal dalk vir haar baie beteken dat dit wat SY jou geleer het wel vandag ‘n lewens les vir JOU is!

  3. Jou ma klink na ‘n besondere mens!

  4. lora2me het gesê op November 20, 2012

    Ek dink jou ma is my tweelingsuster of iets, want ek glo ook dat geluk van binne kom en ander mense aansteek – dis vir my amper half selfsugtig, want ek wil lag en lekker voel en deel dit sodat ek dividende kan kry. in watter straat is die winkel? My kinders woon en party studeer in die Kaap en Stellenbosch.

  5. Jip positiewe denke en gelukkige energie vryf af aan ander…kan net goed doen vir almal

    Jou Ma is cool

  6. vega het gesê op November 20, 2012

    Jou ma klink uitsonderlik. Elke mens is verantwoordelik vir sy eie geluk, maar ons kan so baie by mekaar leer

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.