Oor dieete en oefening

November 20, 2012 in Uncategorized

Ek het groot geword in ‘n huis waar oefening en gesond lewe uiters belangrik was. My pa het elke jaar die Cape Argus gedoen, die Berg rivier Marathon geroei, en so nou en dan die two oceans gehardloop, en tussen deur gym toe en terug gedraf. My ma se yskas was volgens my vriendinne ‘n plek waar enige droom slaai gebore kon word, en ek het die eerste keer witbrood in ons huis aangetref lank na ek met hoërskool begin het. Het ook jare later eers agter gekom die rede hoekom my ouma se tee so lekker is is omdat dit gewone tee was en nie rooibos nie. Op 13 is ek vir die eerste keer weighless toe en op 18 was ek al op elke dieet moontlik gewees. Ook, my ma het geglo dat twee skool sporte ‘n moet is en nie net vir die sosiale doel eindes nie. Sy het kreatief koue vleis en klein tamatietjies op tande stokkeis gesit en ons oorreed dat dit net so goed soos lekkers is. In haar verdediging, ek is gebore met ‘n moeilike lyfie en ‘n onblusbare liefde vir lekkers.

Daarom, die dag toe ek skool verlaat en koshuis toe trek het daar ‘n nuwe wêreld vir my oop gegaan. Mens kon veby ‘n oop venster RY en dan word daar vir jou kos deur dit aan gegee. Ook, daar was ‘n tower nommer wat jy kon bel en as jy weer sien word jou droom pizza voor die koshuis deur afgelaai. Hoe wonderlik was dit nie. Ook, ek was nie meer wakker gemaak vir gym of swem nie, en hoef eers op te gestaan het ‘n half uur voor klas begin. Ek nuwe woorde geleer soos “Steers”, “Gadsby”en “Garage Pie”, en aktiwiteite beoefen soos “laat slaap”, “op hoë hakke dans” en “klas LOOP”. Onnodig om te sê dat my probleem lyfie het vinnig in ‘n probleem LYF verander. Tog, Vryheid het amper net so lekker soos Neelsie kos gesmaak.

Vyf jaar later, Mei 2012, ontmoed ek te hierdie vriendin met die naam van Karin. Watter ongelooflike mens, en watter wonderlike voorreg om haar in my lewe te hê. Sy is ‘n uiterse begaafde persoon maar ek dink een van haar grootse gawes is die manier hoe sy jou op so ‘n wyse ooreed jy wil iets doen, dat jy later glo dit was jou idee van die begin af. Saam het ons al verskeie projekte intussen aangepak en ek kan nie onthou dat sy werklik een keer geVRA het nie. Dit gebeur net. So kry ek toe toevallig die idee eendag terwyl ek saam met haar is dat ek weer wil begin gesonder lewe. Sy werk vir my ‘n oefen program uit, oorreed my pa om vir my ‘n gym lidmaatskap by haar gym uit te neem, en voor ek weer sien klok ek elke aand 9 uur in vir ‘n uur lange gym-sessie, en tot my verbasing is dit HEERLIK

Dit gaan aan vir ‘n paar maande, my Body Fat Index val met 15 %, en vinnig begin my klere van my lyf afsak. Tot een oggend wat ek fokus verloor terwyl ek  bo-op die perd se rug sit.

Die res is geskiedenis. Ek en my af arm word hospitaal toe gejaag en ek weet dis die einde van die gym vir eers.

Na ‘n paar weke van stil sit is ek in my gips terug gym toe. Ek weet hoe moeilik dit is om in rotine te kom en ek KAN NIE die goeie gewoonte laat gaan nie. Ek en my moeilike lyf het nog ‘n laaaang pad om te gaan. Dit werk toe nie. My arm sweet in my stut en ek gril my dood, en met ‘n halwe linker been (ek het so paar jaar terug by ‘n trap af geval…BAIE tipies) en ‘n af regter arm wil dinge net nie klop nie. Karin praat my aan om eers my arm te laat herstel en dan kan ons weer begin. “Vat dit rustig. ” , sê sy soos altyd, so assof sy weet hoe om die lewe rustig te vat.

Nou is dit November. My amper kind het my laas week ingelig ek lyk swanger en ek weet na 4 maande is die arm lankal heel genoeg. Daarom trek ek vanand my tekkies aan en durf die baie lang 3 km’s gym toe aan. Daar gekom is dit natuurlik die relaunch en die plek wemel van meisies met mooi lyfies. Ek probeer my self deur die skare skuur want sweterige mense wat om my beweeg is een te veel. Ek meet alles wat gemeet moet word en die Tracker Masjien lig my deeglik in dat ek my gat in rat moet kry. HOEKOM het ek myself vir so lank toe gelaat om dit uit te stel???

Dit werk mos so…. Die paar dae voor jy met ‘n dieet begin pak jy kos in want jy weet hongersnood is oppad. Jy berei jouself voor op enige craving wat mag kop uit steek oor die volgende tydperk, en jy verorber alles vir oulaas. Jy neem enige lift of roltrap wat jy kan sien want binnekort weet jy dit is uit. Net vir oulaas…

My “vir oulaas” het vier maande gehou en as gevolg van my lojale ondersteuning kan Debonairs en Mc Donalds elk ‘n nuwe tak oop maak.

So nou is ek in die gym. Ek gooi my handoekie mooi uit, plaas die nodige gewigte netjies langs my matjie, en vat ‘n groot sluk water. Dan begin ek met my strek en maag-spier oefeninge. Ek staan nog lekker met my bouede in die lug en strek oor my bene om aan my tone te raak toe ek ‘n bekende stem agter my hoor. “Party mense laat mos net hul goed so rondlê.” Tussen deur my bene sien ek my nuutse liefde of iets soos dit ,saam met sy squash buddy. In twee sekondes is my hele ego gesquash. Ek weet nie of ek rooi gebloos is en of dit die sit-ups was nie, maar my gesig pas pragtig by my pienk tekkies. Ek weet nie waar om te kyk nie, en probeer hard om dit te laat lyk assof ek nog self vertroue oor het. Verder maak ek maar strek-strek of ek oefen tot hul groet en na die oefen bane verdwyn voor ek weer begin oefen.

40 minute later is ek doodmoeg en ek kan al klaar voel ek is styf. Ek belowe myself plegtig dat Mc Donalds my nooit weer sien nie want hierdie is net TE swaar. In plaas van die oop venster besoek ek toe liewer Kuhai en besluit sumier dit is waar ek van nou af aandete eet. Dit kan nie SO moeilik wees nie. Daar was ‘n stadium in my lewe wat ek bruin brood geeet het en sport geniet het. Waarom kan ek dit nie weer doen nie? My ouers is oor so baie dinge reg wat ek eers later uitgevind het. Dalk het hulle ook die regte idee gehad oor gesond lewe.

5 antwoorde op Oor dieete en oefening

  1. Als wat jy skryf en beskryf is so bekend.
    Ding is om nooit moed op te gee nie.
    Sug…dis so moeilik

  2. Sonnet sterkte met die oefening…hoe lyk dit met ‘n slaaitjie

    • Jong, die probleem is met ‘n slaaitjie is dat as jy vir een persoon kosmaak moet jy al die bestandele teen ‘n rekord tyd op eet anders gaan dit af. (en DIS te duur. ) So dan prop jy 4 slaai in 2 dae in en taan daai tyd is jy so gatvol geslaai dat jy liewers Kuhai gaan kry. Ook natuurlik om dit te maak moet ‘n mens by die huis wees, en DIT gebeur selde… maar enige lekker tips oor watter healthy fast foods mens kry…ASB! Ek het nou Kuhai en Special K bars ontdek. 🙂

  3. tina10 het gesê op November 21, 2012

    Maak my skoon stokflou net om te lees

  4. Dis die ding, as jy eers begin gym moet mens aanhou want oo wee, as jy ophou, sit jy waar ek sit, rente van alles bygekry!
    Sterkte – klink my jy is reg vir die ding!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.