‘n Engel in Engen

November 13, 2012 in Uncategorized

Gisteraand Donderweer dit toe so in die Noordelike voorstede ek is skoon bang. (Ons kapenaars ken mos nie die klank van kwaai gode nie.) Ek werk laat en altwee my amper-kinders is op my skoot terwyl die honde tjankend soos haaie om my stoel kring. Ek sing vir hulle die volkslied om hulle te kalmeer want ek kan op daardie stadium aan geen ander lied dink nie.Hoekom moet jy my nie vra nie…

 

Luds wil hê ek moet vir hom met sy rekenaar speletjie help en Miek verg aandag by haar Aardrykskunde want dit is al weer tyd vir eksamen. Verder probeer ek my verblyfs-relings uitsorteer via sms Vystaat toe al singende aan die Afrika seen gebed. Toe my baas hul uiteindelik tuis kom is ek verlig om te kan huis toe gaan. Dit is al laterig en ek wil nog by my ouma ook stop. Ek het juis nou die dag by haar in trane gesit en herken ek is bang sy gaan dood terwyl ek weg is. Sy het saam gehuil en toe het ons gelag. Haar suster het net haar kop vir ons geskud op die selfde wyse wat my suster haar kop skud soos sy hierdie lees.. (ja…ek is bewus dit is hopeloos dramaties en sommer sissie-rig, maar steeds.)

 

Ek hardloop uit in die reen na waar my kar parkeer is in die staat en spring vinnig in.  Dan reverse ek soos ek nog elke dag die jaar reverse het om ‘n drie punt draai te maak oppad huis toe. Die enigste verskil is dat dat daar blykbaar vanaand ‘n bakkie agte rmy geparkeer is waarvan ek ni egeweet het nie.

 

 Ek vloek toe kar se gat die bakkie se tow bar tref. Ek ry efens voorentoe, klim uit om te kyk, en gaan parkeer dan voor die mense se huis by wie die bakkie staan. Dan gaan kyk ek weer. Oppad na hul voordeur hoor ek ‘n stem deur die venster.  “moenie dink jy kan net weg ry nie.” Ek wil nog mooi verduidelik dat ek juis oppad was na hul voordeur om die saak by hul te kom aanmeld maar ek kry nie kans nie. Die buffel skree net dat hy hoop ek het versekering, en die die ander renoster meld hy weet van ‘n goeie pannel beater in Parrow waar hy maar more ‘n quote sal gaan kry.

 

Sy bakkie makeer niks. Ander as my arme gat.

 

Ek bars natuurlik in trane uit en my oë reen meer as die donder wolke in die naglug. Ek het die vermoe om myself ongelooflik jammer te kry, en na ‘n lang dag met kinkels in my planne is dit net soveel makliker. Die buffel en renoster steur hul min aan my. “ok…ek sal more in die daglig weer kyk en dan kan ons verder ‘n plan maak.”  Sonder om te kyk wat van my in nag-strate raak, verdwyn hul weer by die huis in. Blerrie ongeskik.

 

Oppad na my ouma sanik ek nou aleen in my kar. Sy troos my vir ‘n paar minute na ek daar aankom maar nou is ek nie eers meer lus vir kuier nie, so ek klim terug in my kar met sy stukende gat. Al wat nou gaan help is sjokelade, besluit ek en trek af by die Jip De Jager engen. Hier ken die Quik Shop dames my al en groet vriendelik. Ek knik net met my kop wat hang en soek my weg na die melkerige hemel van die sjokelade-rak. By die betaalpunt vra Grace my wat dan nou fout is. “ag, lang dag en ek het nounet my kar gestamp”, kla ek. Ek vertel sommer vir haar die hele storie van die ongeskikte diere en die trek probleme want dat ek binnekort gaan weet sy ook al. Ek het blykbaar die irreterende gewoonte om alle vreemdelinge in vertrouelinge te verander binne die eerste vyf minute van oog kontak. Dit furstreer mense wat saam met my winkels toe gaan vreeslik, maar terug by my storie.

 

Grace kom uit agter die toonbank en gee my ‘n druk. “darling, môre skyn die son weer en dan is alles sommer beter.

 

Ek is so geseen met wonderlike oumas, familie, en vriende wat ek weet graag wil troos, maar daar is iets ekstra spesiaal aan ‘nb vreemdeling wat met hul hart na jou uitreik. Mag ek ook daardie vreemdeling wees!

6 antwoorde op ‘n Engel in Engen

  1. Daardie geluid as mens jou kar stamp, is verskriklik (ek ken dit goed…). Sulke buffels! Hulle het sweerlik ‘n paar doppe ingehad.

  2. as ek nou in jou skoene was het ek by Steers ‘n soft Serve gekry en hom opgelek. sterkte – daar is nogal in Parow ‘n baie goeie paneelklopper

  3. Ai tog, party dae is mos net erger as ander…

  4. So baie dae so baie dinge.

    Ek weet jy is reeds daardie vreemdeling.
    xx

  5. katrina het gesê op November 14, 2012

    Ek stem saam – wanneer ‘n vreemdeling gaaf met ‘n mens is is dit ekstra spesiaal. Wat ‘n aaklige dag – hoop die renoster word van sy eenhoringgeit gestroop 🙂

  6. I’ll apply this idea…… It can be fun! maillot de foot pas cher

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.