Oor Kinders

November 8, 2012 in Uncategorized

(Eerstens, dankie vir almal se boodskappe en komentare van gister. Meeste van die tyd waneer die dinge van die lewe begin druk, kies ek om terug te druk, maar ander kere is ek net te gatvol en gaan lê dan en deurdrenk myself in trane en my hardseer. Gelukkig staan mens dan weer makliker op die volgende oggend weer met nuwe krag, en so was dit toe ook. )

Ek het hierdie week weer baie gedink oor wat dit is wat ek uit die lewe wil hê. Ek is as ‘n goeie afrikaase meisie groot gemaak en daarom is ek maak glo dat die lewe eers perfek kan wees as jy ‘n goeie man het met ‘n paar kinders wat sou volg. Tog, is dit regtig wat EK wil hê? Ja. Ek wil graag my lewe met iemand deel maar ek het fantastiese vriende wat hul self baie goed van die taak as oog getuies van my lewe kwyt. Ek dink ek sal graag wil trou maar tog net nie omdat trou trou is nie. Ek sal moet BAIE seker wees. Veral met my reputasie van comitment- murderer. Oor kinder wonder ek net so baie. Kyk, ek is onsaglik lief vir die tonne kinders in my lewe, maar ek kan hul almal weer terug gee. Wil ek regtig myself vir die res van die van my lewe bind om ‘n kind lief te hê en by te staan deur alles. Ek was ‘n moeilike tiener, vra maar my ma. Gaan ek regtig die kans vat en dalk self met klein monstertjies sit? Ek kan skaars na myself omsien. hoe neem ‘n mens ‘n ander se lewe op totaal in jou eie hande? dis verskriklik. Ook natuurlik haal die goedjies ook nie verniet asem nie. Ek sal maar moet sien.

Dinsdag bel ‘n soortvan vriendin my om te hoor of ek kan help waarneem by hul kleuterskool vir Donderdag en vrydag. Ek was al voorheen hier en het dit vreeslik geniet. Daarom stem ek dadelik in. Vanoggend staan ek toe vroeg op, kies vir my ‘n mooi rok uit, en verf my lippe bloed rooi. Dan klim ek in my kar om die dag in Monta-vista te gaan aanpak. Hier word ek natuurlik vinnig verwelkom. Watter wondelrlike vermoë het kinders darm nie om onvoorwaardelik lief te hê nie? Net waneer jy die aakligste aand gehad het, weet God dat ‘n arm vol kinder dit die volgende oggend sal kan genees.

Die kinders is natuurlik vreeslik nuskierig oor “teacher Sonnte” wat terug is en oor die nuwe sny op my arm. “teacher, theacher, why did they cut your arm to get the new baby out?” Ek wil myself vrek lag. Iemand se ma het blykbaar onlangs vir ‘n keiser gegaan. “teacher, teacher. Why ar eyou wearing make-up? nobody at our school is alowed to wear mak-up” Ek vra hartlik onverskoning maar hoor dan.” Its ok teacher, because you look realy pretty.” hoe kan my hart a nou nie smelt nie.  Vir ‘n ander een is ek blykbaar so vreemd soos ‘n ruimtewesen want die wil graag weet “do you eat food Teacher?”

Die res van die dag verloop net so interessant te en pouse sukkel ek om nog my pose te hou. ‘n Chinese seuntjie probeer baie hard vir teacher Lois sy koekkie te gee, maar sy moedig hom aan om dit liewer self te eet. Twee minute later is hy terug met die koekie in sy mond en huil verskriklik. HY WIL REGTIG NIE SY KOEKKIE HE NIE! mag hy dit asb weggooi.?” op ‘n stadium sit een dogtertjie se hare vas aan ‘n ander een se broek, en ‘n paar meter verder is een besig om hard en duidelik vir my te skree dat hy aan hulle swembad se bodem kan raak. Ek word elke 5 minute gevra of ek kan ky hoe een op die balans balk loop , en net sodra die een kind my verlaat het kom die volgende een met hul drukkie. Ek belowe jou, die dag as jy ongelief voel, besoek net ‘n kleuterskkool.

Na pouse word daar skool konsert geoefen. Van die kinder is gek hierna maar jy kan ook duidelik sien van hulle is niks lus vir hierdie stront nie.  Snaaks hoe persoonlikehede al so vroeg sigbaar is. Seker kinders is die wat elke keer van vooraf indruk, en HULLE weet watter kinders is die wat dit net sal toe laat en wie die is met wie hulle nie sulke dinge moet probeer nie. Van hulle probeer regtig hard om die dans passies te kan doen, en ander is net gebore met ritme en sing sommer saam met die souyn track. Ek weet ek was een van daai kinders wat nie ‘n clue gehad het nie, maar geglo het ek is die beste. Ek hoop van harte van hierdie kinders se ouers koop die DVD sodat waneer die kids 18 is, hulle hul-self dood kan skaam vir hoe ernstig hierdie vir hul was.

Teen huis toe gaan tyd dink ek weer oor watter rol ek graag wil hê kinders moet in my lewe speel. Hulle het verseker die regte idee van die lewe, met al hul drukkies, liefde, en eerlikheid. As hulle ‘n storie het om te vertel vertel hulle hom, tenspyte van die feit dat jy nie noodwendig wil hoor nie. As hul wil hê jy moet kyk hoe hulle die sand in die lug gaan opgooi, kom vra hulle jou om te kyk sonder om om te gee of jy dalk mag nee sê. Hulle klim op jou skoot, en druk jou, en vertel dit wat hulle graag gehoor wil hê want dit is hulle behoefte. So ‘n jammerte ons maak kinders groot…

Ek weet steeds op watter manier kinders gaan deel wees van my lewe nie, maar ek glo daar is nog baie tyd om te besluit. Die belangrike ding vir my tans is dat hulle wel daar is, sodat ek by hulle kan leer. Wat ‘n wonderlikke voorreg is dit nie om sulke pragtige klein lewentjies in jou teenwoordigheid te hê nie?

8 antwoorde op Oor Kinders

  1. Ek is bly jy voel beter en dankbaar dat die kinders jou die “lig” laat sien – hulle is ‘n seen!
    Geniet die tyd by die skool.

  2. lora2me het gesê op November 8, 2012

    Ek kan die onskuld van kinders nie weerstaan nie. Hulle is so reguit en sal sommer vra hoekom ‘n mens so ‘n lelike afgesnyde broek (kniebroek) aanhet of vir jou sê hoe “beautiful” jou hare (wat jy daardie besondere oggend nat-nat bymekaar geborsel het) lyk. Dis soos om deur die oë van engeltjies te kyk en te sien hoe dinge regtig lyk, maar jy’s reg: daar is ‘n regte tyd vir alles. Geniet solank ander mense se kinders, want daar’s niks daarmee verkeerd nie.

    • dankie! voel partykeer sleg dat ek ander mense se kinders so “steel”. Dt is so waar. Een kid het nogals vandag vir my gese sy hou van my rok, en dis die oudste een in my kas!

  3. Hoekom swot jy nie onderwys nie? Ek dink jy sal ‘n wonderlike onderwyser maak…

    As jy kommentaar wil antwoord, tik jy bv. @ts in en dan volg jou kommentaar – so ontvang ek dit per e-pos

  4. Lekker gelees hier by jou.Jy klink soos ‘n kinderliefhebber!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.