Kan iemand asseblief verduidelik???

November 7, 2012 in Uncategorized

Ek lê op gekrul op my sitkamer bank en huil. Ek verstaan die wêreld waarin ons leef nie. Het vandag die nuus gekry dat een van my skool vriendinne ernstig siek is. Sy is 24. My lyf voel leeg, my vingers dood, en my mond droog.

Kan iemand asb vir my verduidelik hoe mens onderstel is om positief te voel in ‘n plek waar kinders verkrag word, waar oorlog nooit ophou nie, daar mense is wat regtig DOODGAAN omdat hulle niks het om te eet nie? Het jy al ooit gedink hoe dit moet wees om dood te gaan van honger??

Hoe lewe mens in ‘n wêreld waar sulke dinge so allerdaags is dat dit jou nie meer ontstel nie. Hoe gaan mens aan met ‘n 9 – 5 job, en kla oor klein goetertjies soos of die bergie alweer jou drom om gegooi het. Hoe is dit ok om nie elke sekonde van die dag dankbaar te wees dat jy nie die bergie is nie.

Hoe glo jy dat alles ‘n doel het as ons almal net gebore word om te sterf? Hoe bly ‘n mens positief? Hoe slaap ‘n mens sonder nagmerries as jy van al hierdie goed weet, as jy al hierdie goed lees, en as jy al hierdie goed SIEN gebeur om jou ? Hoe kan ek NIE skuldig voel dat ek gelukkig is as ek weet ander mense se lewens val uit mekaar nie?

Hoe kry mens dit reg om te ontspan voor die televisie, om te lag vir grappies, en om iemand lief te hê assof môre nie daar sal wees nie terwyl daar ander mense is wat bang en alleen wakker lê en wonder of hul môre wel sal kom…

Baie ander lied in my hart as gister.

4 antwoorde op Kan iemand asseblief verduidelik???

  1. vega het gesê op November 7, 2012

    Jammer om te hoor van jou vriendin. Ons lewe in ‘n gebroke wêreld met swaarkry en pyn. En ons kan net sorg dat ons daar is vir mekaar en probeer om ‘n verskil te maak elke dag rondom ons in ons klein wêreldjie. As elke mens dit doen sal die wêreld ‘n beter plek word.

  2. Die mens is deel van die siklus van lewe en dood.Ongelukkig kan daar niks aan verander nie,daarom moet jy nie te veel daaroor wonder nie en elke dag gryp en LEEF.Geniet die klein dingetjies en moenie die wereld se laste op jou skouers probeer neem nie,want jy kan dit nie verander nie.
    Sterkte met jou vriendin.Mens het nie altyd antwoorde op hierdie dinge nie.

  3. Ongelukkig is die lewe nie vir sissies nie… sterkte met vriendin

  4. Ag dis sommer tos van jou vriendin.

    Mens kan maar net leef in die nou – jy is nie nou honger, koud, siek of iets nie – en mens gaan aan – jy is nie verantwoordelik vir die wereld se pyn nie (tensy jy natuurlik die soort etteroog is wat mense seermaak) – so mens leef maar elke dag met wat jy op daai dag het, en wees tevrede.

    Ons kom alleen in, en ons gaan alleen uit – as jy tussen in iemand kry waarmee jy ‘n rukkie kan saamloop, is jy gelukkig. – geniet wat oor is van jou vriendin terwyl jy kan.

    En ja ek weet dissie ‘n verduideliking nie – daar bestaan nie sulke goed nie.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.