watter lied sing jou kokkewiet?

November 6, 2012 in Uncategorized

Sondag middag gaan eet ek, my suster, en haar ander helfde by my ouma in die eetsaal by haar aftree oord, en soos gewoonlik kry ek kans om te observeer. Die tannies is mooi netjies aan getrek vir die ete en lyk amper soos kersfees bome met al hul juwele wat hulle ten toon stel. My ouma wys een spesifieke dame uit wat altyd pragtig lyk en waarlik, sy staan uit.

Oppad terug in die kar bring my suster weer die dame op in die gesprek. “Wat is dit wat haar so merkwaardig maak?” wonder sy teenoor ons. “sy is nie onaantreklik nie, maar sy is oud. Haar hare is nie spesiaal gedoen nie, maar is versorg, en haar klere is mooi, maar allerdaags.” Ek en Hannie stem saam en dink daaroor na waneer my suster dan haar opinie lig. (As jy vir Cecilia ken, dan sou jy kon weet dat haar opinie binnekort SOU volg.)” Daardie dame was gelukkig. Tussen al daardie bejaardes het sy uitgestaan want mens kon sien sy is gelukkig met haarself. ” 

 

Ongelooflik waar.

 

So stap ek vandag deur die pakeer area by Tygervalei oppad winkel toe. Dit is ‘n lieflike sonskyn dag, en in my hart sing ‘n kokewiet ‘n happy lied. Ek kom agter hoe mense se kyke my volg en is ‘n bietjie  oorbluf.  Ouens wat agter die stuur sit van lorries wat besig is om laadings af te lewer. Mans wat in die deur staan en op hul selfone skree. Die dame wat by ‘n mug en bean tafeltjie sit en mense kyk. Selfs die verkoops assistent vanuit vodacom kyk op en glimlag in my rigtining.  Ek trek effens aan my rok, dink mooi oor watter grimering ek aanhet, en besef dan skielik dit is tien teen een die kokewiet se lied wat hulle hoor. Gelukkige mense trek ander mense aan. Selfde met die dametjie by die geel M wat vir my my middag ete oorhandig het. Ek het nogals gedink. ” wat ‘n mooi mens” maar het later besef, “watter mooi glimlag”

3 antwoorde op watter lied sing jou kokkewiet?

  1. Dit is so waar maar is dit tog nie n feit as mens so diep binne jou gelukkig voel lyk die lewe net beter,ek probeer dat my liedjie elke dag vrolik is…..:-)

  2. Lekker sing aan daai kokkewiet se lied, dis ‘n voorreg! Dis so waar wat jy hier se!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.