Jy blaai in die argief vir 2012 November.

‘n Gas op my Blog:Van my vriendin Karin

November 28, 2012 in Uncategorized

Die maan hang  in die swart nag. Ek sit my twee kinders in die bed en met hulle handjies warm in myne, se ons dankie vir die dag en sing saam: “I see the moon and the moon sees me, God bless the moon and God bless me.” Ons loer vir oulaas na die blink maan en ek kan sweer hy knipoog vir ons.

 

Ek moet tog onthou om die verhaal van ‘n seuntjie wat naby die maan op ʼn ver planeet gewoon het, vir my kinders te lees. Die verhaal, wat ‘n tuiste gevind het in die hart en kop van ‘n Franse skrywer, Antione de Saint Exupery, het miljoene lesers op verskeie manier aangeraak. In sy wese ‘n kinderboek, maar  “Le Petit Prince” of “The little Prince” verwoord die oënskynlik en opvallende gedrag van ons menslike natuur en dwing jou tot introspeksie en verwondering. Tydens een van die prins se gesprekke met ‘n jakkals word die eenvoudige vraag gevra van wie ʼn vriend is?  ʼn Verduideliking volg dat dit nie van belang is wie ʼn persoon se ouers is of wat hy doen nie – albei vrae maklik beantwoordbaar – maar waarvan hy hou. Die vraag is eenvoudig, maar ongewoon persoonlik en gestroop van voorgee.

 

En so sit ek onlangs saam ʼn vriendin onder ‘n ou boom waarin die avokadopere soos groen ballonne hang  en ons besin oor vriendskap. Met sjokoladekoek en koffie as “padkos”, stap ons terug op die pad van amper 20 jaar. Wat bind ons saam vir so lank? Omgee? Gedeelde belange? Dit waarvan ons hou?  Dit waaroor ons droom? Waarvoor ons hoop?

 

“The little Prince” herinner ons dat die lewe ʼn storie is, met karakters en ʼn verhoog. En ek dink dat sommige van die rolspelers verdien om beskryf, bespreek en onthou te word. Terwyl ander vinnig vergeet moet word, asof hulle nooit ʼn rol gespeel het nie.

 

Hoe is dit moontlik dat ons te selde hulde bring aan die wat ons lewe verryk, tot ons lewe toevoeg?  Maar tog spandeer ons soveel energie aan die onthou van hulle wat dit nie werd is nie?

 

Vanaand wil ek my wynglas lig en ʼn heildronk drink op een wie op die mees onverwagse manier waarde tot my lewe kom voeg het. Een wat nie die gemaklike grense van my “ouer” bestaan met die nodige respek geëin het nie en vir wie nee selde ʼn aanvaarbare antwoord is. Want die meisie met die rooi lippe en laggende blou oë, ken geen einde nie. Die tempo waarteen sy leef, ervaar en vertel is soms vreesaanjaend, maar altyd fassinerend. En agter haar humorsin en sorgvrye bestaan, skuil ‘n diepte en insig van ʼn deurleefde ou siel.

 

Elke storie het ʼn begin en so ook ons unieke vriendskap. Die maak van meters vlaggies het ons paaie laat kruis en daarna was geen uitdaging te groot of te klein nie. ʼn Plan, ʼn oplossing was te vinde vir alle probleme. Saam met elke projek en elke koppie espresso – en daar was baie – het ʼn groter begrip en waardering gekom vir een wat nie bang is vir leef, omgee of lief hê nie –  ongeag moontlike teleurstelling en seerkry. Want die lewe is immers daar om geleef te word, ervaar te word en onthou te word. En soos Virginia Woolf eens erken het: “ Jy kan nie goed dink, liefhê en slaap as jy nie lekker geëet het nie.”

 

Die blouoog “bokkie” se hart vir mense is bewonderingswaardig. Nie net gee sy van haar tyd en haar geld vir mense in ʼn plakkerskamp nie, maar sy gee veral vir ons wat nie eers altyd besef ons is ook “behoeftig” aan omgee, waardering of bederf nie. ‘n Bos blomme of kaartjies vir ʼn konsert land maklik in iemand se skoot wat dit meer benodig as sy. ʼn Gegewe perd wat aangegee word om troos of geluk te bring.

 

Haar verwoording van haar alledaagse bestaan, is verfrissend, uniek en soms hartseer, maar tog gevul met humor en altyd eerlik, gestroop van voorgee.  Slim soos die houtjie van die galg, begaafde en pragtig, heg sy waarde aan eerlikheid, opregtheid, integriteit en nederigheid. Sy vind vreugde in die kleine – ʼn paar “gevaarlike” hoë hak skoene, ʼn glas whiskey saam met haar ouma, die tandlose lag van een van haar aanneem kinders. Maar sy stort ook onbeskaamd trane oor onreg, ongelykheid en seer. En sy sien engele raak.

 

 Sy is die soort vriendin wat ek hoop my dogter eendag die geleentheid sal hê om te ken en te waardeer. Die kreatiewe, passievolle vrou wat tot ons almal se lewens kan toevoeg – die goeie, die ongewone, die opwindende, die uitdagende – en wegneem die gekonformeerde, veilige en eentonige. Net omdat sy kan.

 

Want sy kan.

Die nuwe Hakke

November 23, 2012 in Uncategorized

Na ‘n jaar van liefdadigheidswerk en kinders oppas brand ek om weer te begin werk in die wonder wêreld van mode. Ek begin op 9 Janurie by ‘n ontwerper in Parys, VRYSTAAT, en kan nie wag om weer omring te wees met alles wat mooi is nie. Daarom, gister, bel ek vir Karin vriendin en laat weet haar ek kort ‘n paar hemel-hoë hakke voor die dag verby is sodat ek weer in beheer kan voel van my lewe.Tussen my en haar oë vind ek toe ‘n paar en hulle is net lieflik!

Ek trek hulle gisteraand dadelik aan toe ek tuis kom en begin regmaak vir my aand uit saam met vriende. Oral klik-klak ek deur my huis op soek na my grimering, na my rekenaar om die klank harder te stel, na die sitkamer om my pragtige skoene vir my huis-maat te gaan wys. Dis so mooi! Heelaand is ek bewus van die selfvertroue wat my skoene vir my gee. My bene voel assof hul nooit ophou nie, en waneer ek loop het ek ‘n ekstra swaai in my boud. Na die aand trek ek hul liefdevol uit en stal hul op die kombuis stoel uit trwyl ek met my geselsery aangaan. “Dankie skoene! ek is so bly ek het julle ontmoed!”

Vanoggend is ek soos ‘n verliefde meisie wat nie genoeg van ‘n nuut-gevonde liefde kan kry nie. Voor ek by die deur uithardloop werk toe stop ek eers by die stoel, tel my skoene meer versigtig af as wat ek my kinders optel, en gly hulle dan aan my voete. My dag het met ‘n hoogtepunt begin.

Toe kom die moeilikheid. My kinders het speletjies-dag, en anders as gewoonlik is dit nie ok as ek net in die kar vir hul sit en wag nie. Ek moet hul tas in die klas gaan soek, dan terug gaan rugbyveld toe, daarna in die ry gaan staan vir kaartjies, en waneer ek daarmee klaar is langs die rugby veld gaan staan en kyk hoe luds vir 5 minute springkateel spring. My baas bel en vra of ek nie gou Miek se roomyskoek kan gaan optel by Milky Lane nie. Ek hardloop deur die sentrum en vinnig weer terug kar toe want die koek mag nie langer as 25 minute uit ‘n vrieskas wees nie. Daarna is dit weer terug skool toe net om oor die hele skoolgrond te loop opsoek na die 6 kinders wat almal moet saamry. Net sodra jy die laaste een gekry het, het die eerste een besluit om weer af te dwaal.

Nou sit ek hier by die rekenaar. Die skoene uitgeskop en my voete op die bank.

HEERLIK!!

Ek sal maar moet begin oefen, want hierdie skoene is nie vir sissies nie hoor!

Oor dieete en oefening

November 20, 2012 in Uncategorized

Ek het groot geword in ‘n huis waar oefening en gesond lewe uiters belangrik was. My pa het elke jaar die Cape Argus gedoen, die Berg rivier Marathon geroei, en so nou en dan die two oceans gehardloop, en tussen deur gym toe en terug gedraf. My ma se yskas was volgens my vriendinne ‘n plek waar enige droom slaai gebore kon word, en ek het die eerste keer witbrood in ons huis aangetref lank na ek met hoërskool begin het. Het ook jare later eers agter gekom die rede hoekom my ouma se tee so lekker is is omdat dit gewone tee was en nie rooibos nie. Op 13 is ek vir die eerste keer weighless toe en op 18 was ek al op elke dieet moontlik gewees. Ook, my ma het geglo dat twee skool sporte ‘n moet is en nie net vir die sosiale doel eindes nie. Sy het kreatief koue vleis en klein tamatietjies op tande stokkeis gesit en ons oorreed dat dit net so goed soos lekkers is. In haar verdediging, ek is gebore met ‘n moeilike lyfie en ‘n onblusbare liefde vir lekkers.

Daarom, die dag toe ek skool verlaat en koshuis toe trek het daar ‘n nuwe wêreld vir my oop gegaan. Mens kon veby ‘n oop venster RY en dan word daar vir jou kos deur dit aan gegee. Ook, daar was ‘n tower nommer wat jy kon bel en as jy weer sien word jou droom pizza voor die koshuis deur afgelaai. Hoe wonderlik was dit nie. Ook, ek was nie meer wakker gemaak vir gym of swem nie, en hoef eers op te gestaan het ‘n half uur voor klas begin. Ek nuwe woorde geleer soos “Steers”, “Gadsby”en “Garage Pie”, en aktiwiteite beoefen soos “laat slaap”, “op hoë hakke dans” en “klas LOOP”. Onnodig om te sê dat my probleem lyfie het vinnig in ‘n probleem LYF verander. Tog, Vryheid het amper net so lekker soos Neelsie kos gesmaak.

Vyf jaar later, Mei 2012, ontmoed ek te hierdie vriendin met die naam van Karin. Watter ongelooflike mens, en watter wonderlike voorreg om haar in my lewe te hê. Sy is ‘n uiterse begaafde persoon maar ek dink een van haar grootse gawes is die manier hoe sy jou op so ‘n wyse ooreed jy wil iets doen, dat jy later glo dit was jou idee van die begin af. Saam het ons al verskeie projekte intussen aangepak en ek kan nie onthou dat sy werklik een keer geVRA het nie. Dit gebeur net. So kry ek toe toevallig die idee eendag terwyl ek saam met haar is dat ek weer wil begin gesonder lewe. Sy werk vir my ‘n oefen program uit, oorreed my pa om vir my ‘n gym lidmaatskap by haar gym uit te neem, en voor ek weer sien klok ek elke aand 9 uur in vir ‘n uur lange gym-sessie, en tot my verbasing is dit HEERLIK

Dit gaan aan vir ‘n paar maande, my Body Fat Index val met 15 %, en vinnig begin my klere van my lyf afsak. Tot een oggend wat ek fokus verloor terwyl ek  bo-op die perd se rug sit.

Die res is geskiedenis. Ek en my af arm word hospitaal toe gejaag en ek weet dis die einde van die gym vir eers.

Na ‘n paar weke van stil sit is ek in my gips terug gym toe. Ek weet hoe moeilik dit is om in rotine te kom en ek KAN NIE die goeie gewoonte laat gaan nie. Ek en my moeilike lyf het nog ‘n laaaang pad om te gaan. Dit werk toe nie. My arm sweet in my stut en ek gril my dood, en met ‘n halwe linker been (ek het so paar jaar terug by ‘n trap af geval…BAIE tipies) en ‘n af regter arm wil dinge net nie klop nie. Karin praat my aan om eers my arm te laat herstel en dan kan ons weer begin. “Vat dit rustig. ” , sê sy soos altyd, so assof sy weet hoe om die lewe rustig te vat.

Nou is dit November. My amper kind het my laas week ingelig ek lyk swanger en ek weet na 4 maande is die arm lankal heel genoeg. Daarom trek ek vanand my tekkies aan en durf die baie lang 3 km’s gym toe aan. Daar gekom is dit natuurlik die relaunch en die plek wemel van meisies met mooi lyfies. Ek probeer my self deur die skare skuur want sweterige mense wat om my beweeg is een te veel. Ek meet alles wat gemeet moet word en die Tracker Masjien lig my deeglik in dat ek my gat in rat moet kry. HOEKOM het ek myself vir so lank toe gelaat om dit uit te stel???

Dit werk mos so…. Die paar dae voor jy met ‘n dieet begin pak jy kos in want jy weet hongersnood is oppad. Jy berei jouself voor op enige craving wat mag kop uit steek oor die volgende tydperk, en jy verorber alles vir oulaas. Jy neem enige lift of roltrap wat jy kan sien want binnekort weet jy dit is uit. Net vir oulaas…

My “vir oulaas” het vier maande gehou en as gevolg van my lojale ondersteuning kan Debonairs en Mc Donalds elk ‘n nuwe tak oop maak.

So nou is ek in die gym. Ek gooi my handoekie mooi uit, plaas die nodige gewigte netjies langs my matjie, en vat ‘n groot sluk water. Dan begin ek met my strek en maag-spier oefeninge. Ek staan nog lekker met my bouede in die lug en strek oor my bene om aan my tone te raak toe ek ‘n bekende stem agter my hoor. “Party mense laat mos net hul goed so rondlê.” Tussen deur my bene sien ek my nuutse liefde of iets soos dit ,saam met sy squash buddy. In twee sekondes is my hele ego gesquash. Ek weet nie of ek rooi gebloos is en of dit die sit-ups was nie, maar my gesig pas pragtig by my pienk tekkies. Ek weet nie waar om te kyk nie, en probeer hard om dit te laat lyk assof ek nog self vertroue oor het. Verder maak ek maar strek-strek of ek oefen tot hul groet en na die oefen bane verdwyn voor ek weer begin oefen.

40 minute later is ek doodmoeg en ek kan al klaar voel ek is styf. Ek belowe myself plegtig dat Mc Donalds my nooit weer sien nie want hierdie is net TE swaar. In plaas van die oop venster besoek ek toe liewer Kuhai en besluit sumier dit is waar ek van nou af aandete eet. Dit kan nie SO moeilik wees nie. Daar was ‘n stadium in my lewe wat ek bruin brood geeet het en sport geniet het. Waarom kan ek dit nie weer doen nie? My ouers is oor so baie dinge reg wat ek eers later uitgevind het. Dalk het hulle ook die regte idee gehad oor gesond lewe.

Wat my ma my geleer het.

November 20, 2012 in Uncategorized

Ek en my gunsteling 2-jarige kuier vanoggend by my ma, en die se ouma in Stellenbosch. My ma het ‘n tyd gelede vr haar hier ‘n koffie winkel gekoop waar sy nou besig is. Teen die koffie winkel se badkamer muur het my ma al haar wyshede neer geskryf. Sy was seker onder die indruk dat haar kennis op haar eie kinders soortvan gewerk het en dit nou haar plig is om dit met die res van die wêreld te deel. Make no mistake, my ma IS die wyste vrou wat ek ken, behalwe dalk vir my ouma en my suster. Een van die sê goed wat my dadelik tref is : “Be SO happy, that when other people see you, they become happy too. ”

Is dit nie LIEFLIK nie?

Ek en my ma gesels toe daaroor . Nie net is geluk aantreklik soos wat ek nou die dag gemeld het nie: dit is ook aansteeklik. Gelukkige mense trek ander mense aan omdat ander mense ook in geluk wil deel.

Kyk, ek sê nou nie mens mag nooit moan nie, en dat mens moet voorgee om gelukig te wees nie, maar streef na geluk! “Happiness is always an inside job” staan ook op my ma se muur geskryf. Natuurlik mag mens vriende kwel met harts-kwessies, maar laat dit agter en beweeg aan. “Cry and you cry alone, but laugh and the whole world laughs with you”

Ek hoef nie te sê waar ek dit geleer het nie…

So dan kom ek en my ma by die volgende vraag: Hoe vind mens geluk?

Die andwoord kom sonder veel dink werk. Wees dankbaar. Wees Dankbaar vir elke klein seenintjie in jou lewe en wees op die uitkyk vir wonderwerke in jou allerdaagse lewe soos ‘n lopende krraan of ‘n voeltjie wat sing.

“Moenie op kyk vir ‘n wonderwerk nie, kyk om jou.”

My ma het dit nie vandag vir my gesê nie, maar ek sal altyd vashou aan die volgende les wat sy my geleer het en ek wens sy wil DIT op haar muur gaan skryf sodat die res van die wêreld dit ook kan weet: “waneer jy ‘n lys gaan maak van alles wat jy het in jou lewe langs ‘n lys van alles wat jy tekort kom, sal die eerste lys altyd langer wees. ” ook: “waneer jy dink jou lewe is aaklig en niks erger kan met jou gebeur nie, gaan staan stil en jy sal aan ten minste 10 000 mense kan dink wat slegter af is as jy. ”

 

As ‘n mens net eers besef hoe gelukkig jy is, hoe kan jy dan NIE gelukkig lewe nie?

sommer net

November 15, 2012 in Uncategorized

daaar is geen letters

of woorde

wat saam kan knoop

om te beskryf hoe my maag knoop

as ek jou sien nie

‘n Engel in Engen

November 13, 2012 in Uncategorized

Gisteraand Donderweer dit toe so in die Noordelike voorstede ek is skoon bang. (Ons kapenaars ken mos nie die klank van kwaai gode nie.) Ek werk laat en altwee my amper-kinders is op my skoot terwyl die honde tjankend soos haaie om my stoel kring. Ek sing vir hulle die volkslied om hulle te kalmeer want ek kan op daardie stadium aan geen ander lied dink nie.Hoekom moet jy my nie vra nie…

 

Luds wil hê ek moet vir hom met sy rekenaar speletjie help en Miek verg aandag by haar Aardrykskunde want dit is al weer tyd vir eksamen. Verder probeer ek my verblyfs-relings uitsorteer via sms Vystaat toe al singende aan die Afrika seen gebed. Toe my baas hul uiteindelik tuis kom is ek verlig om te kan huis toe gaan. Dit is al laterig en ek wil nog by my ouma ook stop. Ek het juis nou die dag by haar in trane gesit en herken ek is bang sy gaan dood terwyl ek weg is. Sy het saam gehuil en toe het ons gelag. Haar suster het net haar kop vir ons geskud op die selfde wyse wat my suster haar kop skud soos sy hierdie lees.. (ja…ek is bewus dit is hopeloos dramaties en sommer sissie-rig, maar steeds.)

 

Ek hardloop uit in die reen na waar my kar parkeer is in die staat en spring vinnig in.  Dan reverse ek soos ek nog elke dag die jaar reverse het om ‘n drie punt draai te maak oppad huis toe. Die enigste verskil is dat dat daar blykbaar vanaand ‘n bakkie agte rmy geparkeer is waarvan ek ni egeweet het nie.

 

 Ek vloek toe kar se gat die bakkie se tow bar tref. Ek ry efens voorentoe, klim uit om te kyk, en gaan parkeer dan voor die mense se huis by wie die bakkie staan. Dan gaan kyk ek weer. Oppad na hul voordeur hoor ek ‘n stem deur die venster.  “moenie dink jy kan net weg ry nie.” Ek wil nog mooi verduidelik dat ek juis oppad was na hul voordeur om die saak by hul te kom aanmeld maar ek kry nie kans nie. Die buffel skree net dat hy hoop ek het versekering, en die die ander renoster meld hy weet van ‘n goeie pannel beater in Parrow waar hy maar more ‘n quote sal gaan kry.

 

Sy bakkie makeer niks. Ander as my arme gat.

 

Ek bars natuurlik in trane uit en my oë reen meer as die donder wolke in die naglug. Ek het die vermoe om myself ongelooflik jammer te kry, en na ‘n lang dag met kinkels in my planne is dit net soveel makliker. Die buffel en renoster steur hul min aan my. “ok…ek sal more in die daglig weer kyk en dan kan ons verder ‘n plan maak.”  Sonder om te kyk wat van my in nag-strate raak, verdwyn hul weer by die huis in. Blerrie ongeskik.

 

Oppad na my ouma sanik ek nou aleen in my kar. Sy troos my vir ‘n paar minute na ek daar aankom maar nou is ek nie eers meer lus vir kuier nie, so ek klim terug in my kar met sy stukende gat. Al wat nou gaan help is sjokelade, besluit ek en trek af by die Jip De Jager engen. Hier ken die Quik Shop dames my al en groet vriendelik. Ek knik net met my kop wat hang en soek my weg na die melkerige hemel van die sjokelade-rak. By die betaalpunt vra Grace my wat dan nou fout is. “ag, lang dag en ek het nounet my kar gestamp”, kla ek. Ek vertel sommer vir haar die hele storie van die ongeskikte diere en die trek probleme want dat ek binnekort gaan weet sy ook al. Ek het blykbaar die irreterende gewoonte om alle vreemdelinge in vertrouelinge te verander binne die eerste vyf minute van oog kontak. Dit furstreer mense wat saam met my winkels toe gaan vreeslik, maar terug by my storie.

 

Grace kom uit agter die toonbank en gee my ‘n druk. “darling, môre skyn die son weer en dan is alles sommer beter.

 

Ek is so geseen met wonderlike oumas, familie, en vriende wat ek weet graag wil troos, maar daar is iets ekstra spesiaal aan ‘nb vreemdeling wat met hul hart na jou uitreik. Mag ek ook daardie vreemdeling wees!

Greenpark

November 12, 2012 in Uncategorized

Ek sit so paar dae terug in die plakkerskamp waar ek werk en my hart wil breek. Oor ‘n paar weke moet ek di ekaap agterlaat en sk en pak vrystaat toe trek. Ek het dit self gekies, maar my hart is steeds seer. Hier is baie dinge in die Kaap wat ek gaan mis, maar hierdie stof paaie tussen die blik-huisies gaan verseker een van die moeilikste plekke wees om te groet. dit is al meer as 5 jaar vandat ek hier begin betrokke raak het en vir die van julle wat my ken weet ek maak moeilik ‘n commitment wat solank hou.

Hier ek ek ‘n plek gevind waar ek my hardseer kon kom weg werk en weer kon kom onthou waarom ek noooit kan ophou dankbaar wees nie. Hier het ek nederig gebly, vriende gemaak, en lewens aanskou wat gemaak het dat ek die lewe nooit weer dieslefde sal sien nie. Soms was dit regtig moeilik, is nog steeds, maar daar is soveel goed wat hier uit gekom het dat ek dit more weer sal deurmaak. Hier het ek regtig groot geword.

Alhoewel ek myslef belowe het dat ek nooit my Blog sal gebruik vir die Plakkerskamp nie, sit ek nou vandag hier en gaan die volgende pos. Dit is ‘n brief wat ek uit gestuur het vir mense wat my gereeld help met my projekte hier, en ek vra dat as iemand dit dalk sou oorweeg om betrokke te raak, kontak my asb. almal se klein bydraes maak op die einde dat ‘n projek werk, en daarom vra ek uit die diepte van my hart almal se hulp. veral dan omdat ek ook totsiens sê vir my harts-huis met hierdie projek.  Hoop ek hoor van jou, Groete, Sonnet

 

Hey daar almal vir wie ek so gereeld met Greenprk se stories pla.
 
Die jaar staan einde se kant toe en ek wil hierdie jaar graag weer partydjie hou vir Greenpark se inwoners. Hierdie is my laaste Geerpark projek voor ek weg trek so dit is ook my afskeid van ‘n plek wat oor die jare vir my ‘n tuiste geword het. Daarom wil ek jou graag vra om vir oulaas jul harte oop te maak vir die mense van die arm gemeenskap.
 
Ek en Tannie Elsabe beoog twee partydjies. Een vir ons kleuterskool, en een vir die Bejaardes van Greenpark.
 
Vir die kleuterskool partydjie benodig ek 35 lekkergoed pakkies, en 35 geskenke. As jy sou belangstel om hiermee te help, laat weet my asb. Dan kan of vir jou vra om vir my 35 van ‘n spesifieke lekker te skenk soos koeldrank sakkies, tjippies, loslekkers, of so voorts. Ek kan ook ‘n kind aan jou toeken waarvoor jy dan ‘n geskenk pakkie sal kan opmaak. As jy hulp nodig het met wat om vir ‘n kind te koop, en het natuurlik baie voorstelle.
 
Vir die tweede partydjie vir die bejaardes beoog ons om 40 inwoners wat al aan die verkeerde kant van 65 is met ‘n bus blouberg strand toe te neem. Hier gaan ons vir hulle middag ete braai en vir hul elk ‘n kos pakkie gee. so ‘n pakkie bestaan uit die volgende items:
 
1 x pakkie stamp mielies
1 x pakkie sop bone
1 x klein pakkie rys
1 x klein blikkie koffie
1 x pakkie tee
1 x klein pakkie suiker
melkpoeier
1 x blikkie boeliebief
1 x sardiens in tamatiesous
1 x klein botteltjie kookolie
1 x pakkie sout
1 pakkie soya mince
24 x beef blokkies
1 x klein pakkie mielie meel
5 x pakkies pers gis
1 x 500g koekmeel
1 x blikkie baked beans
1 x blikkie konfyt
 
As jy bereid sal wees om hiermee te help, laat weet my asb. Ons verkies dat ‘n skenker liewers een item uit koop liewer as om ‘n pakkie op te maak. So verseker ons dat elkeen se pakkie dan die slefde lyk.
 
Dan wil ek ook graag vir elkeen wat so gereeld gehelp het hierdie jaar verskriklik baie dankie sê. Dit was ‘n besonderse moeilike jaar in Greenpark, maar met almal se hulp kon ons ook ‘n verskil maak daar. Julle vriendskap met die gemeenskap word opreg waardeer en die uitnodiging vir ‘n kuier in Greenpark staan steeds.
 
Hoop dit gaan goed, en dat ek gou van julle sal hoor. BAIE DANKIE SOLANK!!
 
Liefde, Sonnet”

Oor Kinders

November 8, 2012 in Uncategorized

(Eerstens, dankie vir almal se boodskappe en komentare van gister. Meeste van die tyd waneer die dinge van die lewe begin druk, kies ek om terug te druk, maar ander kere is ek net te gatvol en gaan lê dan en deurdrenk myself in trane en my hardseer. Gelukkig staan mens dan weer makliker op die volgende oggend weer met nuwe krag, en so was dit toe ook. )

Ek het hierdie week weer baie gedink oor wat dit is wat ek uit die lewe wil hê. Ek is as ‘n goeie afrikaase meisie groot gemaak en daarom is ek maak glo dat die lewe eers perfek kan wees as jy ‘n goeie man het met ‘n paar kinders wat sou volg. Tog, is dit regtig wat EK wil hê? Ja. Ek wil graag my lewe met iemand deel maar ek het fantastiese vriende wat hul self baie goed van die taak as oog getuies van my lewe kwyt. Ek dink ek sal graag wil trou maar tog net nie omdat trou trou is nie. Ek sal moet BAIE seker wees. Veral met my reputasie van comitment- murderer. Oor kinder wonder ek net so baie. Kyk, ek is onsaglik lief vir die tonne kinders in my lewe, maar ek kan hul almal weer terug gee. Wil ek regtig myself vir die res van die van my lewe bind om ‘n kind lief te hê en by te staan deur alles. Ek was ‘n moeilike tiener, vra maar my ma. Gaan ek regtig die kans vat en dalk self met klein monstertjies sit? Ek kan skaars na myself omsien. hoe neem ‘n mens ‘n ander se lewe op totaal in jou eie hande? dis verskriklik. Ook natuurlik haal die goedjies ook nie verniet asem nie. Ek sal maar moet sien.

Dinsdag bel ‘n soortvan vriendin my om te hoor of ek kan help waarneem by hul kleuterskool vir Donderdag en vrydag. Ek was al voorheen hier en het dit vreeslik geniet. Daarom stem ek dadelik in. Vanoggend staan ek toe vroeg op, kies vir my ‘n mooi rok uit, en verf my lippe bloed rooi. Dan klim ek in my kar om die dag in Monta-vista te gaan aanpak. Hier word ek natuurlik vinnig verwelkom. Watter wondelrlike vermoë het kinders darm nie om onvoorwaardelik lief te hê nie? Net waneer jy die aakligste aand gehad het, weet God dat ‘n arm vol kinder dit die volgende oggend sal kan genees.

Die kinders is natuurlik vreeslik nuskierig oor “teacher Sonnte” wat terug is en oor die nuwe sny op my arm. “teacher, theacher, why did they cut your arm to get the new baby out?” Ek wil myself vrek lag. Iemand se ma het blykbaar onlangs vir ‘n keiser gegaan. “teacher, teacher. Why ar eyou wearing make-up? nobody at our school is alowed to wear mak-up” Ek vra hartlik onverskoning maar hoor dan.” Its ok teacher, because you look realy pretty.” hoe kan my hart a nou nie smelt nie.  Vir ‘n ander een is ek blykbaar so vreemd soos ‘n ruimtewesen want die wil graag weet “do you eat food Teacher?”

Die res van die dag verloop net so interessant te en pouse sukkel ek om nog my pose te hou. ‘n Chinese seuntjie probeer baie hard vir teacher Lois sy koekkie te gee, maar sy moedig hom aan om dit liewer self te eet. Twee minute later is hy terug met die koekie in sy mond en huil verskriklik. HY WIL REGTIG NIE SY KOEKKIE HE NIE! mag hy dit asb weggooi.?” op ‘n stadium sit een dogtertjie se hare vas aan ‘n ander een se broek, en ‘n paar meter verder is een besig om hard en duidelik vir my te skree dat hy aan hulle swembad se bodem kan raak. Ek word elke 5 minute gevra of ek kan ky hoe een op die balans balk loop , en net sodra die een kind my verlaat het kom die volgende een met hul drukkie. Ek belowe jou, die dag as jy ongelief voel, besoek net ‘n kleuterskkool.

Na pouse word daar skool konsert geoefen. Van die kinder is gek hierna maar jy kan ook duidelik sien van hulle is niks lus vir hierdie stront nie.  Snaaks hoe persoonlikehede al so vroeg sigbaar is. Seker kinders is die wat elke keer van vooraf indruk, en HULLE weet watter kinders is die wat dit net sal toe laat en wie die is met wie hulle nie sulke dinge moet probeer nie. Van hulle probeer regtig hard om die dans passies te kan doen, en ander is net gebore met ritme en sing sommer saam met die souyn track. Ek weet ek was een van daai kinders wat nie ‘n clue gehad het nie, maar geglo het ek is die beste. Ek hoop van harte van hierdie kinders se ouers koop die DVD sodat waneer die kids 18 is, hulle hul-self dood kan skaam vir hoe ernstig hierdie vir hul was.

Teen huis toe gaan tyd dink ek weer oor watter rol ek graag wil hê kinders moet in my lewe speel. Hulle het verseker die regte idee van die lewe, met al hul drukkies, liefde, en eerlikheid. As hulle ‘n storie het om te vertel vertel hulle hom, tenspyte van die feit dat jy nie noodwendig wil hoor nie. As hul wil hê jy moet kyk hoe hulle die sand in die lug gaan opgooi, kom vra hulle jou om te kyk sonder om om te gee of jy dalk mag nee sê. Hulle klim op jou skoot, en druk jou, en vertel dit wat hulle graag gehoor wil hê want dit is hulle behoefte. So ‘n jammerte ons maak kinders groot…

Ek weet steeds op watter manier kinders gaan deel wees van my lewe nie, maar ek glo daar is nog baie tyd om te besluit. Die belangrike ding vir my tans is dat hulle wel daar is, sodat ek by hulle kan leer. Wat ‘n wonderlikke voorreg is dit nie om sulke pragtige klein lewentjies in jou teenwoordigheid te hê nie?

Kan iemand asseblief verduidelik???

November 7, 2012 in Uncategorized

Ek lê op gekrul op my sitkamer bank en huil. Ek verstaan die wêreld waarin ons leef nie. Het vandag die nuus gekry dat een van my skool vriendinne ernstig siek is. Sy is 24. My lyf voel leeg, my vingers dood, en my mond droog.

Kan iemand asb vir my verduidelik hoe mens onderstel is om positief te voel in ‘n plek waar kinders verkrag word, waar oorlog nooit ophou nie, daar mense is wat regtig DOODGAAN omdat hulle niks het om te eet nie? Het jy al ooit gedink hoe dit moet wees om dood te gaan van honger??

Hoe lewe mens in ‘n wêreld waar sulke dinge so allerdaags is dat dit jou nie meer ontstel nie. Hoe gaan mens aan met ‘n 9 – 5 job, en kla oor klein goetertjies soos of die bergie alweer jou drom om gegooi het. Hoe is dit ok om nie elke sekonde van die dag dankbaar te wees dat jy nie die bergie is nie.

Hoe glo jy dat alles ‘n doel het as ons almal net gebore word om te sterf? Hoe bly ‘n mens positief? Hoe slaap ‘n mens sonder nagmerries as jy van al hierdie goed weet, as jy al hierdie goed lees, en as jy al hierdie goed SIEN gebeur om jou ? Hoe kan ek NIE skuldig voel dat ek gelukkig is as ek weet ander mense se lewens val uit mekaar nie?

Hoe kry mens dit reg om te ontspan voor die televisie, om te lag vir grappies, en om iemand lief te hê assof môre nie daar sal wees nie terwyl daar ander mense is wat bang en alleen wakker lê en wonder of hul môre wel sal kom…

Baie ander lied in my hart as gister.

watter lied sing jou kokkewiet?

November 6, 2012 in Uncategorized

Sondag middag gaan eet ek, my suster, en haar ander helfde by my ouma in die eetsaal by haar aftree oord, en soos gewoonlik kry ek kans om te observeer. Die tannies is mooi netjies aan getrek vir die ete en lyk amper soos kersfees bome met al hul juwele wat hulle ten toon stel. My ouma wys een spesifieke dame uit wat altyd pragtig lyk en waarlik, sy staan uit.

Oppad terug in die kar bring my suster weer die dame op in die gesprek. “Wat is dit wat haar so merkwaardig maak?” wonder sy teenoor ons. “sy is nie onaantreklik nie, maar sy is oud. Haar hare is nie spesiaal gedoen nie, maar is versorg, en haar klere is mooi, maar allerdaags.” Ek en Hannie stem saam en dink daaroor na waneer my suster dan haar opinie lig. (As jy vir Cecilia ken, dan sou jy kon weet dat haar opinie binnekort SOU volg.)” Daardie dame was gelukkig. Tussen al daardie bejaardes het sy uitgestaan want mens kon sien sy is gelukkig met haarself. ” 

 

Ongelooflik waar.

 

So stap ek vandag deur die pakeer area by Tygervalei oppad winkel toe. Dit is ‘n lieflike sonskyn dag, en in my hart sing ‘n kokewiet ‘n happy lied. Ek kom agter hoe mense se kyke my volg en is ‘n bietjie  oorbluf.  Ouens wat agter die stuur sit van lorries wat besig is om laadings af te lewer. Mans wat in die deur staan en op hul selfone skree. Die dame wat by ‘n mug en bean tafeltjie sit en mense kyk. Selfs die verkoops assistent vanuit vodacom kyk op en glimlag in my rigtining.  Ek trek effens aan my rok, dink mooi oor watter grimering ek aanhet, en besef dan skielik dit is tien teen een die kokewiet se lied wat hulle hoor. Gelukkige mense trek ander mense aan. Selfde met die dametjie by die geel M wat vir my my middag ete oorhandig het. Ek het nogals gedink. ” wat ‘n mooi mens” maar het later besef, “watter mooi glimlag”