Jy blaai in die argief vir 2012 Oktober.

Oor liefde, lerieke en skaatsplanke

Oktober 31, 2012 in Uncategorized

Ek is oppad terug van die strand met my gunsteling 2-jarige dogtertjie. Uitgeput het sy aan die slaap geraak terwyl die radio my nou geselskap hou. Meeste van die tyd is my kop so besig soos ‘n chrece in Parrow, maar vandag kry ek kans om so bietjie na die musiek te luister terwyl my brein heel ontspane in my kop lê en rus. Ek let op hoe meeste van die liedjies almal oor een tema handel: LIEFDE. Een sing tranerig oor ‘n liefde wat haar verlaat het en die volgende liedjie handel oor ware liefde wat net in drome bestaan. ‘n Sekere popster vertel hoe hy die liefde van sy lewe ontmoed het  en dat niks ooit weer die selfde gaan wees nie.  Daar is ‘n liedjie oor verlore liefde, een oor liefde wat n (gesensorde woord) is. ‘n Liedjie oor ‘n meisie met ‘n gebroke hart, en een oor  ‘n kêrel wat titel as die beste “lover” ooit eis.

Die van julle wat gereeld hier kuier sal weet dat my liefdes lewe gewoonlik iewat van ‘n gemors is. Ek kan nooit besluit oor of ek regtig in ‘n kêrel belang stel nie, en waneer ek wel doen kan hy nie besluit nie. Ek het al op verskeie afsprake gegaan, verskeie kere my hart gebreek, en verskeie kere belowe ek sal van nou af enkel- aleen bly. Tog…ek is net klaar gehuil oor die een mislukte pogin voor die volgende kêrel met ‘n mooi glimlag op die prentjie verskyn en my hart van vooraf ongemaklik in my bors begin bons.

Dus het dit weer onlangs gebeur dat ek myself onverwags vang glimlag as ‘n sekere persoon in borrel in my brein rondsweef. Hoekom ek so verbaas was weet ek nie, want ek ken mos myself, maar tog, verras was ek wel. Hulle sê dat mens nie noodwendig dom is waneer jy jou kop twee keer stamp nie, maar dat jy dom is as jy nuwe resultate verwag. Daarom, ten spyte dat ek wil glo, “miskien werk dit hierdie keer”, begin ek myself, glimlag om die mond voorberei om my hart styf vas te hou. My brein vertel my: “moet nie te betrokke raak nie Sonnet, hou maar jou afstand, en hou jou drome maar vir jouself.” My hart aan die ander kant probeer my wys maak: “As jy nie probeer nie sal jy nooit weet nie Sonnet. Dalk hierdie keer…geniet dit net, induldge in verlief raak, en hanteer die probleem waneer hy later kom” “Jy weet die probleem SAL kom Sonnet. 8 weke onthou.”

My blerrie kop tog! Kan hy nie maar vir ‘n slag ophou dink, en my hart net ‘n slag laat wees nie? En my simpel hart. kan sy nie net ‘n slag logies dink, normaal klop, en aanvaar dat minimalistiese aktiwiteite haar uiteindelik weer heel sal kry nie? Sonder krakies en onthou’e. Wil sy nie net vir ‘n slag al haar ou wonde laat toe groei voor sy weer met die skaatsplank teen die heuwel af ry nie?? “NEE, ons lewe net een keer. As jy net bo aan die bult bly staan sal jy nooit die wind deur jou hare voel nie. Om terug te klim tot bo is die moeite werd”.

Soms voel dit of ek besig is mal te raak. Ek kyk om my en sien ander mense in funksionele verhoudings wat al jare aangaan. Ek wens ek kon my ouers blameer maar hul huwelik is soos iets uit ‘n sprokies boek. Is ek die enigste mens wat vir altyd gaan sukkel om lief te hê, en terug lief gehê te word? Dan skakel ek gelukkig die radio aan. Elke liedjie handel oor een of ander gevolg van die liefde wat ek al soveel keer ervaar het. Daar is nog mense wat een oggend opstaan en besef dit wat hul gister gevoel het is nie meer wat hulle vandag dink nie. Daar is nog mense wie se geliefdes net verdwyn het sonder rede. Daar is nog mense wat op wolke rondsweer en iemand se gisig in elke mootlike scene van die dag sien, nog mense wat verlang, nog mense wat nie met ‘n gebroke hart kan slaap nie, en nog mense wat wonder of hul ooit weer iemand so spesiaal sal ontmoed.

Daarom kies ek om my hart en kop so bietjie te troos. Hart, geniet jouself, en brein, jy mag maar sê jy het ons gewaarsku. Ja. my hart sal moontlik weer een van die dae in stukkies in die kaap agter bly, maar dis ok dommie, jy weet mos watter resultaat om te verwag…Dit is die moeite werd om die bult tot bo uit te klim, net solank jy weer die wind deur jou hare sal voel.

Nuwe geleenthede

Oktober 30, 2012 in Uncategorized

My goeie vriendin, Karin, nooi my toe Sondag om saam met haar en haar gesin te gaan leeukop klim en te kyk hoe die volmaan oor die stad opkom. Ek wik en weeg, kanseleer verskeie kere, maar op nommer 99 trek ek toe wel my tekkies aan. Die son gaan net onder en die stad se liggies begin blink en ek kyk uit oor my geliefde stad. “wat op aarde gaan ek in Parys maak Karin?” wonder ek hardop teenoor my vriendin. Sy kyk net vir my en glimlag. Sy weet ek gaan swaar kry.

Oor agt weke van nou moet ek my tasse pak en die lang pad aandurf. Ek het nog nie eers begin om my huis op te pak of enige iemand te groet nie, en ek weet nie waneer en hoe ek gaan begin nie. Ek ry vanoggend met my Isa stad toe om die eedhorinkies te gaan voer in die kompanje tuine. Saam met die Kaapse wind waai herhinderinge deur my hare en ek begin terug dink aan al my goeie tye in hierdie lieflike groen stad. Waarvoor het ek myself ingelaat.

Daar is 8 weke oor. 8 weke om te pak en afskeid te neem. 8 weke oor om elke moontlike oomblik ‘n goeie een te maak, en 8 weke om totsiens te sê vir alles hier wat ek so lief het. Hoe gaan ek my berg groet? Die See? Mc D’s? Hoe gaan ek totsiens sê vir my ouma of my soortvan kinders. Hoe gaan ek dit regkry om die laaste keer by my plakkerskamp uit te ry en te weet ek los my kinders daar aan hul eie genade oor. Hoe gaan ek my ma en pa, my broers en susters, my vriende en al my verlore liefdes groet.? ek wens die wind wil vir my andwoorde bring.

Tog, ek weet ek moet uitsien na ‘n nuwe begin. ‘n Leë bladsy gevul met nuwe geleenthede, nuwe vriende en geliefdes om te leer ken, en nuwe ervaringe wat op my wag. Ek moet uitsien na die kans om met myself versoen te word en dinge te probeer wat ek nog nooit voorheen gewaag het nie.

Andree’ bel my gisteraand en sien uit dat ek moet kom. “Ek sien net so baie uit”, oortuig ek haar, En besluit dan doelbewus om myself te glo.

Ses jaar later

Oktober 27, 2012 in Uncategorized

Ek raak wakker, natgesweet, en kyk op my horlosie.  03:00. Deur my kop flits my droom en ek sien weer hoe die pa sy dogtertjie slaan. Ek hoor haar gille en ek skree maar hy hou nie op nie. Eers toe ek dreig om die polisie te bel laat val hy die wapen, gluur my aan en maak ‘n dreigiment. Die dogtertjie hardloop huilend weg.

As dit maar net in my droom was. As dit maar net ‘n verbeeldings greep kon wees, maar dit is nie. Dit is die selfde prentjie wat homself ‘n paar dae gelede voor my afgespeel het toe ek besig was om kwaste uit te speol buite die speelskool in die plakkerskamp.

Ek staan op, soek my sigarette en gaan blaas rook uit op my stoep terwyl die sterre heel onskuldig vir my glimlag. Ek verwens hul dat hul so ver en onaangeraak is en dat hul niks doen om  hierdie samelewing reg te ruk nie. Hulle bly net daar bo in die lug en kyk hoe onskuldige kinders se lewe verwoes word deur onverantwoordelike grootmense.

 

Ek het ook niks gedoen om die dogtertjie te help nie.

 

Terug in die huis tref ek my huismaat se kat op die sitkamer bank aan. Ek tel hom op en neem hom saam terug kamer toe. Ek het het onbeskryflike behoefte aan ‘n hart wat langs my klop dat ek nie eers omgee date k allergies is nie. Ek is opgekrul terug in my bed en vryf die kat assof hy my liefde na die dogtertjie sa gelei. My neus loop en my oë traan, en dan kom ek agter dis lankal nie meer van die allergië nie. Ek huil. Die kat spring van die bed af en ek is weer allen, baie bewus van die tekort aan troos.

Ek wens ek kon weer agtien wees. Ek wens ek het nooit betrokke geraak in ‘n wêreld soveel meer wreed as die een waarin ek groot geword het nie. Waar is die jong meisie wat nog ses jaar terug geen idée gehad het wat haar drome was nie?

Gisteraand kuier ‘n vriend by my wat ek ontmoed het ‘n paar dae na ek vir die laaste keer by die skool uitgestap het. Hy was toe 30 en ek skaars 18. Vir hom  ‘n herhindering aan jeugtigheid en ‘n simbool van onskuld. Ses jaar later en in sy oê hoop ek is ek steeds die naïewe meisietjie wat op die strand rond dans terwyl haar serp in die wind rondwapper. Ek wens so dit was die waarheid.

“Jyt groot geword” sê hy.

“Ek het” sê ek. “eks nou ‘n regte grootmens” en ek glimlag.

“Jy is.”

Sy woorde brand my.

Contentness

Oktober 23, 2012 in Uncategorized

Ek harloop my hele (ek weet kort) lewe al weg van myself. Vir een of ander dom rede soek ek altyd iets om mee besig te bly of iemand om aan te trek of te voer. Enige iets net sodat ek nie met myself opgeskeep sit nie. Ek het vriende en sorg dat ek selde tuis is, en dat ek dood moeg is waneer ek wel tuis kom sodat ek net op my bed kan neerval en kan vergeet dat dit net ek saammet myself is.

Toe nou die aand sit ek en kuier by ‘n vriend van my. Ons gesels oor die invloed wat mense op jou het en ek hou vol ek word nie meer so maklik daardeur saam gesleep nie. : “tog, ek dink het ‘n invloed op jou. Ek het al agter gekom jy is baie meer rustig as ons saam kuier. Jy is meer content.” Ek skrik myself amper van my stoel af, begin amper in trane uitbars van skok. (hoekom my lip alewig begin bewe as ek oorweldig is weet ek nie) en besef toe dis die waarheid. Vir die eerste keer in my lewe kan ek sonder twyfel sê ek sit stil. Ek hardloop nie. Ek kan net wees.

En dis toe nie so skrikwekkend soos wat ek sou dink nie. Hier het ek ‘n plek in ‘n ander mens gevind waar ek net kan wees. Gelukkig kan wees. Tevrede kan wees. Rustig kan wees. Net myself kan wees. Content kan wees… Hoe wonderlik is dit nie?

Is this it?

Oktober 21, 2012 in Uncategorized

So dit lyk my die nuwe blogs is op? Voel amper of ons village aan geval is en almal opsoek is na hul verlore familie! hoop darm om al my ou letter vriende gou-gou op te spoor. Mag dinge van hier af net makliker gaan. Voel heel onrustig soos ‘n hoender-hen wat haar kuikens soek.

Vandag gaan ‘n wonderlike dag wees

Oktober 18, 2012 in Uncategorized

Gister oggend staan ek op met die gedagte dat vandag wonderlik gaan wees. Hoekom dan nou nie. As mens ‘n sukelende gemoed het, en ‘n brein het wat soms ophou happy hormones produce, dan leer jy met jare hoe om jou eie brein te fnuik. So weereens. Gister oggend staan ek op en besluit dit gaan ‘n wonderlikke dag wees.

Agter in my kop fluister iemand saggies of ek nie maar eerder terug in die bed wil klim en nog ‘n bietjie slaap nie. NEE. vandag gaan ‘n WONDERLIKE dag wees. Erens anders hoor ek: “wat se purpose forfill jy nou eindelik. Niemand sal agterkom as jy vo0or die rekenaar gaan lê en storie kyk nie.” NEE! VANDAG gaan ‘n wondelike dag wees en vir IEMAND sal jy erens ‘n verskil maak. Dis rede genoeg om aante trek en op te staan.

Net na nege tel ek my broer hul se 2 – jarige op om haar op ‘n uitstappie te neem. Sy was laas week siek en is nou weer amper op die gesonde pad. Ek wonder waarheen ons sal gaan en mik blouberg strand toe. Net sodat ek vir haar so vinnig die see kan wys omdat ek weet enige kind voel gelukkig as daar ‘n vars see luggie in die ronde is.

Voor ons uitklim wonder ek wat ek met my handsakkie gaan maak. Ek het onlangs hopeloos te veel met misdaad te doen gehad om dit in die kar te los, en besluit om dit maar oor my skouer te gooi en saam te neem. Ek en Isa trippel af water toe en haar gesigie is die ene lekker kry. Ek vat haar tot by die water dat haar toontjies net net die water raak. Dan kom daar skielik ‘n groot brander. Eers val sy plat op haar boude, en dan om op haar rug, en al wat ek kan dink is dat daar nog ‘n brandertjie oppad is. Ek buk af, gryp die kind uit die water en hardloop so vinnig ek kan terug kar toe. Wie nou wat sien gee ek nie om nie. Ek is bewus dat my handsak ook vinnig in die water was maar dis later se probleem. Laat ek net die kind uit die nat klere kry.

By die kar trek ek vinnig isa se klere uit en maak haar droog. dan draai ek haar in van my klere toe, druk haar in die kar seat, en gooi ‘n kombersie oor haar. Nou moet ons by die huis kom. Ek gooi my handsak inhoud uit. My selfoon wil nie aan nie, en sy skerm is net wit.  Daar is nie nou tyd vir huil nie. Later se probleem.

Om alles te kroon raak ek verstrengel in blouberg se padwerke, en voor ek my self kon kry is ek in die nuwe “my city bus” se baan. Jip, die een wat met ‘n hele sypaadjie van die res van die voertuie geskei word. By die robot vra ek mooi vir die vrou aan my linkerkant of ek voor haar kan inbeweeg om die normale motoriste te join. Sy kyk my nors aan k kyk weg.  Ek druk any way voor haar in.

My dag verloop nie beter soos dit vorder nie en ek wonder vir wat ek myself altyd probeer ooreed dat die lewe eintlik great is as die heelal dit obviously nie vir my beplan het nie. Ek dink aan al die mooi lesse wat my ma vir my geleer het oor dankbaarheid, en oor hoe om positief te bly maar dit alles klink skielik soos ‘n klomp nonsens. Ek moet by my ouma gaan R100 leen want my laaste geld is op. twee ure later en ek het geen idee waar ek dit ingeprop het nie. Ek begin weer vir myself afvrae of ek nie dalk meer sal spaar as ek net wel die geld uitgee om my ritalin te koop nie, maar vergeet ‘n paar sekondes later om daaroor te besin.

My kop bly besig en ek dink aan my ouma wat siek in die bed lê en wie na haar gaan kyk as ek trek. Ek dink aan my siek huismaat wat ek nie weet HOE om te help nie. Ek wonder of my plakkers kinders vanmidag ete gekry het. Ek probeer ‘n plan uitwerk om geld in die hande te kry vir werk toe ry môre en wat op aarde ek vanaand gaan eet. Ek wil so graag huil maar my amperkinders is by my so ek sluk maar die trane af. Nog iemand vloek my uit in die verkeer.

Dan, waneer ek uiteindelik aleen voor mieke se dans klas sit en net wil begin huil oor my kar se aircon alweer nie werk nie, kyk ek by my venster uit. By die muurtjie sit ‘n blanke seuntjie wat ek seker so 8 skat en gesels met die swart sekuriteitsman wat al ver oor sy 50 moet wees. Skielik vergeet ek van my dag en alles wat sleg is en glimlag vir die mooi prentjie voor my. My ma se lesse kom een vir een terug na my; nie die’s wat oor dankbaarheid gehandel het nie, maar die lesse wat gegaan het oor jou probleme se perspektief. Jou lewe is nie so erg nie. Almal het probleme. Almal het stories. Almal wil graag vertel. Wees jy die een om te luister. Op daardie manier het jy die vooreg om by ander te leer. Dit wat hulle goed gedoen het, en dit wat jy nie wil wees nie.

Vanoggend word ek wakker. ek is nog lank nie lus vir opstaan nie en die weer is triestig, maar erens in my kop vertel ‘n stemmetjie vir my: “vandag gaan ‘n wonderlike dag wees”….

My ouma

Oktober 15, 2012 in Sonder kategorie

Ek is gereeld spyt oor al die tyd wat ek gemors het op kind wees. Dit klink vreemd, ek weet, maar daar is soveel goed waarvan jy nie die waarde ken waneer jy klein is nie, en waneer jy oud genoeg is om dit te besef  dan is dit soms al te laat of oppad om verby te gaan. Kon ek nie maar op 5 geweet het wat ek nou weet nie? seker nie… Ek glo altyd daar is ‘n tyd vir alles en sekere stadiums waardeer mens moet gaan. Die geheim is sekerlik om te waardeer wat jy NOU het. Een van die dinge wat ek vroer sou wou weet is dat my ma meer weet as wat ek gedink het, en dat sy dalk wel verstaan het. Daarom kies ek om haar nou te glo waneer sy sê: “Koester gister, en moet nie spyt wees nie want jy kan dit nie meer verander nie. Droom oor môre want jy kan nie WEET wat kom nie. Belangrikste, LEEF vandag want jy gaan dit nie weer kan beleef nie.”

‘n Tweede skat wat se waarde ek graag vroër van sou wou weet is my ouma. Ja, my ouers het ons na hulle geneem maar op sestien het ek nie geglo ek kan enigsins aanklank by my ouma vind nie. wat kan ons dan nou moontlik in gemeen hê. Vandag, op 24, wens ek ek kon die klok terug draai en elke moontlike minuut insyfer wat ek saam met my ouma spandeer het. Wat ‘n Fantastiese mens is sy nie? Eintlik, hoe Fantasties is dit nie om so baie van myself in haar te sien nie.

Hierdie is die ouma met wie ek my hart sake deel. Die ouma wat ek vertel van die man wat ek op die lugtoring gesoen het. Die Ouma by wie ek raad kry oor groot lewens kwessies. Die ouma wat my leer wat geloof is en die ouma wat ‘n voorbeeld stel in alles wat sy doen. Sy is ‘n sterk vrou en staan op 81 nog 1.7m lank in haar skoene. Sy bestuur ‘n Moderne Merc, en gaan sien nog haar makelaar. Mag ek nes sy oud word!

‘n Paar jaar terug het my oupa se gesonheid agteruit begin gaan en tot sy afsterwe op 23 Augustus het my ouma hom nog versorg. Hy was amper ‘n jaar bedlëend, maar my ouma het volgehou: “oupa het my vir meers as 50 jaar versorg. Nou is dit my beurt.” Waneer hy hospitaal toe is met die ambulans het die dokters my ouma gesmeek om my oupa siekeboeg toe te neem. Sy verstand was al lank nie meer helder nie en daar sou hy die beste sorg kry en my ouma se lewe hoef nie stil te staan nie. My oupa was skaars by die siekeboeg in gerol dan rol my ouma hom weer daaruit huis toe. Na sy meubels en sy vrou se kos. So het sy aangehou tot hy op die einde net ‘n hopie organe en bene was, en uiteindelik sy laaste asem uit geblaas het.

Nou is hy weg en my ouma bly alleen oor met die meubels en die kos. Sy lyk fine maar orals in die huis sien ek klein dingetjies wat wys hoeveel sy my oupa na 59 jaar mis. sy hou vol dit gaan goed maar ek kan nie indink hoe mens aangaan na jou lewensdoel skielik van jou weg geneem word nie. Hy was werklik haar ander halfte.

Stukkie vir stukkie kan ek agterkom hoe my ouma ook skielik begin ouer word. Haar bene het skielik ingegee na my oupa se afsterwe en vandag om half ses kry ek ‘n oproep van my ouma. Sy is siek. In die laaste vyf jaar wat ek my ouma werklik leer ken het, het ek haar nog NOOIT siek gesien nie. Nog nooit met ‘n kuggie of ‘n kramp nie, en nou is sy siek. Sy wil weet of ek nie vir haar ‘n koppie tee sal kom maak na werk nie. “natuurlik!”

‘n Uur later lê ek en my ouma in haar bed elk met ‘n dubbele whiskey. Wat ‘n merkwaardige vrou, en wat ‘n wonderlike voorreg om haar in my lewe te hê!