Jy blaai in die argief vir 2012 September.

tyd vir iets nuut

September 20, 2012 in Sonder kategorie

Vreemd hoe mens dinge beplan en dit nooit so uitwerk nie! Hier het ek nou gedink gaan ek DIE jaar tyd kry om by al my liefdes dinge uit te kom: skryf was heel bo aan die lys. Ek was so seker dat ek canvase en canvase gaan skilder, dat ek ‘n break gaan vat van klere maak en ontwerp, dat ek uiteindelik weer kan begin fotos neem, aande gaan omkook en ‘n feetjie tuin gaan hê by my lieflike nuwe huis wat ek einde laas jaar ontdek het. HIER het ek gedink, HIER, gaan ek nog my kinders groot maak. Ek wou wegkom van mode, en tyd spandeer aan my plakkerskamp.

Snaaks hoe dinge uitwerk.  Glad nie soos wat mens dit beplan nie.  Ek dink nie ek het ‘n skryfstuk vir elke maand om te wys nie. My feetjie tuin is oorgroei, om heeldag omring te wees met armmoede put my so uit dat ek saans net take-aways eet. Ek trek oor drie maande uit my huis en gaan nes skop in die vrystaat. Ek het werk gekry as ‘n ontwerper en al waarna ek die jaar verlang is ontwerp….en na klere waarvoor ek meer as R50 ‘n item betaal, skoene met spykers, handsakke wat regopstaan en grimering wat langer as 30 minute hou.