Jy blaai in die argief vir 2012 Augustus.

Van ‘n ouer suster

Augustus 17, 2012 in Sonder kategorie

My baba boetie het hierdie week 21 geraak. Neem aan dit beteken hy is nie meer my baba boetie nie. Ek jaag na my ma hul se huis met af arm en al die oomblik toe ek by die werk klaarmaak want my ma het my gewaarsku dat as ek laat is, dan gaan ek al die pret mis. Toe ek in my ma hul se straat af ry knip ek my oe twee keer. Voor my ma hul se huis staan ‘n spierwit limosine wat duidelik die verkeerde adres beet het…

Toe nie.

Kyk, hierdie is nou nie ‘n stuk oor my ma nie, maar as daar iemand is wat weet dat props ‘n party maak dan is dit sy! By my pa se 40ste het hierdie vroom NG kerk tannie met ‘n leotard en visnet kouse uit ‘n koek gespring. Met ‘n volgende verjaarsdag het die kaapse klopse opgetree. Nou staan daar ‘n limosine voor ons huis, want balonne is net nie genoeg nie. Amazing daai vrou!

Terug by die 14de Augustus: Ek, my twee ouer siblings en hul meder-wesens, my ouers, en natuurlik my baba-boet is toe almal in die limo. Die ding kan blykbaar 10 mense vat. Ek is redelik seker ons 8 is gelyk aan 10 gewone mense. Daar word sjampanje geskiet, tjippies oopgemaak, en ons is hierna na ‘n heerlike seekos resturant om die aand verder te vier. Erens tussen deur al die gebeure sms ek my vriendin Karin. “ja…ons is defnintief nie jou gewone deursnee gesin nie.” sy kom terug met ‘n lang andwoord wat basies daarop neerkom: “wie wil normaal wees?” Ek wil. Net partykeer wil ek gewoon wees. ‘n Gewone mens uit ‘n gewone gesin met gewone begeertes en behoeftes. Maar ek is nie. Ek is opsoek na die ekstreem. Ek lewe van een hoogtepunt na die volgende en so wonderlik soos wat dit klink, dit maak ‘n mens moeg! Ek kyk na Hennie. Kan nie dink hy is al so k kan dit nie groot nie, maar tog, ek kan dit nie ontken nie. Alhoewel die res van ons partykeer dink hy is vreemd en terug getrokke besef ek skielik: dalk is hy die enigste een met die regte idee. Wees normaal, maar omring jouself met mense buite die norm. op daai manier is jou lewe kleurvol genoeg, maar sonder dat jy die gevolge hoef te dra.

Hennie, Ek weet ek hou my baie slimmer as wat ek eintlik is, maar ek wil graag vir jou los met die volgengende riglyne as ek mag:

1) Al is ouers hoe onredelik: hulle doen wat hul doen oor hul glo dit die beste vir jou is.

2) Alles wat geld kan koop kan jy weer verloor: Kennis en ervaring is die enigste uitsonderings. Dink dus mooi waaraan jy jou geld spandeer.

3) As almal vir jou se dit is sleg vir jou, dan is dit tien teen een sleg vir jou.

4) don’t comprimise yourself, it is ll you’ve got.

5) Die Bbel leer ons nie net hoe om ‘n christen te wees nie. Dit leer ons om goeie mense te wees.

6) As jy goed is vi ander is ander weer goed vir jou.

7) Deel.

8) soek altyd die positiewe in alles. Selfs al lyk dit of jy by die donkerste gat staan, daar is altyd erens ‘n brug.

9) Daar is altyd rede om dankbaar te wees.

10) God vra dat ons hom lief te he, deur ander lief te he soos wat ons onself liefhet. alles hou daarmee verband. God wil he ons moet gelukkig wees. Nie soet nie.

Lief vir jou boet en mag die volgende 21 selfs nog beter wees!

‘n Arm omoor dankbaar te wees.

Augustus 11, 2012 in Sonder kategorie

Ek hoor ‘n klap geluid en voel hoe die pyn deur my lyf skiet toe ek die grond tref. “SNAP”. Ek sluk my trane weg terwyl ek sukkelend orent kom en die perd sien rondtrippel in die agtergrond. My kop is dof van die inpak van die val. Ek voel hoe my die pyn deur my regter arm skiet  maar terwyl ek kyk na waar hy gewoonlik hang kom ek agter dit is presies waar hy nie is nie. Ek skrik myself amper flou en begin oor my hele lyf na my arm soek. Na ‘n paar sekondes wat soos ure voel kom ek tot die besef hy het agter my rug ingebuig en dat dit nie sy gewone plek is nie. Met al die addernalien het ek alle logika verloor en gebruik my linkerarm om die ander arm van agter my lyf na vore te bring. Ek het skaars aan die arm geraak toe val hy voorentoe en ek kyk toe hoe hy langs my sy rondswaai.  Ek probeer my skouer lig, my elboog buig, en my pols draai, maar tevergeefs. Dis assof my arm jelly geraak het.

Dan begin ek skree. Dit is soos iets uit ‘n Harry Potter movie. my arm is AF! Die meisie wat saam met my is probeer my kalmeer. Die perde gaan skrik en my omhardloop. Ek moet kalmeer en net weer gaan lê, sy bel die ambulans. Ek sien rede in en gaan lê net daar waar ek sopas op gestaan het. Die pyn skiet deur my lyf en ek kom agter hoe die wêreld om my begin dof raak. “dit is hoe dit voel om uit te pass van die pyn.” dink ek. Moenie die ambulans bel nie, my medies dek dit nie. Bel my ma. Verduidelik vir haar waar ek is en wat gebeur het, sy moet my kom haal. Bel dan vir tannie Elsabe. Ek sou oor ‘n halfuur by haar wees, sê vir haar ek kan nie kom nie. Bel dan my baas, haar nommer is ook op my foon. Ek sal nie vandag kan inkom werk toe nie. Dan moet jy vir Karin bel en sê ek sal moontlik nie by vanaand se vergadering kan wees nie.  Ek sal haar laat weet. Dan moet een van julle die perd vat tot by my kar. Bring asb my handsak en maak seker my mediese fonds kaart is in my beursie. Ek dink ek gaan hom nodig hê by die hospitaal. 

Daarna maak ek my oë toe en voel hoe die wêreld om my verdwyn. Fantasties hoe mens se liggaam tydelik uitsny as hy nie die pyn kan handle nie.

Ek kom ‘n paar keer by net om weer te verdwyn tot my ma uiteindelik 45 minute later by ons opdaag. Ons sukkel om my met so min as moontlik beweging in die kar te kry. Die addernalien het my liggaam begin verlaat en die pyn is onbeskryflik. Ek voel elke hobbeltjie van die plaas pad en skree toepaslik. My ma sit net haar hazzards aan en ry. Oor die rooi ligte, verby karre wat moooi vir haar links hou en die wat dit nie doen nie.

By die hospitaal moet hulle eers wag om goedkeuring te kry van my mediese fonds voor hulle my kan begin help. In watter samelewing leef ons ook darm nie. Ek kan die histerie hoor in my ma se stem wat altyd koel en kalm is. Die ry waarn sy moet staan om goedkeuring te kry gaan oor ‘n dag nie korter weer nie! kan hulle nie solank vir my pyn medikasie gee nie?? “Jammer mevrou, almal moet maar in die ry staan.”

Na twee ure se gekreun het ek goedkeuring. Hulle spuit vir my iets sterker vir die pyn en stoot my bedjie x-trale toe. My humerus is af. Nie gekraak nie, hy het nie geskuif nie, hy is AF. Hy het gebreek presies tussen my skouer en elmboog met die boonste helfte van my arm na die buitekant steek, en die onderkant van my arm wat 130 grade gedraai het en in die teenoorgetelde rigting bebuig is. Dankie nou weet ek ook.

Ek word tot in ‘n gewone saal gestoot en lê hier verder vir 28 ure voor die swelling genoeg gesak het om te oppereer. My ortopeet verduidelik vir my iets van plate, penne en skroewe maar ek hoor maar min van wat hy sê. Solank die pyn net asb kan weg gaan en ek weer meer as my linker arm en nek kan beweeg. die laaste amper twee dae kon ek nog nie opdraai nie, en my bed is steeds vol grond van die val.

Dis nou ‘n maand later. Ek het sny wat van my elmboog tot by my skouer strek, ‘n stut wat my soos robocop laat lyk, en ‘n am wat skeef terug groei, maar dis ok. Ek kan weer tik, bestuur, sms, regop staan en self eet. Ek kan weer skryf, amper weer my kos sny, my eie hare was, en self my tande borsel. Wonderlik hoe mens eers weer dankbaar raak vir jou semi-normale lyf waneer jy amper ‘n deel van hom verloor het! My armpie is die helfte van wat hy was, ek sukkel om my jean vas te maak, en kinders rondswaai en perdry sal vir eers weer moet wag. Maar tenminste sal ek moontlik weer daar kan kom. Baie ander mense het nie daardie voorreg nie!