Jy blaai in die argief vir 2012 Junie.

Diere-tuin partydjie

Junie 25, 2012 in Sonder kategorie

Ek kom gisteraand by ‘n partydjie en sien ek ken niemand nie. Toe ek jonger was, was sulke partydjies vir my heerlik want dan het ek weer die kans gehad om nuwe mense te ontmoed en te oorweldig met my larger than life persoonlikheid. Deesdae aan die anderkant waneer ek by ‘n partydjie kom waar ek niemand ken nie is dit vir my lekker want dan kan ek maar meestal by myself hou en die ander feesgangers dophou…vreemd hoe ‘n mens konstant verander.

Vanaand is daar dus weer die geleentheid om te observeer. Erens met ‘n bordjie eetgoed te gaan sit sodat niemand TE bekommerd raak nie ( ons afrikaners glo mos daat solank jy iets het om te eet is als ok) en te kyk na hoe die mense rondom my optree. Súlke aande is vir my amper lekkerder as ‘n partydjie waar ek almal ken en weer die siel van die partydjie is. Ek moet erken, ek is ongelukkig een van daai mense wat jy as vermaak na jou partydjie kan nooi as ek net in die regte luim is.

AS ek so sit, kyk ek vir die mense. Dit is vir my iets tussen ‘n goeie teaterstuk en ‘n besoek aan die diere tuin. Ek kan sien hoe hard ‘n jong kerel ‘n meisie probeer beindruk met alles wat in hom is en dit terselfde tyd probeer wegsteek, nes ‘n bobbejaan. Dan is daar die hennetjies wat saam kloek en planetjies maak en skinder stories uitruil. Jy kry die skape wat die heeltyd in hul groepie bly en saam van punt A na punt B in die vertrek rondtrek. Daar is die leeus wat verhewwe is bo almal en lui in die son uitspan terwyl hulle ewe rustig hul kougom kou en via blackberries kominukeer. Jy kry die poue wat oop en bloot pronk, en dan natuurlik die weifies wat die vertoning dophou en waardeur. Daar is die duiwe wat net spasie vol maak en pik-pik aan die versnaperinge met niemand wat weet waneer hul gekom het nie, maar ook nie agterkom waneer hulle gaan nie.

So sit en skets ek vir my ‘n prentjie hier voer my oe. Ek verbeel my die gasvrou maak kloek-geluide en die meisie met die perfekte hare en grimering wat duidelik beter prioriteite het brul vir hoenders wat besig is om haar harmonie te versteur. Ek verbeel myself die kerel met die springbok trui aan het ‘n groot pou-sterk wat by sy hopelose stywe jeans uitsteek, en ek geniet myself terdee.

Dis dan wat ek hom raaksien. Aan die oorkant van die vertrek sit nog ‘n kerel tjoepstil met sy bordjie eetgoed, net sodat niemand bekommerd raak oor hom nie, en hy staar reguit na my. Dis dan wat ek besef, daar is nog mense soos ek by ‘n partydjie, die vliee teen die mure, en ja, vandag is ek dalk een van hulle, maar wat van die volgende partydjie wat ek mense weer voorstel aan die flambojsnte Sonnet. As watter dier sien die vliee my dan? dalk ‘n aap? hopelik nie ‘n skaap nie.

Vreemd hoe ons almal maar eintlik soos diere ooptree as ons dink niemand kyk nie…

Vir ‘n slag weer tyd om te skryf.

Junie 20, 2012 in Sonder kategorie

My vingers voel heel vreemd hier op die sleutelbord. Half dom ooor hul solanklaas hier was. By skryf. Ek het 20 minute om gou vinnig te tik want die kinders moet opstaan vir skool. My amper-kinders wie ek oppas deur die week en by wie ek oorslaap as my baas hul self nie tuis kan wees nie.

Wat om te tik? Daar is soveel interessante stories wat deur my kop maal wat oor die laaste twee maande met my gebeur het. Die aand toe ek my duim in die gym gebreek het, die besnydenis vergadering waar ek op ‘n date gevra is deur die chief van Nyanga.Daar is die dag wat my krag afwas met hoeder in die oond en al, en ek by ‘n elektrisien moes leer mens skakel net weer die main switch aan.

Skryf ek oor die allerdaagse dingetjies wat my fasineer het. Oor my hart wat deur ‘n hond gebreek is? Dalk oor my dae in die plakkerskamp. Miskien moet ek skryf oor die kerkbasaar wat ons gereel het, of die wynveiling waarmee ek besig is? Oor die wonderlike besoek en rekoneksie met my liefling vriendin Andree? Ek wil vertel oor hoe ek nog steeds vir johny mis, oor ‘n paar nuwe kerels wat my pad gekruis het.

Danhoor ek die getrippel wat by die trappe afkom. Luds is wakker en hy soek ontbyt. Dankie tog ek is nog nie voltyds ‘n ma nie. Skryf moet eers weer wag. Tot volgende keer wat ek weer ‘n laptop en internet kan steel.