Jy blaai in die argief vir 2012 Maart.

Aandag! INTERNET VERMIS!!

Maart 25, 2012 in Sonder kategorie

Dames en here. Net om julle op hoogte te hou. My internet is stukkend. Al vir amper twee weke! Dis verskriklik. Nooit besef hoe verslaaf ek aan die letters op my sleutelbord geword het tot ek hul nie meer kon pons nie! Wel, nie meer kon pons en pos nie!

Maar nie te vrees. Een van die dae kan ek my verslawing hervat. Hopelik kom my nuwe internet more en ek sodra die liggie flikker sal ek weer die borrels in my brein kan bars op my skerm.

Van agter die boerewors-gordyn

Maart 7, 2012 in Sonder kategorie

Die voorstede is ‘n vreemde, tog wonderlike plek. My hele lewe woon ek al in die noordelike voorstede van Kaapstad. Soos die Kapenaars daarvan praat, agter die boereworsgordyn. Vir julle wat dalk nie so bevoorreg is om naby die berg te bly nie, Noordelike voorstede is jou afrikaanse kant, Suidelike voorstede is vir al ons geliefde souties.

Nou ja. Ek het hier groot geword, skool gegaan, vir ‘n jaar boland toe geskuif en by die ander afrikanses se nageslag aangesluit om my kenis te verbreed en te prober graad vang. Hier het ek geleer van diversiteit soos byvoorbeel dat jou afrikaanse kultuur en gebruike en gunsteling kos-soorte baie temake het van watter deel van die land jy kom. Ek het selfs geleer dat daar ook mense op my kampus is wat NIE afrikaans verstaan nie. DIT was devers! En toe natuurlik, na ek my eerste jaar suksesvol voltooi het besluit ek toe: Tyd om die res van die moontlikhede te gaan ondersoek. My passie is mode, en nie man-vang nie.

Nou kyk, vir ‘n gemidelde voorstedelike Afrikaner was dit ‘n groot stap. Ek is nie groot gemaak om buite die boks te dink of om nuwe dinge te wil ervaar nie. Waarom kan ek nie net van dit leer, weet waaroor dit gaan, en aangaan met my lewe nie? Waarom dan nou karring aan ‘n resep wat werk??

Na baie gehuil en geskree, en bangmaak praatjies is ek toe uiteindelik sak en pak na die “groot stad” – Kaapstad. My ouers help my om ‘n woonstel uit te kies in die middestad – loopafstand van my nuwe kampus- en kyk dat my nuut gewonde kamer-maat nie TE vreemd is nie. Ons hoor sy kom van Vredenburg en my ouers is gerus. Goeie afrikaanse meisie. (HOE verkeerd ons was kan ek nie beskryf nie!)

En daaar is ek toe. Nie eers 50km van my ouerhuis nie, maar dit voel vir my soos ‘n nuwe wêreld. Niemand verstaan waneer ek met hul Afrikaans praat nie, en as ek vir hulle verduidelik my ouers is nog getroud, word ek skielik die buite perd van die geselskap. En nee…hulle weet nie eers wat ‘n buite perd is nie! Toe ek hul vertel van my suster se troue (wat daai tyd 22 was) vertel hul my geskok dat hulle nie verstaan waarom mense steeds vind dis nodig om te trou waneer hul buite die eg swanger raak nie. Jy kan hul gesigs uitdrukkings indink toe ek hul meedeel my suster is ver van swanger af.

Vir nog ‘n jaar het ek elke oggend langs die berg wakker geword. Beeldskoon soos geen ander prentjie nie, maar met die vreemde gevoel van verlange in my hart. Daarna het ek weer my pad terug gevind voorstede toe. Ek het my min gesteur aan die feit dat my pad klas toe oornag in 27km verander het, en dat dit my ‘n uur met die N1 geneem het om daar te kom. Vir my was dit verdraagsaam, want die mense in my Pick a Pay het weer verstaan wat ek bedoel as ek vir mosbolletjies vra. In die strate ry kinders op hul fietse rond. In die midae stap die tannie van oorkant met haar hond.

Dit is my derde jaar wat ek terug is in die voorstede. Nou maak ek saans na werk tuin en gesels met die buurvrou oor die hek. Saans dek ek tafel op die stpoep en skree naand vir die mense wat af in die pad af bly terwyl hul hul seuntjie leer fiets ry. Ek lê in my sitkamer en lees my Huisgenoot, En kyk na resepte wat ek kan maak om vir oom Pieter dankie te sê dat hy my hond terug gebring het. En weet jy wat, dis wonderlik!

Ek is lief vir my kultuur, en my noordelike voorstedelike leefstyf. Ek is gek daaroor dat ek weet wie almal is wat om my bly. Ek geniet dit om saans na donker met my hond te kan gaan stap om af te koel na ‘n warm dag. Die Kaap is mooi en fantasties, maar die berg bly net so mooi van agter die boerewors gordyn!

Missing

Maart 3, 2012 in Sonder kategorie

Joshua het gisteraand weg geloop. Een van my huismaats het die hek oopgelos, en weg is hy…

Niks geslaap gisteraand nie, want my kind is weg. Ek was al by die petshop, veartse, en het al vir ADT gebel. Ek het al aan deure geklop, en waak oor myselfoon vir as die Animal Wellfare my sou bel. HULLE nommer is om sy nek.

Wat maak ek nou? Ek weet nie of my seun gisteraand water of kos gehad het nie. Ek kan nie ophou met huil nie…my arme wit-voet brakkie…