Jy blaai in die argief vir 2012 Februarie.

Verlossing

Februarie 29, 2012 in Sonder kategorie

Ek gooi my kop terug en maak my oë toe terwyl ek met die klip-paadjie na my voordeur stap. Die skaduwees van die bome se  takke wat oor my gesig val lyk soos ‘n barcode. Lig-en-donker-lig-en-donker-lig-en-donker.

Dit was ‘n lang dag. Ek is vroeg oggend gebel deur ‘n ouer om my in te lig dat die juffrou wat moes oopsluit nog nie by die kleuterskool is nie, en wat moet sy nou maak? Ek spring inderhaas in my kar en jaag deur plakkerskamp toe. Die dag kalmeer nie van daar af nie.

By my hek in gestap terwyl die bome sy strepies kode vorm hardloop my hond my tegemoed gekom. HY is bly om my te sien. Die dag toe ek hom gekry het het ek dadelik besluit sy naam moet Joshua wees. Dis beteken God verlos, en dalk is ek di everlossing wat God vir hom gestuur het. Hoe verkeerd was ek nie. Hierdie hond het my kom verlos. Hoe heerlik is dit nie om tuis te kom na ‘n lang dag met ‘n asempie wat ALTYD bly is om jou te sien nie…

glimlag

Februarie 26, 2012 in Sonder kategorie

Ek staan in die kerk en ruik my hande. Dit ruik soos grond na al die tuinwerk die naweek. Lekker, dink ek en kom dan weer agter ek is onderstel om saam met al die ander mense te sing. Die meisie langs my is ongetwyfeld ‘n onderwysseres. Ek kan dit hoor aan die manier wat sy sing, en kan dit sien aan haar uitrusting, haarstyl en die manier wat sy haar gesig trek. Die man wat die voorafsang lei laat my dink aan Rickey Martin en ek glimlag. DIT gebeur deesdae nogals baie.

Dis hierdie glimlag ding waarvan ek nou praat. Ek betrap myself gereeld waar ek glimlag, dalk op my onderlip byt, of partykeer selfs hard-op lag. En dis heerlik. Ek sal sit in my kombuis en koffie drink en my mondhoekke sal begin krul. Iemand sal my vra aan wie ek nou dink, en die eerlik andwoord sal moet wees :” aan niemand, ek glimlag sommer oor ek so ongelooflik gelukkig is”

Home is where the heart is

Februarie 20, 2012 in Sonder kategorie

Ek sit agter my lessenaar en kyk na die stomer-mop wat in die hoek van my kamer staan. Ek voel hoe my rug effens kramp en is bewus van die veelvoudige seer- en stukkend-plekke aan my voete. Dit was weer een van daai weke gewees. Moeilik, lank, maar lekker.

Ek is nou al vir amper ‘n maand in getrek in my nuwe huis. In my kaste is daar nog swartsakke wat uitgepak moet word, blikke verf wat op die mure moet geplak raak, en plante in my tuin wat nog moet skuif of verdwyn. Tog, dit is my huis. Dis my bed, my meubels, my huismaats en my hond. Hier en daar vind ek nog haak plekke waarby ek sal moet aanpas, maar saans waneer ek my oë toemaak kan ek voel hoe die mure my beskerm en my muur horlosie vir my slaapritmes maak.

Tog, so lekker is dit om saans my kamerdeur toe te trek en my kop op die kussing nee rte lê, net so lekker is dit om soggens op te staan en dinge te begin doen. Ek sien soveel van soveel verskilende wêrelde in ‘n 50km radius van my huis en die wonderlikste ding van my dae is dat dit selde verloop soos ek dit beplan.

 

Woensdag aand kom ek sesuur by die huis. Ek maak ete vir my huismaats en die se gaste vir die aand en leer die besoekers ken. Daarna maak ek ‘n sak vir Miekie wat gaan kamp, en maak 100 balonne vol water vir Luds se speletjies-dag by die skool. Ek dink daaraan dat my lewe dalk bietjie anders is as meeste 23-jariges.

 

Donderdag moet ek ‘n juffrou by die kleuterskool inlig dat dit nou tyd geword het vir ‘n geskrewe waarskuwing. Na dit hardloop al met die stofpad van die plakkerskamp af om ‘n bok te gaan aankeer wat weg geraak het. Wat doen ander 23-jariges 08:30 op ‘n donderdag oggend? Wat doen MEESTE mense 08:30 op ‘n donderdag oggend? Terug by die skool sien ek daar stop ‘n lorrie by ons soortvan hekke. Hulle laai die nuwe toilette af. Ek skree en hardloop nader. Die man sê hy het nog niemand so opgewonde gesien oor ‘n opslaan yoilet nie, en hy is redelik seker ek HET my eie toilet by die huis. Ek lag. Tyd om te ry want ek moet gaan bome soek om Saterdag saam met my gemeente te plant vir hul kwartaalikse uitreik na ons Greenpark projek.

 

Oppad klim ek vinnig by die R300 af om ‘n stop te maak in Kuilsrivier. Andree, my lang verlore skool vriendin wat deesdae in Parys (die een by die vaal rivier, nie die een teems nie) woon, se ma verjaar vandag, en aangesien hierdie tannie my groot gemaak het waneer my ma nie meer kans gesien het nie, wil ek gou gaan geluk sê. Groot is my verbasing dus toe Andree self die deur oop maak. Ek dog sy kom eers vanand?

 

Ek kuier heerlik oor ‘n koppie tee en ‘n skyf driehoekkie tert en voel erg nostalgies waneer ek die staple huisgenote langs die toilet kry en die porselein eendjies wat vir my van die muur af loer. Andree, haar familie en haar huis is OOK huis. Home is where the heart is.

 

Donderdag middag is ek weer by my kids. Ek draai amper om terug skool toe toe miekie my vertel van ‘n maartjie wat lelik is met haar. Hulle gaan op hul eerste kamp en Jana het gesê sy mag nie saam met hul in ‘n kamer slap nie. Ek wil die tien-jarige bi-atch se ponytale gaan trek maar weet dis juis tye soos die waneer ek myself op ‘n afstand moet hou. Of ek nou so dink of nie, hierdie is NIE my kinders nie. Tog, ek kry vir Miekie uit die diepste van my hart jammer. Sy vertel my dis oor Anneke en sy nou BFF’s is, en Jana is kwaad want SY en Anneke was eers BFF’s… (‘n BFF is klaaarblyklik ‘n “best friend forever”, net sodat jy weet want ek het nie.) Ek vertel vir miekie sy moetie worry nie, want dit gaan ook verby. Daar kom ‘n stadium wat jy geen meer begeerte het om te behoort by mense wat aansien het nie, en dit vir jou baie lekkerder is om jou eenkant te hou met mense wat jou gelukkig maak. Dis juis hoe ek en Andree ook mekaar gevind het.

 

Vrydag is my werk-van-die-huis-af-dag. Teen tienuur besluit ek dist yd om my palnte water te gee. Die agterdeur swaai toe, en ek besef ek het nie die sleutel op my nie. Hoe nou? My Huismaat wat om die draai werk andwoord nie, en die ander een werk doerie kant. Ek skop eers goed rond in die tuin uit furstrasie en begin dan planne maak. Na ek tien keer om die huis gestap het en seker gemaak het ek kan nie op enige manier inkom nie besef eke k sal ‘n ander strategie moet gebruik. My handsak wat my kar sleutels in het lê iewers langs my bed wat dalk binne bereik kan wees. Ek loop weer om die huis en kry dohr se stomer mop in die garage. Hy het ‘n hak aan sy steel wat lyk soos ‘n herder se kierrie. Net wat ek nodig het besluit ek en beweeg na my kamer venster. Ek balanseer die stormer aan sy stoom kant en prober met sy haak vang wat okal langs my bed lê. Met die eerste vans kry ek ‘n skoen en met die tweede ‘n blomkrans – moet nie eers vra nie- maar na die derde slag het ek my handsak. Ek klim in my kar en ry maar. Wat kan ek tog anders doen?

 

Saterdag is dit weer 6h op staan om plakkerskamp toe te gaan. Vorige aand was ons tweede dak-nat-maak, want een is net nie genoeg nie. Dus jag ek Kuilsrtivier toe om die gemeente gemoed te kom met ‘n kop seer. Die oggend verloop goed, en die Greenpark gemeenskap het ses nuwe bome by gekry. Die middag terug by die huis was ek wasgoed, help die huishulp skoonmaak, en na sy weg is sak ek op my kniee en smeer wit-polletoer aan ons kurkdroë hout vloere. Die vorige huurders het blykbaar geen respek vir hierdie pragtige huis gehad nie. Later ontwerp ek plakaate wat ek die volgende oggend gaan nodig hê vir die terugvoering van 2011 se vordering in Greenpark. Ek vang die winkelsentrum net betyds oop om dit te kan laat print en na drama daar ook nog is ek moeg. Ek het net my kop neer gesit toe die telefoon lui. Dit is die muse en ek begin sommer huil. Dis die eerste keer wat ek van hom hoor sedert die 14de. Ek tel die telefoon snik-snik op, en na ons klaar gepraat het lê ek nog ‘n halfuur onder my geelhoud boom en huil. Sommer oor ek so gatvol is, en min mense ooit terug uitvra oor my lewe waneer ek klaar so belangstellend na hulle dag geluister het. Partykeer wile k ook net moan.

 

Na ek sondag klaar die terugvoering gegee het gaan tel ek vir Andree op. Ons gaan strand toe want more vlieg sy weer terug. Op die strand lê ons en gesels oor alles. Soos regte valies durf ons die koue water van blouberg aan want ons sal liewer stef van koue as om te sê ons was by die see maar het nie geswem nie. Ons lag oor nostalgiese herhinderinge en besef hoeveel ons gegroei het. Ons lag oor die feit dat tien jaar terug het ons met afgryse na vroue gekyk wat met seliluut boude oop en bloot rond gestap het sondert skaamte terwyl on sons tiener bene onder bord-shorts weg gesteek het. Nou IS ons daai tannies vir wie ons so sou gril.

 

Oppad terug raak ek bewus van hoe bevoorreg ek regtig is. Langs my sit andree. Op verskeie ander plekke is daar nog mense sonder wie my lewe nie dieselfde sal wees nie. My huis beskerm my ja, maar met elke trek weet ek dat ek die huis wat my vriende en familie vir my gebou het nooit sal hoef te verlaat nie. Home is where the heart is.

Valentynsdag

Februarie 14, 2012 in Sonder kategorie

Ek raak vanoggend wakker en glimlag dadelik, nog voor ek my oe oop gemaak het. Ek dink dadelik ek lyk seker bietjie soos iets uit ‘n romantiese komedie. Ek gooi my komberse van my af, sit musiek aan, en dans voor my kas terwyl ek na ‘n uitrusting soek vir die dag. Vandag is mos spesiaal!

Ek kies ‘n pienk broek, wit en swart hemp, en ‘n peink kop-band. Dan verf ek my naels rooi, soek my rooi sonbril en handsak, en smeer my lippe rooier as wat jy al ooit gesien het. Terwyl ek so half aangetrek in my kamer rond-dans stuur ek vir AL my geliefdes  ‘n sms wat vertel dat tenspyte daarvan dat dit ‘n cliche is, hoop ek hulle het ‘n FAB dag gevul met die wonderlikke liefde.

By Hobe Educare centre deel ek vir almal drukke uit en voel uiters geliefd as die kinders na my toe aan gehardloop kom vir ‘n soen. Ek dink nie eers twee keer om nat soene uit te deel nie en na almal wat my wou soen, klaar gesoen is, is 5 verskillende kinders se snollies op my bo-lip. Grillerig, maar tenminste vol liefde.  Hier is ook meeste aangetrek in wit, rooi en pienk om die pragtige dag van liefde te vier. Hoe fantasties! Almal maak ook vandag valentynsdag kaartjies vir iemand by die huis, en die regering het ook natuurlik vanoggend ons nuwe toilette begin instaleer as ‘n geskenk.

My Au Pair werk verloop net so prettig. Miekie gee vir my ‘n helium ballon in ‘n hartjie vorm toe ek haar by die skool optel, en terwyl ons dit vrylaat en kyk hoe dit ‘n klein kolletjie in die lig raak sing ons Roxette se “must’ve been love”. By hul huis aangekom wag klein Luds vir my met die nuus dat ek moet kom help om die dooie duif in die gat te begrawe wat hy self gegrou het. Ek stel voor ons begrawe hom liewer in ‘n pick a pay sak in die drom. Na huiswerk ry ons DVD-winkel toe. Ek het al vir my baas twee maande terug belowe ek sal vanaand babysit met die besluit dat ek niemand “spesiaal” sal hê op valentynsdag nie. Dit het toe nie gebeur nie, want ek het mos nou my pragtige nuwe muse, maar gelukkig/ongelukkig sit hy vanaand op ‘n heel ander dorp.

Miekie kies Titanic en Luds ‘n fliek oor uile. Ons bestel pizza, en gaan lê op die kingsize bed en sit ons love story vir die aand aan. Ludsie kyk onder in die sitkamer. Aan die einde van die aand toe my baas hul huis toe kom kry ek nog ‘n pragtige bos rose ook nog geskenk! Wat ‘n wonderlikke Valentynsdag!

Die dag toe ek vir my baas gesê het ek sal vanaand werk het ek myself al reg gemaak vir ‘n aaklige valentynsdag. Een sonder enige iemand spesiaal wat my lkiefhet en ‘n dag waarop ek myself net gaan bejammer saam met 75% van die res van die bevolking. Hoe verkeerd was ek tog nie. Dit was dalk nie piekniek of kersligete in die arms van my liefde nie. Ek sal my dag selfs redelik eenvoudig noem. Maar onmerkwaardig? defnintief nie. Vandag het ek nie net een mens lief gehad nie, maar almal! En almal was lief vir my terug!

Ongewenste water

Februarie 12, 2012 in Sonder kategorie

Joshua het begin om in my huis te piepie. Nee, dis nie dat hy rond snuffel tot hy ‘n lekker stukkie vloer gevind het nie, dit gebeur net spontaan. Waneer ek met hom raas, waneer hy bly is om my te sien, of selfs as ek net sy naam te hard sê. Die vet-shop tannie vertel my toe meeste puppies doen dit maar, maar die kans is goed my hond is gespanne. Ek moet meer met hom gaan stap, en probeer dat hy met ander honde sosaliseer.

Ek het begin om oral te huil. Oor alles. Ander mense kan hul emosies beheer maar blykbaar kan ek nie meer nie. My oe begin dou vir die kleinste emisionele oomblik. Ek tjank as ek met my ma baklei, en tjank as my kombuis vuil is. Ek tjank as my pa vir my vye in die yskas los, en dan weer as ek in my eie huis wakker word en daar is nie vye nie. Tog, waneer ek weet dis tyd om te huil oor iets groot. Dan weet ek om na my kamer te gaan, my kop in my kussing te druk, en gepaslik te treur. Blykbaar moet ek ook meer sosaliseer….In my besige lewe het ek bietjie vergeet om van tyd tot tyd net terug te sit en ‘n koppie tee saam met ‘n vriendin te drink. Dalk sal ‘n stappie met my hond my ook goed doen.

‘n omgekrapte dag

Februarie 9, 2012 in Sonder kategorie

Ek moet van oggend vroeg inry plakkerskamp toe vir ‘n vergadering met die kleuterskool Juffrouens. Verkeer is dik en ek hoor ‘n voetganger is op die R300 om gery. Ek strip my moer. Vir wat de hel hardloop die blêrrie mense oor die snelweg?

Ek kom by die skool aan. 20 minute laat. My dag is sommer klaar omgekrap. By die hek sit ‘n mamma en huil. Een van die Juffrouens troos haar. Langs haar op die gras sit haar kleindogter wat by ons in die kleuterskool is. Sy kyk my net grootoog aan.

Ek kry die hoof in haar kantoor. Die mamma se kleinseun is vanoggend dood gery op die R300. Hy was oppad skool toe. Hy wou nie oor die brug loop nie want die skollies vang mens daar. Maar hy wou slim wees sodat hy eendag ‘n goeie werk kon hê om vir sy mamakhula en sussie te kan sorg.

En ek dog my dag is omgekrap.

‘n Storie uit die Plakkerskamp

Februarie 8, 2012 in Sonder kategorie

Ek voel hoe die sand vassit tussen my sandaal strap en my voet. Dis weer ‘n WARM dag in Greenpark Informele Nedersetting. Die sweet maak druppels op my voorkop. Ek stap al met die sand-pad langs na Kathy se huis. Sy het gister by die kleuterskool aangekom en gesê sy wil met my praat oor die nuwe wit kinders.

Gary se kinders.

Haar huisie is klein en bedompig. Ek gaan maak myself tuis op ‘n krat in haar slaap/leef kamer en kombuis. “tee vir Sonnet?” nee dankie. Dis te warm.

Sy begin deur my te vertel van haar gesonheid, haar dogter wat in die kooi is met die voet, haar hond wat sy maandeliks self dip, en hoe sy hom aan die boom vasbind sodat hy nie die vlooie kan gaan soek nie. Ek leun terug en kyk by die voordeur uit na vanwaar die hond tjank. Hy lê in die enigste kolletjie skadu wat hy onder die geraamte boom kan vind. In my kop bevestig ek vir myself oor en oor ek kan nie al die kinders en diere help nie. SPCA kom maak ‘n maandelikse draai, laat hulle dit uitsorteer. Ek wonder waar my Josh kind sou wees as ek hom nie ‘n maand terug saam met my huis toe geneem het nie.

Dan begin ouma Kathy my vertel van die storie waarvoor ek nou eintlik gekom het. Oor Charrone en Clhloe-Lane. “Kyk Sonnet, hyt self na my gekom met die storie uit sy mond. Ek was sy eerste vrind hier in Greenpark. Hy het so paar maande terug sy kinders gevat en van die vrou weg geloop want sy tik en drink te veel. Nou sit hulle hier. Dis nie ‘n plek vir ‘n wit man nie.”

Ek merk op hoe hierdie storie my nie meer skok nie. Ek dink oor die laaste drie jaar het ek al te veel van hulle gehoor.

“nou gister, toe ons die kinders vasdruk om te bad, skrik ek my mos van my perde af. Die oudste het toe skoon ‘n onderbroek aan. Ai Sonnet, dat hul nie eers geld het vir ‘n ou pentietjie nie. Nou ja, Gary is mos nou die dag by die brug vas gedruk toe hy oor loop Delft toe met die kinners en da’t hul al sy geld gevat, en sy base by die koei plek, hul trek net hulle se skouers op. Ek gat skel hulle toe. Sê vir hulle hulle moet vir Verwoerd gaan wakker maak sodat hy hul nou kan vertel waarom hy apartheid uitgedink het. ‘n Wit man moet nie so lewe nie. Nou jy sien Sonnet, ek is mos nog ‘n Kaap-meit. Ek het daar in die district gebly. Die wonderlikste dae. Nou sit ek hier tussen die darkies. Hier het nou al selfs Soetoes in getrek. Maar ja. Ek wil eintlik weet Sonnet. Kan ons nie vir ou Gary help met die kinders nie?”

Ek wens ek kon, maar ek weet dis nie moontlik nie. In die huis langs Kathy woon ‘n Dogtertjie wat laas week verkrag is, wat nou weer moet aanspeel in die tuin asof niks gebeur het nie. By my kleuterskool is ‘n meisie ingeskryf wat die ouma daar aangebring het. Al wat die ouma van die kind weet is die jaar waarin sy gebore is en haar noem naam. Verder niks, die ma het geloop. Ek sien op die welsyns lyste dat 70% van die kleuterskool se kinders in huishoudings woon waar die maandelikse inkomste minder as R600 ‘n maand is. As ek vir Gary help, wat vertel ek die res van die mense? Ek self het nog nie die geld om my water en elektrisiteit aan die einde van die maand te betaal nie. Hoe moet ek al hierdie mense voed?

Tog, ek troos myself daaraan dat die kinders twee maaltye ‘n dag kry by die kleuterskool. Dat ons hulle hier leer van liefde, respek, en waardes. Vir ander, maar natuurlik ook vir hulself. Hier kan ek vir die kinders drukkies gee, hoop gee, en drome gee.

Mense sê hulle is al so gatvol om te hoor alles is apartheid se skuld. Ek ook. Maar omdat ons gatvol is, en kwaad raak omdat ons land ‘n gemors is, en net al die “swartes” die werk kry, beteken dit ons moet ons rue draai op al die wat in onskuld lei? Beteken dit ons kan besluit dat ons mense onder ‘n kam skeur gebaseer op sy sosiale status? Beteken dit ons kan ondankbaar wees oor dit wat van ons weg geneem word, en ophou kyk na dit wat ons nog het?

‘n andwoord is daar seker nie vir al ons problem nie. Ek sien uit om te hoor wat Zuma more aand vir die land voorstel. Maar tenspyte van wat hy kwyt raak dink ek dit is tyd dat ons almal ‘n slag verandwoordelikheid neem vir ons self. Om op te hou kyk wat ander kry, en begin kyk wat ons self kan bereik.

Oor Ma’s

Februarie 4, 2012 in Sonder kategorie

Voor ek mode-onwerp gaan studeer het was ek eers besig met my BEd kursus aan die universiteit Stellenbosch. Juis oor ek so lief was vir kinders. Is nogsteeds. Daarom, my werk as ‘n Au Pair is vir my wonderlik. As ek ‘n groot genoeg salaris kon kry het ek dit vir altyd gedoen. Basies word jy gehuur om een of twee kinders se ma te wees terwyl hul eie een werk. Een tot een. Hart tot hart. Jy maak vir hul kos, help hul met huiswerk, troos as hul geval het, gee advies en  beandwoord vrae wat hul oor die lewe mag hê. Daarom was dit vir my niks vreemd toe my kind my so paar dae terug in die kar genoeg vertoue gehad het om met my oor die volgende te praat nie.

Miekie: “Die kinders het vandag vreeslik in die LO klas gelag toe die juffrou oor DIT begin praat. Dit is nie vir my so snaaks nie.”

Nou mag ek ook nie lag en ongemaklik raak nie. Ek wil mos nou juis die kind oorreed seks is ‘n great deel van die lewe op die regte tyd en plek, en dat haar lyf wat gaan verander so normaal en niks vreemds is nie.

“nou verstaan jy alles wat die juffrou jou geleer het?” vra ek sodat ek kan agterkom waar ek die prentjie nog duideliker moet inverf.

Ek brand om ‘n ma te wees, besef ek skielik. Ek vertel vir Miekie hoe haar hormone vir haar gaan besluite neem, en ek wonder of dit nie maar myne is wat MY ook nou pla nie.

Die aand toe ek by die huis kom begin ek kook vir die gaste wat vanand oorkom. Ons drink ‘n glas wyn in die tuin en ek demonstreer al die toertjies wat ek al vir Joshua aan geleer het in die laaste week. My vriendin meld dat sy eendag gaan terug trek Kaap toe sodra sy kinders het, want dan kan ek hul vir haar groot maak. Enige tyd! HET jy al gesien hoe oulik is babtjies.

Maar die aand begin Joshua hoes. VREESLIK. Ek maak vir hom ‘n warm-watersak, en maak seker dat hy eet. Vanaand sal hy maar by my in die kamer moet slaap sodat ek hom kan dop hou.

Na heel aand se pamper en opcheck besluit ek net na twee dat die hond is te siek en ek weet nie of hy die oggend-lig gaan sien nie. So rationeel soos wa mens moontlik hierdie tyd van die oggend KAN, neem ek die besluit om met hom na die 24/7 kliniek te gaan.Vearts bevoel hom en kyk af in sy keel. Kan of ‘n beentjie in sy keel, of kennel cough wees. Ek moet hom maar deur die aand dop hou en more weer terug bring.

Die aand slaap ek niks. Volgende oggend sit ek verlof in. Ry met met Josh veaarts toe, en kry die diagnose. Dit is toe die hond-griep ding. Kink-hoes vir vierpoot kinders. Ek moet hom maar fyn dophou, drie keer ‘n dag hoesstroop gee, en ‘n pilletjie na ontbyt.                      Vader tog.

Nou kan jy sien hoe ek agter my hond aanhardloop, want na twee hoes-stroop sessies weet hy waar dit gebêre word, en maak spore sodra ek in daai rigting beweeg. Dan moet ek hom teen sy sin vaspen en nog die pil ook ingooi gevolg deur ‘n spuit vol water sodat hy geen ander keuse het om te sluk nie.

Deur die dag is dit beter maar in die aande hoes my hond onophoudelik. Toe my een huismaat my gisteraand wakker maak oor sy nie deur die hoes kan slaap nie, staan ek maar op, gaan sit by my hond, en probeer hom kalmeer. Daarna maak ek weer vir hom ‘n bed in my kamer en hoop dit maak hom rustiger. Spuit weer hoesstroop in sy keel af, en tap vars water.

Vanoggend is ek moeg, maar my hond lyk beter, daarom voel ek nie eers die tamheid nie. Ek gaan kombuis toe, vee uit, was toonbanke en maak ‘n lysie van kruideniersware. Niemand waardeer dat ek die huis skoon en netjies hou nie, dink ek.

Net toe gaan staan ek stil. Ek hoor my ma. Net soos ek haar hoor waneer ek vir my Au pair kinders vertel ek het net twee hande. Net soos sy waneer sy met HAAR hond praat. Presies soos sy waneer sy klae oor almal dink dis HAAR werk hom die huishouding te run.

Ek kry nuwe waardering skielik vir die vrou wat met al haar eie drama’s altyd vir my opgestaan het waneer ek nie kon slaap nie oor ek gehoes het. Ek voel meer dankbaar oor sy nooit meer geklae het as wat eintik nodig was nie. Ekl dink aan al die kere wat sy my rond gery het van aktiwiteit tot aktiwiteit, tot aktiwiteit. Wat ‘n wonderlike vrou. En daar is miljoene van hulle.

Dis vir my fasinerend hoe ons hormone tog werk. Ons moederlike instinkte. babatjies bly oulik selfs al gooi hulle op. Vir kinders bly jy lief al is hul selfsugtig. Dalk is dit oor party vrouens nie weet wat ‘n baba hê alles behels voor hul begin kinders kry nie dat hul nog so gretig is om met ‘n gesin te begin. Dalk nie. Maar vir elke ma wil ek ‘n monument voor oprig oor hul liefde nooit opraak nie, maak nie saak hoe oud en groot die kind is nie.

Ma…vir jou wil ek net se thanx! Ek kan nie wag om soos jy te wees vir my kinders nie.          Eendag!Laat ek maar eers vir Josh groot kry!

My nuwe muse en my hart

Februarie 1, 2012 in Sonder kategorie

My hart bons so bietjie toe ek hom weer die eerste keer in ‘n paar weke sien. Dis vanaand my gesin se maandelikse bymekaarkom-ete en ek het dit goed gedink om hom te nooi.

My familie kan nie so vreemd wees soos wat ek sê nie, sê hy.

Nou kom kyk dan vir jouself,sê ek.

En daarom is hy vanaand by die voordeur van my ouer huis.Om vir hom self uit te vind dat agter die normale voorstedelike huis, woon ‘n paar vreemde, stabiele, stanvastige normale prokereurs,hul aanhangsels, en die fashion designer wat in ‘n plakkerskamp werk. Seker maar soos baie ander stabiele, standvastige, normale voorstedelike gesinne.

Die tema vir vanand se familie ete is: “if I weren’t ….. I whould have been….” en elkeen kan self die lee spasies invul. Ek is aangetrek soos ‘n swanger getroude pripremêre jufrou met ‘n voorskoot aan, en hy het gekom as ‘n couch-patato. My pa is aangetrek soos kersfeesvader (ek weet nie hoe hy daarby uitkom nie) en my ma het haar trourok aan net om te wys sy kan nog. My suster kom as “perfek” want as sy nie haarself was nie, sou sy steeds perfek wees. By broer-hul se baba dogterjie is aangetrek soos ‘n seuntjie en hy soos ‘n advokaat. My jongste broer Hennie het ‘n blonde pruik op en ‘n rok. Hy en die baba het blykbaar die selfde idee gehad.

Ek kry my muse so bietjie jammer.Glo dit moet heeltemal oorweldegend wees vir enige vreemdeling, maar ons drink net wyn en vang lekker op. Die res van die naweek help hy fluks met die trek,(o ja wag, hy is eintlik my huismaat Dohr se vriend) en ek kom bewustelik agter hoe geinspireerd en vreedsaam my siel saam met hom is. Ons gesels oor ontwerp, kuns, en oor hoe die lewe is as “die anderse een”. Met my hele hart wens ek hy hoef nie aan die einde van die naweek weer terug te ry oor die berg na sy eie realiteit en wesentlike bestaan nie. Tog, ek weet hy moet.

Nou is dit weer die middel van ‘n volgende week. Ek sit in my tuin en verlang om langs hom op die gras te lê onder die groot geelhoud boom. Tog, daar is die twyfel in my. Wat maak hom anders as al die ander vorige kêrels? Hulle almal was ook aanvanklik fantasties, en alhoewel hy my wese aanraak op ‘n heel ander vlak bly hy steeds net nog ‘n mens. Nog ‘n mens wat my hart kan breek. Nog ‘n kêrel wat na ‘n paar maande kan agterkom ek is nie wat hy wil hê nie. Nog iemand wat kan wegloop en aanbeweeg terwyl ek weer die stukke van hoop en verwagtinge van die vloer moet optel.

Mense sê altyd:wees versigtig, be carefull of who you give your heart to.Ek WEET. Dit maak sin. Ek ken van wat gebeur as mens dit nie doen nie. Maar verduidelik tog vir my, HOE hou mens jou hart vas? Hoe gee jy iets ‘n kans sonder jou hart? Verlief raak: ek WIL nie. Maar om te laat gaan en weg te stap, dit voel ook nie vir my soos ‘n opsie nie. Vat dit soos dit kom? En dan?

Stabiel, standvastig en normaal. Waar kan ek dit tog kry? Sal dit dalk vir my die andwoorde bied wat ek so graag soek? Sal dit dalk my hart beskerm. Ek sê vir jou. Dis nogal moeilik om jonk te wees.