Vir gereelde lesers en goeie vriende

Januarie 31, 2012 in Sonder kategorie

Vandag het ek nie ‘n snaankse of interessante storie nie. Ek wil jul sommer net vertel hoe ek vorder met al die dinge wat die laaste ruk gebeur het. My lewe is mos maar soos ‘n vervolgverhgaal uit die huisgenoot, so as jy nie by is nie, moet jy maar na my vorige blogs gaan kyk.

Ek is uit eindelik in my nuwe huis, en dit begin al weer soos ‘n tuiste voel. Die stof lê nog oral dik, en swartsakke en bokse lyk steeds soos meubels in die huis, maar my rekenaar is aan, en my klere is in my kas. Klein Joshua het homself ook amtelik in my lewe in gewurm en met sy klein brak-lyfie bring hy my groot vreugde. Hy vang slakke, eet vrugte, kan al sit, en volg my oral rond. Hy en Dohr (een van my huis-maats) se kat moet nog net vrede maak maar ek is vol vertroue die wantroue tussen hulle twee sal saam met die stof en die bokse verdwyn.

Wat my nuwe-jaars voorneme betref om enkellopend en romansvry te bly vir die jaar- Ek het hom soortvan vir ‘n oomblik vergeet. Ek het nog nie vir myself lekker uitgewerk of hom permanent geskrap het, en of ek net ‘n oomblik van swakheid ervaar het nie, maar ek het oortree. Ek weet. Ek is seker ‘n bietjie pateties. Maar om verlief te wees op verlief wees is ‘n moeilike verslawing om agter te laat. Nie dat ek verlief is nie, (so vertel ek myself) maar daar het hierdie kêrel my lewe in-gewals gekom, en ek kan myself nie keer om saam te dans nie. Vir hoe lank weet ek nie, maar solank die ritme speel kan ek my voete nie stil hou nie. Hy is goed en gaaf en als, maar die verkwiking wat hy oor my siel se bineste laat spoel is vir my iets nuut waarvan ek myself nie kan weerhou nie. Vir tyd en wyl.

Die ander voornemens gaan nog goed. My kanvase staan en loer vir my om ‘n draai, en ek mik om die naaldwerk-kamer ook die week interig. Verder het ek die pos aanvaar as die huis-kok met die voorwaarde ek hoef nie skottelgoed te doen nie, en saans kook ek al die gifstowwe in my binneste uit. Ek het ‘n boek-hoek in my kamer gevestig waar al my gunsteling papiere en bundels net op hope gestapel is, met al my gunsteling fotos wat in rame pryk, bo dit op gehang.

Ek is gelukkig. Ek is ingerig en my jaar begin stadig maar seker ‘n basiese rotine vorm waarna ek so ongelooflik smag in die mal-huis van my bestaan. Daarom net hierdie brief wat voel of ek vir ‘n lang vergete vriendin skryf, maar eintlik net om dit vir myself te befestig. Die lewe is goed.

4 antwoorde op Vir gereelde lesers en goeie vriende

  1. Dit was lekker om te lees….!

  2. Nice! dit gaan jou goed!

  3. Dit klink goed 🙂
    Die liefde kom mos maar wanneer mens dit die minste verwag.
    Geniet elke oomblik vir wat dit is.

  4. Gun jouself die verslawing van verlief wees en geniet dit terwyl die ritme speel! 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.