Oor boyfriends…

Januarie 17, 2012 in Sonder kategorie

Ek ry vanmidag so eenuur uit die plakkerskamp na learskool Welgemoed om my amper-kind en ‘n maatjie te gaan optel. Dis warm en Koos Kombuis sing iets van een of ander oorlog in een of ander land. Ek ken die maatjie ook al van play dates en saam ry. Gawe kind, maar heel moontlik hou ek van haar oor sy dink ék is cool. Toe ek op skool was was ek net die weird kind. Nou is ek darm ‘n ander kind se super cool au pair oor ek ‘n mode ontwerper is en toelaat dat hul hul koppe by die vensters uit te steek en saam met my musiek te sing so hard as wat hul wil.

Gewoonlik kom die kinders aangedrentel na skool want in die hitte is dit geen prêt om nog 14:00 in ‘n skooljurk te moet wees nie, maar nie vandag nie. Met opgewonde gesiggies stap hul net vinnig genoeg dat mens dit nie hardloop kan noem nie (want hardloop is anders as ek NIE COOL NIE) en voor hul nog die kar deur kan oopmaak vertel hul my dié ding!

“Sonnet, Sonnet…ons het vir jou die PERFEKTE ou gekry met wie jy moet uitgaan! Dis ons nuwe kuns meneer, en hy is vyf en twintig en soos jy hou hy OOK van kuns! (no shit hey?) Hys nie so mooi nie, maar jy sal dink hy is hot want jy dink al die weird ouens is hot.”

Ek het nog altyd gewonder wat dit is met almal wat al ewig vir my ‘n kêrel wil reel. Net oor ek 23 en enkel-lopend en Afrikaans is, beteken dit dit is ONWETTIG vir my om nie op afsprake te wil gaan nie? Of is dit buitengewoon dat ‘n verlowing, of selfs net ‘n ernstige verhouding nog nie vir my insig is nie?

Kom ek vertel vir jul so: Van ek so 15 was, was ek nog nooit behoorlik enkellopend nie. Ook nog nooit REGTIG in ‘n funksionele verhouding nie, maar altyd besig met een of ander ou vir een of ander rede. Ons sal mekaar fasineer, dinge vir so ‘n maand probeer, besluit dit gaan nie werk nie (gewoonlik oor die meeste mans my hopeloos te uitputtend vind)en dan, drie maande na ek die vorige kerel ontmoed het, op hom verlief geraak het, gedate het, en weer met hom opgebreek het, ontmoed ek weer die volgende kêrel wat iemand vir my uitgesoek het.

Ek het al regtig een uit elke geur gedate. ‘n Plaas-mannetjie, ‘n metropolitaanse kleurling ou. ‘n jonger oukie, en een wat 10 jaar ouer is. ek was al saam met ouens wat rekenaar bleeksiele was, en ouens wat jou tiepiese sportman is. Ek was al saam met ‘n portugese kêrel, ‘n brit, ‘n amerikaner, en ‘n ou van Parys.( nie die een in die vrystaat nie.) ek het al kerels gedate met wie ek baie in gemeen het, en ouens wat my complete teenoorgestelde is….ek het al drie Johan’s gedate, en even meer ingeneurs. Dus wat ek al wil sug waneer iemand my vertel hul ken ‘n gawe ou wat goed by my sal pas…vir hoe lank?

Elke keer as ek verlief raak, en dan weer moet afskeid neem gee ek ‘n deel van my hart weg. Te veel ouens het al ‘n flentertjie, en ek weet nie of ek hul almal OOIT weer aan mekaar geplak sal kry nie. In 2011 aleen was ek in vier soortvan verhoudinge wat elke keer, waneer die ou besef ek is great om te date maar to much to handle in the long haul, my hart ‘n bietjie uit mekaar geskeur het. Ek WIL nie meer date nie tensy ek garantee kan kry dat hierdie ou nie sal weghardloop nie…

Daarom my ander mal nuwe jaarsvoorneme. 2012 is my jaar van single wees. Ek spandeer so baie tyd en energie op hierdie soortvan verhoudings,tyd at ek hierdie jaar gaan gebruik om al my ander stokperdjies te beoefen. Skilder, skryf, foto’s neem, naaldwerk, you name it and Ill do it.

Vandag in die plakkerskamp hardloop ‘n baba hondjie die heeldag agter my aan. Hy het nog ‘n tou om sy nek waar hy erens vas gemaak was. “wie sê hond is dit die?” vra ek almal en kry oral die selfde andwoord van skouers wat opgetrek word. Ek praat met die Juffrouens by die skooltjie. Wat dink julle moet ek met die hondjie maak? Hulle stel voor ek vat hom huis toe. HIER gaan niemand na hom kyk nie. Ek betaal een van die juffrouens om hom vir my op te pas en te versorg tot die einde van die week. As niemand hom kom haal nie, dan sal ek hom huis toe neem. Dan sal ek hom Joshua noem wat beteken “geskenk van God”, en dit sal hy ook wees. Die boyfriend wat God hierdie jaar vir my gestuur het.

8 antwoorde op Oor boyfriends…

  1. fanjan het gesê op Januarie 18, 2012

    Baie oulik geskryf. Ek het iemand geken wat gereeld vertel het jy moet elke dag gereed wees om die regte een te ontmoet. Dit kom van haar ouma af

  2. TS het gesê op Januarie 18, 2012

    Joshua… ek hou van… Jy het ‘n sagte siel!

  3. Ongelukkig is daar nooit ‘n “guarantee” nie…..
    Ek dink die single wees vir ‘n jaar is ‘n goeie ding, dit gee jou kans om jouself te leer ken.

    Klink vir my Joshua gaan dalk net die een wees wat nie jou hart breek hierdie jaar nie 😉

  4. Ag jy moenie worry oor die regte ou nie – dit kom soos groot kak – dis net skielik daar en kan nie vermy word nie.

  5. frandr het gesê op Januarie 18, 2012

    Ek het nou so lekker gelees. Mag jy ‘n heerlike jaar beleef – en vertel ons ‘seblief hoe dit met Joshua gaan.

  6. hahaha…maak jy nou my dag! daai is goed gestel. 🙂

  7. Ek sal jul defnintief op hoogte hou, en as ek weer uitfigure hoe om ‘n foto te post, sommer ‘n kiekie ook stuur! hy is tog te pragtig! dankie vir die lees.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.