Om te kan droom…

Januarie 11, 2012 in Sonder kategorie

Ek het vandag begin by Hobe educare centre in Greenpark. Groot opgewondenheid heers by die kleuters oor hul kan terug wees by die chreche. Groot opgewondenheid heers in my hart ook oor ek hier kan wees.

Vandag besef ek weer hoe fantasties die gawe is wat kinders het om te kan droom! My Xhosa is maar sleg maar ek vang so tussen deur op…die een vertel haar maatjie oor hoe sy eendag in ‘n paleis gaan woon. “kan ek ook by jou kom bly?” vra die maatjie terug. Lumka dink so oomblik. “ja, jy kan vir my kom werk.’

Komies soos die oomblik is besluit ek om ‘n les hieruit te leer. Waarom het ek ophou droom? Daarom vanaand, ‘n lysie van dinge waaroor ek droom.  Dis defenintief nie alles nie, maar dis waaraan ek nou kan dink. Party is dalk onrealistie, party is dalk ver, maar droom sal ek droom, want dit is wat mens vry maak.

MY DROOM LYSIE:

1. Om op google gevind te kan word. (facebook tel nie)

2. Ek wil weet dat ek die belangrikste persoon in iemand se lewe was.

3. eendag wil ek graag kinders he, en my seuntjie sal ek joshua noem want dit beteken “God verlos”

4. Ek wil trou…met die REGTE man. (Ek het wel besluit dat 2012 gaan ek geen kerel sien, of soen nie. laas jaar was te uitputtend)

5. Ek wil ‘n bad in my tuin hê

6. Ek wil ‘n rooi jeepie he. (die tiepe met ‘n oop dak wat lyk hof hy in die bosveld hoort.)

7. Ek wil weet dat ek ‘n verskil gemaak het.

8 Ek wil vrede maak met myself

9. ek wil ophou soek na iets meer.

10. Ek wil die woede in my omkeer na hoop.

11. ek wil die arora’s in antartika gaan kyk.

12. ek wil Griekse eilande besoek

13. Ek wil die statue of liberty gaan sien en ‘n live rock concert kyk.

14. Ek wil ‘n verskil maak.

15. ek wil ‘n tatoo kry

16. Ek wil ophou bang wees vir my ma

17. Ek wil leer vlot duuits en Xhosa praat.

18. ek wil leer nee sê

19. Ek wil in ‘n helikopter ry

20. Ek wil adelle se CD he.

21. Ek wil in die kerk se afkondigings verskyn.

22. Ek wil leer hoe om my drome te volg…

7 antwoorde op Om te kan droom…

  1. Hou jou lysie en eendag staan jy met verbasing en kyk hoeveel wel waargeword het. Ek beleef dinge wat ek as jong mens nie in my wildste drome sou droom nie

  2. avega het gesê op Januarie 11, 2012

    Baie goeie drome. Hoop ‘n klompie kan waarword vir jou die jaar. Wat wil jy in die kerk se afkondigings doen?

  3. haha…goeie vraag. ek weet self nie. Onthou net altyd hoe my maatjies se name op die afkondigings verskyn het vir elke prys wat hul gewen het, of titel wat hul beklee het toe ek klein was, en ek het nooit een van daai spasies vol gemaak nie…

  4. Jou lysie lyk soos my lewe. Ek kan ‘n paar regmerkies by jou kom maak. En dis vir my nice want ek wil altyd ander mense se lewens hê en nou lyk dit of jy so bietjie van myne wil hê. Dankie!

    Behalwe vir die reis. Ek was nog nooit uit die land nie en dis ook op my droomlysie.

    Sterkte en begin sommer vandag daaraan werk!

  5. Het eendag hierdie raakgelees
    “A dream is a wish that the heart makes”

    Droom girl, droom.
    Dis jou eie drome so niemand mag vir jou sê dis onrealisties nie.
    x

  6. oe vertel my asb watter jy al afgetiek het??? eks nou vreeslik nuskierig! Ek het darm al van Eropa gesien. Is gelukkig bevooreg in die opsig dat my ouers liewer geglo het dat ervaring meer waarde het as materilistiese goed…

  7. 1, 2, 3 (alhoewel sy naam nie Joshua is nie!), 4 , 7, 8, 10, 13 (die live rock konsert – Rammstein!), 14, 15, 16, 17 (Duits), 18, 19. Nie te vrot vir 33 jaar nie!

    Ek was gelukkig om nog altyd my eie kop te volg en my eie gevolgtrekkings te maak. Ek het vroeg genoeg geleer dat ander mense se opinies hulle eie is en dat dit nie regtig ‘n impak op my lewe het nie. En ook dat ek binne myself heel en gelukkig moet wees.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.