om leeg weer vol te kry

Desember 16, 2011 in Sonder kategorie

” dalk as jy so mooi agter almal anders kyk, kyk iemand eendag agter jou…”

Eks al van middel November klaar met klas, maar van vakansie het ek soos gewoonlik nog niks van gesien nie. Dis werks-ure wat verleng soos die skool vakansie naderkom. Ons hou partydjie in die plakkerskamp vir 200 kinders, en daarna gaan deel ons nog 200 geskenke en 500 lekkergoed pakkies in ‘n ander area uit. Springkastele word gehuur, generators word opgespoor, die jungle gym word klaar gebou, ons containers word met reuse huiskrane verskuif. Vir alles moet ons geld of borge kry… Tussen deur, soek my familie my aandag.Ek moet by my Ouma en oupa uitkom, my broer moet ek help reel aan sy uitreik. Tussendeur moet ek seker begin soek na ‘n vaste werk vir volgende jaar. Ek moet uit my huis uit en ‘n nuwe blyplek soek vir volgende jaar, en saam met dit vir eers afskeid neem van my huismaats, en van my Lunie-Lief wat weer terug trek na bo in die land. Wat gaan ek doen sonder die steun pilaar in die kamer langs my??

 Elke tweede dag skeur my hart met een of ander hardseer storie wat ek tee kom. Ek moet naaldwerk doen, my Desember planne agter mekaar kry, en uit die diepte van my hart wil ek by elkeen uitkom by wie ek moet uitkom….

Ek slaap min, kry raas by die huis, probeer dinge reel, probeer goed doen vir die wat swaarkry…

Ek het 48 ure laas geslaap. Die laaste vier dae het ek net take-aways geeet. My vel is seer gebrand, my hare voel soos strooi. My voete bloei so tussen-in die krake.

Erens sal ek weer moet vol maak, my energie moet terug kry. Vir nou vat ek eers bietjie af. ‘n Week van my dinge doen, wasgoed, aan die kant maak, pak…huil, afskeid neem, dink.

Slaap.

dalk is dit oor ek weet hoe dit is met niemand wat na jou kyk nie dat ek so graag na almal anders wil kyk…

2 antwoorde op om leeg weer vol te kry

  1. Jy is amazing, liewe kind!
    Jou paadjie in die toekoms sal met rose bestrooi wees, so mooi loop en moenie te veel plat trap nie!
    xxx

  2. TS het gesê op Desember 17, 2011

    Jy moet darem eerste na jouself kyk?
    Sterkte

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.