Dink aan my
Desember 13, 2011 in Sonder kategorie
Dink aan my
Waneer jy haar teen jou bors druk
En soen
Dink aan my
As jy haar troos
Of vir haar liefde gee
Dit wat eers vir my bedoel was
Dit wat jy weet my hart na smag
Waneer ek in my kamer lê
En aan jou dink
Gloei my oranje en groen hart
Want ek wag vir jou
Om terug te keer van jou reis
En om weer aan my te dink
Waneer jy haar lief het…
Dink aan my
Liefde van my hart
Modigliani het gesê op Desember 13, 2011
Hierdie laat so ‘n soet-suur smaak in my mond.
Soet vir die mooi geskryf, en suur & bitter vir die seer.
xxx
Liquidgloves het gesê op Desember 14, 2011
Outstanding work my dear friend! I am just not comfortable with “Want ek wag vir you”. The show must go on my friend. You should not take a person back or wait for him that caused you so much pain and anxiety. Nothing is going to change until you detach from the past and start living in the now. (Please ignore this message if it is not applicable on you) Wishign you a wonderful day!
Rene