As dit tyd is om jou hond te groet…

Desember 1, 2011 in Sonder kategorie

“Ek sal haar vat.” sê ek met selfvertroue. My ouers probeer my nie eers uit dit uit praat nie. “Jy weet nog waar die diere kliniek is reg? Onthou net om R500 saam te neem.” Binne my breek my hart so bietjie. Ek vryf my Grieta hond se ou rug terwyl sy my met hardseer oë aankyk. Dit is assof sy weet waaroor ons praat.

Vanoggend staan ek op met die wete dat ek my hond vandag veraltyd moet groet. MY hond. Grietjie.

Ek trek vir my ou klere aan, gaan sit by haar op die grond, en gee vir haar al die liefde wat ek vergeet het om vir haar te gee oor die laaste paar jaar wat ek nie meer by my ouers bly nie. Ek en my ma kyk haar so. Sy lyk dan nou weer heel ok? “kan ons haar nie maar nog so bietjie hou nie?” Ek sal enige iets gee om die uitstappie so bietjie uit te stel.” my ma skud haar kop. “Dis jou keuse Sonnet, Jy moet maar besluit…” Ek besluit sy kan nog ‘n paar daggies bly, maar toe ons saam voor die tellevisie lê weet ek ek is besig om my hond te na te kom. Sy sal enige iets doen om my lewe te red, ek moet ook nou braaf wees vir haar.

Ek en my broer ry in stilte af na die Diere Hospitaal. Die trane stroom oor my wange en Griet weet nie wat fout is met my nie. Met haar een ogie wat nog werk kyk sy na my en probeer vra: “wats fout?” Ek maak maar soos ‘n hond en kyk ander rigting toe. Ek kan nie met haar oog kontak maak nie. Daar aangekom huil ek nou sonder om eers meer skaam te kry. Ek het my Strandiens hemp waarop die Bybel vers trots prok: “al wat van belang is, is geloof wat deur liefde tot dade omgaan.” Watter daad gaan ek dan nou pleeg?

Die blondine agter die toonbank vra of Grietjie siek is. Heel skepties loer sy oor haar bril vir my. “nee, maar sy is oud. Sy het ‘n abses in haar een oog, verloor die heeltyd haar balans, en van tyd tot tyd is haar mond vol bloed. Sy mis ook vir Hansie wat laas week hier by jul was vir die prosedure, en sukkel met haar opstaan en eet.”

Skielik klink dit nie na ‘n goed genoeg rede om genade dood toe te pas nie. Die onvangs dame stem blykbaar saam. “moet Dokter nie maar eers na haar kyk nie? Shit vroumens. Dan moet ek weer vanvooraf vir Griet terug laai in die kar, kyk hoe sy vir nog ‘n week swaar het, myself weer troos dat sy nog by my is, net om ‘n week later die proses van voor te begin. Kan jy nie sien die lewe het haar moeg gemaak nie?Kyk na my? Lyk hierdie vir jou lekker? Dink jy ek is nou maar net gatvol vir die hond, en probeer nou maar net van haar ontslae raak?

 

Wil jy by wees as dit gebeur? “Nee dankie.” Sy kyk my weer aan assof ek ‘n aaklige mens is. Ek voel soos die teef in die verhaal.

 

Ek neem my Grieta na agter waar sy in ‘n sement hokkie moet bly tot die dokter tyd het vir haar. Dalk moes ek maar by haar bly? Wat as sy bang is? Sy weet mos nie wat nou aangaan nie? dalk moes ek maar by haar gesit het sodat sy kalm voel waneer sy gaan en dat sy weet dat ek is daar by haar en dis alles ok?

 

Ek is ‘n bitch.

 

My arme hond. Daar abandon ek haar toe en loop uit. By ontvangs moet ek gou ‘n vorm teken. ” Is jy seker Dokter moet nie gou nog na haar kyk nie?”

 

Wat ek haar geandwoord het weet ek nie. Ek gee vir my broer haar halsband want dit brand my hand. Ek huil so ek kan nie sien of die ligte rooi of groen is nie. By die huis klim ek in die stort en probeer my skuld gevoelens afwas. In die hoekkie gaan sit en hui ek en ek weet nie meer wat is trane en wat is stort water nie. My hart is gebreek.

 

Ek wil nooit weer ‘n troeteldier hê nie. Ek wil nooit weer iets of iemand lief hê nie. Wat is die punt as dit op die einde net SO ONGELOOFLIK seer maak… Ai Grieta… Ek is so jammer!

7 antwoorde op As dit tyd is om jou hond te groet…

  1. jjanajj het gesê op Desember 1, 2011

    ek is so jammer, sonet ;-(

    • Ek het my geliefde dierbare meisietjie Lillie my hondjie verloor toe ek weg was met vakansie. Sy was hartseer toe ons ry maar niks makeer. N week in die vakansie kry ek die nuus dat sy dood is,. Is vir my so moeilik en ek voel skuldig omdat ek nie hier was nie. Hoe kom ek oor die hartseer. Dit voel of ek dit nooit sal kan aanvaar nie. Sy was my alles.

  2. Ai Sonnet.
    Dis nie ‘n maklike ding om te doen nie, maar jy weet dit is beter so.
    Sterkte.

    It’s better to have loved and lost than never to have loved at all.
    (Kan nie onthou wie het dit gese nie)

  3. mladanyi het gesê op Desember 1, 2011

    My seun moes self hierdeur gaan so ‘n maand of wat terug. Of jy bly of loop, die seer bly dieselfde… 🙁

  4. Dis altyd tos.

    Starkte!

  5. frandr het gesê op Desember 2, 2011

    Dit was ‘n dapper besluit en die regte ding om te doen. Soms wens ek mense kon ook inklok vir ‘n rustige heengaan…

  6. Lynette het gesê op Maart 9, 2016

    My hart is ook stukkend ek moes die 24 Februarie 2016 my Sharpei kind wat deel was van my en my man se lewe vir 8 jaar en 5 maande laat rus omdat ons na 2 Maande gesukkel het met sy gesondheid en nadat ons die 23ste uitgevind het hy is gediagnoseer met Limfklierkanker en dat dit al deur sy hele lyfie betrek was my hart is stukkend dis vandag 2 weke later en ek mis hom verskriklik baie Ek dink aan almal wat al daai keuse moes deurmaak maar ek weet hy lei nie meer nie al het hy baie seer gehad en sy groet is baie spesiaal vir my ek sal hom altyd onthou

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.