Jy blaai in die argief vir 2011 Desember.

om leeg weer vol te kry

Desember 16, 2011 in Sonder kategorie

” dalk as jy so mooi agter almal anders kyk, kyk iemand eendag agter jou…”

Eks al van middel November klaar met klas, maar van vakansie het ek soos gewoonlik nog niks van gesien nie. Dis werks-ure wat verleng soos die skool vakansie naderkom. Ons hou partydjie in die plakkerskamp vir 200 kinders, en daarna gaan deel ons nog 200 geskenke en 500 lekkergoed pakkies in ‘n ander area uit. Springkastele word gehuur, generators word opgespoor, die jungle gym word klaar gebou, ons containers word met reuse huiskrane verskuif. Vir alles moet ons geld of borge kry… Tussen deur, soek my familie my aandag.Ek moet by my Ouma en oupa uitkom, my broer moet ek help reel aan sy uitreik. Tussendeur moet ek seker begin soek na ‘n vaste werk vir volgende jaar. Ek moet uit my huis uit en ‘n nuwe blyplek soek vir volgende jaar, en saam met dit vir eers afskeid neem van my huismaats, en van my Lunie-Lief wat weer terug trek na bo in die land. Wat gaan ek doen sonder die steun pilaar in die kamer langs my??

 Elke tweede dag skeur my hart met een of ander hardseer storie wat ek tee kom. Ek moet naaldwerk doen, my Desember planne agter mekaar kry, en uit die diepte van my hart wil ek by elkeen uitkom by wie ek moet uitkom….

Ek slaap min, kry raas by die huis, probeer dinge reel, probeer goed doen vir die wat swaarkry…

Ek het 48 ure laas geslaap. Die laaste vier dae het ek net take-aways geeet. My vel is seer gebrand, my hare voel soos strooi. My voete bloei so tussen-in die krake.

Erens sal ek weer moet vol maak, my energie moet terug kry. Vir nou vat ek eers bietjie af. ‘n Week van my dinge doen, wasgoed, aan die kant maak, pak…huil, afskeid neem, dink.

Slaap.

dalk is dit oor ek weet hoe dit is met niemand wat na jou kyk nie dat ek so graag na almal anders wil kyk…

Dink aan my

Desember 13, 2011 in Sonder kategorie

Dink aan my

Waneer jy haar teen jou bors druk

En soen

Dink aan my

As jy haar troos

Of vir haar liefde gee

Dit wat eers vir my bedoel was

Dit wat jy weet my hart na smag

Waneer ek in my kamer lê

En aan jou dink

Gloei my oranje en groen hart

Want ek wag vir jou

Om terug te keer van jou reis

En om weer aan my te dink

Waneer jy haar lief het…

Dink aan my

Liefde van my hart

As dit tyd is om jou hond te groet…

Desember 1, 2011 in Sonder kategorie

“Ek sal haar vat.” sê ek met selfvertroue. My ouers probeer my nie eers uit dit uit praat nie. “Jy weet nog waar die diere kliniek is reg? Onthou net om R500 saam te neem.” Binne my breek my hart so bietjie. Ek vryf my Grieta hond se ou rug terwyl sy my met hardseer oë aankyk. Dit is assof sy weet waaroor ons praat.

Vanoggend staan ek op met die wete dat ek my hond vandag veraltyd moet groet. MY hond. Grietjie.

Ek trek vir my ou klere aan, gaan sit by haar op die grond, en gee vir haar al die liefde wat ek vergeet het om vir haar te gee oor die laaste paar jaar wat ek nie meer by my ouers bly nie. Ek en my ma kyk haar so. Sy lyk dan nou weer heel ok? “kan ons haar nie maar nog so bietjie hou nie?” Ek sal enige iets gee om die uitstappie so bietjie uit te stel.” my ma skud haar kop. “Dis jou keuse Sonnet, Jy moet maar besluit…” Ek besluit sy kan nog ‘n paar daggies bly, maar toe ons saam voor die tellevisie lê weet ek ek is besig om my hond te na te kom. Sy sal enige iets doen om my lewe te red, ek moet ook nou braaf wees vir haar.

Ek en my broer ry in stilte af na die Diere Hospitaal. Die trane stroom oor my wange en Griet weet nie wat fout is met my nie. Met haar een ogie wat nog werk kyk sy na my en probeer vra: “wats fout?” Ek maak maar soos ‘n hond en kyk ander rigting toe. Ek kan nie met haar oog kontak maak nie. Daar aangekom huil ek nou sonder om eers meer skaam te kry. Ek het my Strandiens hemp waarop die Bybel vers trots prok: “al wat van belang is, is geloof wat deur liefde tot dade omgaan.” Watter daad gaan ek dan nou pleeg?

Die blondine agter die toonbank vra of Grietjie siek is. Heel skepties loer sy oor haar bril vir my. “nee, maar sy is oud. Sy het ‘n abses in haar een oog, verloor die heeltyd haar balans, en van tyd tot tyd is haar mond vol bloed. Sy mis ook vir Hansie wat laas week hier by jul was vir die prosedure, en sukkel met haar opstaan en eet.”

Skielik klink dit nie na ‘n goed genoeg rede om genade dood toe te pas nie. Die onvangs dame stem blykbaar saam. “moet Dokter nie maar eers na haar kyk nie? Shit vroumens. Dan moet ek weer vanvooraf vir Griet terug laai in die kar, kyk hoe sy vir nog ‘n week swaar het, myself weer troos dat sy nog by my is, net om ‘n week later die proses van voor te begin. Kan jy nie sien die lewe het haar moeg gemaak nie?Kyk na my? Lyk hierdie vir jou lekker? Dink jy ek is nou maar net gatvol vir die hond, en probeer nou maar net van haar ontslae raak?

 

Wil jy by wees as dit gebeur? “Nee dankie.” Sy kyk my weer aan assof ek ‘n aaklige mens is. Ek voel soos die teef in die verhaal.

 

Ek neem my Grieta na agter waar sy in ‘n sement hokkie moet bly tot die dokter tyd het vir haar. Dalk moes ek maar by haar bly? Wat as sy bang is? Sy weet mos nie wat nou aangaan nie? dalk moes ek maar by haar gesit het sodat sy kalm voel waneer sy gaan en dat sy weet dat ek is daar by haar en dis alles ok?

 

Ek is ‘n bitch.

 

My arme hond. Daar abandon ek haar toe en loop uit. By ontvangs moet ek gou ‘n vorm teken. ” Is jy seker Dokter moet nie gou nog na haar kyk nie?”

 

Wat ek haar geandwoord het weet ek nie. Ek gee vir my broer haar halsband want dit brand my hand. Ek huil so ek kan nie sien of die ligte rooi of groen is nie. By die huis klim ek in die stort en probeer my skuld gevoelens afwas. In die hoekkie gaan sit en hui ek en ek weet nie meer wat is trane en wat is stort water nie. My hart is gebreek.

 

Ek wil nooit weer ‘n troeteldier hê nie. Ek wil nooit weer iets of iemand lief hê nie. Wat is die punt as dit op die einde net SO ONGELOOFLIK seer maak… Ai Grieta… Ek is so jammer!