Geagte Mnr X…Ek is nie ‘n Pretpark nie.

November 28, 2011 in Sonder kategorie

Ai Mnr X. Dinge is nou so in hul moer ek kan myself maar net so wel voor jou kom stroop. Myself nakend maak voor jou sodat my hart kwesbaar en ontbloot voor jou oopgevlek lê.

Jou naam bly joune, maar jou gesig is die van vele ander.

Ek verstaan dat ek interessant lyk van daar waar jy staan. My lewe is ‘n warboel kleur wat soos flinders rondwapper, en bring vryheid in jou lewe met struktuur en reels. Ek weet ja…jy het nie bedoel om my seer te maak nie. Jy was net nuskierig.

Jy is nie die eerste man wat gefasineerd is met my nie. Dis altyd die selfde. Jou lewe is beplan, dit het rigting. Gaan nie ekstasies wees nie, maar met dit het jy ook die sekerheid dat dit as uitermatig hartsverskeured gaan verloop nie. 

En dan kom ek oor jou pad. Ek lag hard en uitbundig en jy wonder hoe dit voel om deel te wees van die avontuur. My rooi lippe borrel vinnig oor met woorde en idees wat nuut en vreemd vir jou klink…en jy wil dit proe.

Daai moontlikheid van wat as…

Wat as die lewe net van dag tot dag gestrek het?

Wat as daar meer is as wat die boek jou vertel?

Was sal gebeur as ek my plan net tydelik uitstel en die lewe beleef?

…en ek is elke keer bereid om iemand ‘n happie van die lewe op te dis. 

Ek weet ja, weet mos nou al na jare hoe dit uitwerk, so ek staan verniet en hou my onskuldig. Ek weet ek is nie.

Elke keer gooi jy my toe onder die aandag, sê vir my mooi dinge, en in jou oë kan ek die opwinding ervaar van die nuwe reis waarop jy is. Jy vertel my oor hoe interessant ek is, hoe vars dit is dat ek my nie veel aan die sosiale wette steur nie. Jy hou van hoe my hart altyd oopstaan vir ander, en hoe ek altyd bereid is om te help. Jy sê vir my hoe jy verdrink in die blou van my oë, en watter malemeule jou lewe is vandat ek daarin geloop het.

Dan weet ek…dis nie meer lank nie en jy is ook weg. Niemand wil vir altyd by die sirkus bly nie, en die rolercoaster maak jou siek as jy te lank op dit bly.

Na ‘n tydjie raak jy moeg, die son het jou verbrand, en al die addernalien maak jou pootuit. Jy wil nie meer wonder wat môre kom nie, en verlang terug na daai vrede en rustigheid. Die bekende. My oop hart is nou skielik te oop. Ek spandeer te veel tyd op die ashope en te min tyd alleen saam met jou. My blou oë is ook nie meer mooi as ek eers gehuil het nie, en skielik maak ek jou skaam as ek in die winkels se gange af huppel.

Ai meneer X. Ek blameer jou nie. Om die waarheid te sê ek is klein bietjie jaloers. Wat sal ek nie gee sodat ek net ‘n bietjie normaal kan hê nie. Dalk is dit juis waarom jy my in die eerste plek so aangetrek het? Stabiliteit. Maar Meneer, ek vra jou mooi, volgende keer, onthou voor jy uit my lewe verdwyn en nie weer terug kom nie: Ek is ‘n mens, nie ‘n pretpark nie…

6 antwoorde op Geagte Mnr X…Ek is nie ‘n Pretpark nie.

  1. Dis baie mooi gestel. Ek hoop jy kry daardie vastigheid en dat dit is wat jy wil hê. Onthou die sê-ding van die gras aan die ander kant van die draad. x

  2. Goed geskryf. Dit maak mens se eie lewe soms moeilik omdat jy nie ‘normaal’ is nie, maar hey, wat IS normaal? Solank jy met jouself gelukkig is.

  3. Dankie Alta…Ek verruil my ab-normaliteit vir niks in die wêreld nie. Sluk net soms swaar dat mens nie die brood aan altwee kante gebotter kan hê nie. Of miskien net selfs toets hoe dit aan die anderkant sal proe. 🙂

  4. Ag wat…sê ek dit vir al die mnr X’e dan moan ek weer. Die probleem is dat hul geniet dit dat die soet baie soet is, maar kan nie waneer die suur kom, die intensiewe suur handle nie. Solank ek net êrens kan sê (of skryf) wat ek dink, kan hul maar aangaan vir my part met hul lewe. Dankie vir die lees.

  5. Vryheid beteken om jou lewe te leef nes jy WIL…dis alreeds een moerse prestasie…want feitlik almal is slawe…

  6. Mooi gese.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.