My driedemensionele persoonlikheid

November 23, 2011 in Sonder kategorie

Te gereeld is mense se raad aan my, “wees net jouself.” As ek nie myslef is nie, wie is ek dan besig om te wees? Die probleem kom in by my driedemensionele persoonlikheid. Binne my woon’n klompie verskillende dames, elk met ‘n gelyke reg om ten volle te bestaan! Elk woon in haar eie borrel sonder om met die ander te meng,en tog dryf al die borrels saam in my brein.

Partydae is ek die krullebol kaalvoet kind wat nog met gister se maskara onder my oe rondloop en rooi lipstick-stains op koffie bekers los. Die meisie lag heeldag, maak grappies, hardloop deur besproeing stelsels en pluk bessies uit die boonste takke van die boom. Sy is min gepla met die verf vlekke wat op haar klere is, en blaas soentjies vir die mense wat haar skeef aankyk hieroor. Haar ma kry ‘n oorval as sy die helfte van die dinge sien wat die kind maak, maar in die selfde asem vergewe haar weer net so vinnig oor haar glimlag aansteeklik is. Sy is lief vir die wereld, en die wereld is terug lief vir haar. Sy druk jou graag, wil hoor oor jou dag, en kan seerplekke beter soen.TYd vir haar strek van die een wonderlike oomblik tot die volgende, maar maak geen fout nie, waneer sy hardseer is, huil sy hard, uitbundig en eet sjokelade tot dit weer beter voel.

Die ander meisie wat in my lyf woon is weer ‘n heel ander een. Haar hare is in ‘n ponistert agter haar kop vas gemaak, prakties,soos haar jean en tekkies. Sy is besig om dokumente in haar kop reg te pak en hou ‘n dagboek van haar afsprake en maak skedules wat op die minuut uitgewerk is. Sy organiseer liefdadigheids projekte, skeduleer dokters-afsprake, reel besoeke, en hou boek van haar inkomstes en uitgawes. Nie te gereeld kom die vrou kuier nie, maar waneer sy kom is sy uiter effektiefs, on-emisioneel, en praat met ‘n amptelike stem. Sy hou van soduko’s doen, blokraaie invul, debatte voer en dinge uitpluis oor wat gebeur het, en wat moes gebeur. Sy lees koerant, kyk die nuus, vorm opinies, en dink logies. Vir ontspanning gaan sy gym toe en oefen hier al haar frustrasies uit.

Dan is daar ook die digter in my. Sy dink te veel oor die dinge wat nie dink nodig het nie. Sy peins oor wat fout gegaan het, waarheen sy oppad is, en watter besluite sy anders wou maak. Sy skryf neer wat sy voel, wat sy wíl voel, wat sy oor ander voel, wat haar hart voel, en volg dit dan. Die enetjie is ‘n snaakse een. Sy raak maklik nostalgies, raak uiters negatief, en droom te veel oor hoe dinge kón wees. Dan le sy vir dae aan een in haar bed, en staan net op om kos-voorraad te gaan haal. Waneer die een aan die stuur is gebeur daar niks produktiefs nie. Sy dink, treur, en skryf gedigte en notas oor die bodemlose ewigheid wat die wereld werklik is. Sy betreur die feit dat mens in der waarheid eintlik altyd aleen sal wees, en dat niemand haar ooit werklik sal kan verstaan nie…

Waneer díé suster klaar getreur het, kom die verleidster in my na vore. Die tertjie weet wat sy wil he en daar is min dinge wat haar kan keer. Sy is kompenterend, weet wat sy wil he, en fluister al die regte woorde in al die regte ore om dit te kry.Met haar rokkies, hoe hakskoene, en lang siggarette, byt sy haar onderlip, en soen haar sorge weg. Sy is sterk, vol selfvertroue, ontleed mense, en manipuleer hulle tot sy kry wat sy wil he. Partykeer vir haar persoonlike belange, somtyd, vir die van ander. Sy is slim genoeg om haar dom te hou op die regte tye, en natuurlik is sy nie so onskuldig soos wat sy mense laat glo sy is nie. Tog, ook nie so wild soos wat ander verwag nie.

Dan is daar nog die ou tannie, die avontuurlus, die dame wat ‘n eenkant mens is en daar is die meisie van langsaan. Daar is die girl wat die lewe deur ‘n lens bekyk en brein-fotos neem van alles, die vrou wat net wil trou en kinders kry, en die meisie wat vir altyd sal rondloop met ‘n gebroke hart.

Hoe gemaak met soveel vrouens in jou is met die regom te lewe? Hoe gee ek vir elkeen ‘n gelyke kans?r laat ek agter bly, en watter is meer belangrik.

Hieroor het ek lank gedink. Ek kan nie bekostig om een te laat gaan nie. Die klomp hou mekaar in plek. Die diva in my maak dat die jammergat weer uit die bed klim waneer sy klaar gedink is. Die kind in my sorg dat die lewe nooit net grys en wit sal wees waneer die seketarresse in my oorneem nie, en díé sorg weer dat die kind nie sal vergeet om groot te word nie.

 Een vrou wat duidelik nie kon vatplek kry in my drie demensionele persoonlikheid nie, is een wat verveeld is, want met soveel vrouens om gelukkig te hou, is daar nooit ‘n vaal oomblik nie.

11 antwoorde op My driedemensionele persoonlikheid

  1. frandr het gesê op November 23, 2011

    Jy het my nou sommer opgevrolik so diep in die nag met hierdie kostelike pos.

  2. wat ‘n lekker stuk om te lees. geniet hulle almal.

  3. Die lewe is ‘n lied en jy sing en dans saam!

  4. Goeie stuk met baie fasette, …skuus persoonlikhede.

  5. TS het gesê op November 23, 2011

    Interessante mense in jou kop

  6. Pragtige skrywe! Jy laat my sommer beter voel oor alger in myse kop!
    Wens ek kon jou 10 sterre gee.

  7. zephur het gesê op November 23, 2011

    Elke faset is deel van jou…dit is jouself…al voel dit miskien soos iemand op ander tye

  8. EK HET NOG NOOIT DIE TWEEDE VROU ONTMOET NIE!!! ‘n Poniestert?? Dink ek het dit laas op skool gesien by jou! Dis seker hierdie tweede vrou wie se idol ek is. 🙂

  9. Almal het een ding in gemeen…slaaf…

  10. PUIK! Wonderlik dat jy so eerlink kan wees oor al die vrouens in jou. Solank jy net gemaklik pas en gemaklik “act” in hul elkeen se vel is dit mos ok om so baie in een te wees, moet bieg ek is ook nie noodwendig net een nie…

  11. afrikakind, die stukkie oor die kruis is baie mooi. Dankie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.