3 onsamehangende stories

November 19, 2011 in Sonder kategorie

sjoe…ek was omtrent lanklaas hier!

Die laaste maand was so bietjie bedrywig met my laaste maand van my 3 jaar kursus, (ek is nou ‘n gekwalifiseerde mode-ontwerper wat steeds nie kan spel nie) my ewige soeke na myself, my plakerskamp werk, en my Au Pair werk. Tussen deur het ek weer hopeloos van teveel tyd aan ‘n kerel spandeer wat hopeloos te onindrukwekkend was, besluit om in Austria te gaan werk vir ‘n paar maande van Desember af (dis nou as ek al my dokumente klaar kry, maar dis ‘n laaaang storie vir ‘n ander dag) en verder het ek bietjie met my kitaar op gevang.

Alles goed en wel, maar vandag wil ek jul net van drie, baie onsamehangende staaltjies vertel wat met my by die werk gebeur het gister.

1) Ek en die jongste seuntjie wat ek oppas(6) sit in die kar en wag vir sy sussie se skool klok om te lui. Voor die skool is ‘n groot stoomroller doenig en ek vertel hom die volgende grappie: “twee frikadelle stap oor die pad. ‘n Stoomroller kom en ry hulle plat. wat se die een vir die ander een? KOM PATTY, LAAT ONS WAAI!” hy sakaterlag en vra dan vir my wat ‘n frikkadell is…??? Ek probeer natuurlik nou klein kry wat vir die patroon so snaaks was as hy dan nie weet wat ‘n frikkadell is nie?? (hulle eet net woolies kos) Maar ek dwel nie te veel nie want hy meld opgewonde dat hy OOK ‘n grappie het: “wat se die een wiel vir die ander wiel? EK KORT DIE TOILET!” kahkahkahkahkah…lag hy toe…ai. Daar gaan die eerste druppel van onskuld…die dag wat jy besef die woord toilet en enige iets wat daarmee gepaard gaan is snaaks…sommer net.

2) Oor die afgelope paar jaar as ‘n Au Pair het ek baie dinge geleer by verskillende families. Een van die belangrikste lesse wat ek geleer het is hoe belangrik balans is. Daar moet balans wees tussen pret en werk, tussen rus en speel, tussen werk en tellevisie, en balans wees tussen ‘n ma se “ja” en haar “nee”. Kyk, die familie by wie ek nou is is great. ek was nog nooit so gelukkig by enige familie nie! My baas se grootste probleem dink ek is die feit dat sy haar kinders te lief het, en nooit vir hul nee se vir enige iets nie.

so stuur sy my gister Tygervalei toe met ‘n inkopie lys. Oudste moet by die huis bly en vir haar eksamen leer. “maar mamma…asb kan ek saamry? ek wil SOOOO graag ‘n Mcflurry he!” ek is skoon verbaas toe haar ma toe by haar nee hou. Miekie moet by die huis bly en leer…”maar maaaa…ek wil SO graag ‘n Mcflurry he?” Ma stel voor ek bring vir haar een huis toe. Mc D’s is in elk geval net 8km van die huis af. “Maar dit gaan smelt!”

Eindresultaat: ek ry met ‘n reuse coolerbox op my agterseat Mc D’s toe vir ‘n Mc Flurry…no jokes!

3) Ek hou ook nie van bedelaars of mense wat stront aan my probeer verkoop by verkeersligte nie…maar ek kry hul altyd jammer. Ek probeer maar altyd geselsies aanknoop om darm vir hul menswaardigheid te gee in plaas van geld.

Gister ry ek toe verby ‘n man wat kassies met persker verkoop. “detig rand merrim” Dit lyk so blerrie lekker ek koop toe ‘n kratjie. Ek eet die eerste een en dis heerlik soet! Ek peusel nog so lekker by die volgende rooi lig toe ‘n man hangers aan my probeer afsmeer. Ek wil nie hangers he nie, maar dalk soek hy ‘n perske? alleen sal ek tog nooit alles kan op eet nie.

Hy is toe SO bly ek gee hom sommer een vir later ook. Die res van die dag, oral waar ek verby mense ry wat iets op straathoeke verkoop, of wat lyk of hul lanklaas bederf was gee ek perskes voor! Vir R30 het ek die man met sy perskes ondersteun, en toe 20 ander mense se dag ook gemaak! Watter heerlike belegging?

11 antwoorde op 3 onsamehangende stories

  1. maak jy my nou lus vir ‘n lekker varsgeplukte perske!

  2. pbroere het gesê op November 20, 2011

    Ja dis waar.

  3. Blessed are those that gift peaches.

  4. frikve het gesê op November 20, 2011

    Drie onsamehangende opmerkings:
    1) ‘n Kind (10 jr) vra my eendag “Wat is die verskil tussen ‘n kuiken?” Terwyl ek nog frons antwoord hy “Sy linkerbeen is ewelank”. – Nou hel – wie dink sulke goed uit?
    2) Toe my seun drie jaar oud was, het ‘n ice cream cone altyd ‘n drama afgegee. Sodra die roomys begin smelt en oor sy vingertjies loop het hy aanhoudend begin moan daaroor tot dit naderhand ‘n tranedal was. Ek weet nie of hy ooit ‘n cone geniet het nie – – – .
    3) Op een van ons dorp se straathoeke het altyd ‘n baie kreupel boemelaar staan en bedel. Op ‘n dag het ek ‘n goeie transaksie deurgevoer en was taamlik hard van die geld. Toe ek en my seun by die robot stop waar die bedelaar staan, toe gee ek hom R100 en sê vir my seun “Watch nou!”
    Toe ons wegry toe verdwyn die kreupelheid soos ‘n wonderwerk en die bedelaar hardloop reguit na ons dorp se drankwinkel. Ek vermoed geloofsgenesing werk dalk op hierdie basis – – .

  5. Jy het ‘n opwindende en bedrywige lewe, Sonnet!
    xx

  6. frik! Ek hou van jou grappi by nommer een! net ‘n kind verstaan hoe ‘n kind se brein werk!Dis so ongelooflik! By nommer twee het ek my dood gelag…mens wil mos altegraag iets hê omdat die idee lekker klink, maak nie saak hoe sleg dit in praktyk is nie. By nommer 3: Mens sal altyd mense kry wat jou goeie daad in iets slegs verander. het net besluit ek gaan nie toe laat dat ander se slegte intensies my weerhou om goed te doen nie. Ek sal nie toelaat dat iemad my so beinvloed nie! Dankie vir die lees! kom kuier weer. 🙂

  7. Praat jy Lou! PArty dae is ek sommer uitgepuyk waneer ek my blogs skryf en die kans kry om my lewe van buite te sien. Maar dis so lekker en geniet om my ervaringe vir die tweedekeer op ‘n skerm te kan onthou! dankie vir die lees!

  8. watter deel nou? 🙂

  9. dit WAS lip-aflek lekker!

  10. pbroere het gesê op November 23, 2011

    dat jy met min geld baie mense gelukkig gemaak het. Meeste sal neerkyk op ‘n een rand muntstuk.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.