Jy blaai in die argief vir 2011 November.

skrywe

November 30, 2011 in Sonder kategorie

 Dr

  u

   p

  p

 en

   d

oor my sleutel bord

vloei die letters

tot diep binne

tot in my siel

waar dit soos

       h

        eu

         ni

         n

          g

weer my wese genees

Geagte Mnr X…Ek is nie ‘n Pretpark nie.

November 28, 2011 in Sonder kategorie

Ai Mnr X. Dinge is nou so in hul moer ek kan myself maar net so wel voor jou kom stroop. Myself nakend maak voor jou sodat my hart kwesbaar en ontbloot voor jou oopgevlek lê.

Jou naam bly joune, maar jou gesig is die van vele ander.

Ek verstaan dat ek interessant lyk van daar waar jy staan. My lewe is ‘n warboel kleur wat soos flinders rondwapper, en bring vryheid in jou lewe met struktuur en reels. Ek weet ja…jy het nie bedoel om my seer te maak nie. Jy was net nuskierig.

Jy is nie die eerste man wat gefasineerd is met my nie. Dis altyd die selfde. Jou lewe is beplan, dit het rigting. Gaan nie ekstasies wees nie, maar met dit het jy ook die sekerheid dat dit as uitermatig hartsverskeured gaan verloop nie. 

En dan kom ek oor jou pad. Ek lag hard en uitbundig en jy wonder hoe dit voel om deel te wees van die avontuur. My rooi lippe borrel vinnig oor met woorde en idees wat nuut en vreemd vir jou klink…en jy wil dit proe.

Daai moontlikheid van wat as…

Wat as die lewe net van dag tot dag gestrek het?

Wat as daar meer is as wat die boek jou vertel?

Was sal gebeur as ek my plan net tydelik uitstel en die lewe beleef?

…en ek is elke keer bereid om iemand ‘n happie van die lewe op te dis. 

Ek weet ja, weet mos nou al na jare hoe dit uitwerk, so ek staan verniet en hou my onskuldig. Ek weet ek is nie.

Elke keer gooi jy my toe onder die aandag, sê vir my mooi dinge, en in jou oë kan ek die opwinding ervaar van die nuwe reis waarop jy is. Jy vertel my oor hoe interessant ek is, hoe vars dit is dat ek my nie veel aan die sosiale wette steur nie. Jy hou van hoe my hart altyd oopstaan vir ander, en hoe ek altyd bereid is om te help. Jy sê vir my hoe jy verdrink in die blou van my oë, en watter malemeule jou lewe is vandat ek daarin geloop het.

Dan weet ek…dis nie meer lank nie en jy is ook weg. Niemand wil vir altyd by die sirkus bly nie, en die rolercoaster maak jou siek as jy te lank op dit bly.

Na ‘n tydjie raak jy moeg, die son het jou verbrand, en al die addernalien maak jou pootuit. Jy wil nie meer wonder wat môre kom nie, en verlang terug na daai vrede en rustigheid. Die bekende. My oop hart is nou skielik te oop. Ek spandeer te veel tyd op die ashope en te min tyd alleen saam met jou. My blou oë is ook nie meer mooi as ek eers gehuil het nie, en skielik maak ek jou skaam as ek in die winkels se gange af huppel.

Ai meneer X. Ek blameer jou nie. Om die waarheid te sê ek is klein bietjie jaloers. Wat sal ek nie gee sodat ek net ‘n bietjie normaal kan hê nie. Dalk is dit juis waarom jy my in die eerste plek so aangetrek het? Stabiliteit. Maar Meneer, ek vra jou mooi, volgende keer, onthou voor jy uit my lewe verdwyn en nie weer terug kom nie: Ek is ‘n mens, nie ‘n pretpark nie…

My driedemensionele persoonlikheid

November 23, 2011 in Sonder kategorie

Te gereeld is mense se raad aan my, “wees net jouself.” As ek nie myslef is nie, wie is ek dan besig om te wees? Die probleem kom in by my driedemensionele persoonlikheid. Binne my woon’n klompie verskillende dames, elk met ‘n gelyke reg om ten volle te bestaan! Elk woon in haar eie borrel sonder om met die ander te meng,en tog dryf al die borrels saam in my brein.

Partydae is ek die krullebol kaalvoet kind wat nog met gister se maskara onder my oe rondloop en rooi lipstick-stains op koffie bekers los. Die meisie lag heeldag, maak grappies, hardloop deur besproeing stelsels en pluk bessies uit die boonste takke van die boom. Sy is min gepla met die verf vlekke wat op haar klere is, en blaas soentjies vir die mense wat haar skeef aankyk hieroor. Haar ma kry ‘n oorval as sy die helfte van die dinge sien wat die kind maak, maar in die selfde asem vergewe haar weer net so vinnig oor haar glimlag aansteeklik is. Sy is lief vir die wereld, en die wereld is terug lief vir haar. Sy druk jou graag, wil hoor oor jou dag, en kan seerplekke beter soen.TYd vir haar strek van die een wonderlike oomblik tot die volgende, maar maak geen fout nie, waneer sy hardseer is, huil sy hard, uitbundig en eet sjokelade tot dit weer beter voel.

Die ander meisie wat in my lyf woon is weer ‘n heel ander een. Haar hare is in ‘n ponistert agter haar kop vas gemaak, prakties,soos haar jean en tekkies. Sy is besig om dokumente in haar kop reg te pak en hou ‘n dagboek van haar afsprake en maak skedules wat op die minuut uitgewerk is. Sy organiseer liefdadigheids projekte, skeduleer dokters-afsprake, reel besoeke, en hou boek van haar inkomstes en uitgawes. Nie te gereeld kom die vrou kuier nie, maar waneer sy kom is sy uiter effektiefs, on-emisioneel, en praat met ‘n amptelike stem. Sy hou van soduko’s doen, blokraaie invul, debatte voer en dinge uitpluis oor wat gebeur het, en wat moes gebeur. Sy lees koerant, kyk die nuus, vorm opinies, en dink logies. Vir ontspanning gaan sy gym toe en oefen hier al haar frustrasies uit.

Dan is daar ook die digter in my. Sy dink te veel oor die dinge wat nie dink nodig het nie. Sy peins oor wat fout gegaan het, waarheen sy oppad is, en watter besluite sy anders wou maak. Sy skryf neer wat sy voel, wat sy wíl voel, wat sy oor ander voel, wat haar hart voel, en volg dit dan. Die enetjie is ‘n snaakse een. Sy raak maklik nostalgies, raak uiters negatief, en droom te veel oor hoe dinge kón wees. Dan le sy vir dae aan een in haar bed, en staan net op om kos-voorraad te gaan haal. Waneer die een aan die stuur is gebeur daar niks produktiefs nie. Sy dink, treur, en skryf gedigte en notas oor die bodemlose ewigheid wat die wereld werklik is. Sy betreur die feit dat mens in der waarheid eintlik altyd aleen sal wees, en dat niemand haar ooit werklik sal kan verstaan nie…

Waneer díé suster klaar getreur het, kom die verleidster in my na vore. Die tertjie weet wat sy wil he en daar is min dinge wat haar kan keer. Sy is kompenterend, weet wat sy wil he, en fluister al die regte woorde in al die regte ore om dit te kry.Met haar rokkies, hoe hakskoene, en lang siggarette, byt sy haar onderlip, en soen haar sorge weg. Sy is sterk, vol selfvertroue, ontleed mense, en manipuleer hulle tot sy kry wat sy wil he. Partykeer vir haar persoonlike belange, somtyd, vir die van ander. Sy is slim genoeg om haar dom te hou op die regte tye, en natuurlik is sy nie so onskuldig soos wat sy mense laat glo sy is nie. Tog, ook nie so wild soos wat ander verwag nie.

Dan is daar nog die ou tannie, die avontuurlus, die dame wat ‘n eenkant mens is en daar is die meisie van langsaan. Daar is die girl wat die lewe deur ‘n lens bekyk en brein-fotos neem van alles, die vrou wat net wil trou en kinders kry, en die meisie wat vir altyd sal rondloop met ‘n gebroke hart.

Hoe gemaak met soveel vrouens in jou is met die regom te lewe? Hoe gee ek vir elkeen ‘n gelyke kans?r laat ek agter bly, en watter is meer belangrik.

Hieroor het ek lank gedink. Ek kan nie bekostig om een te laat gaan nie. Die klomp hou mekaar in plek. Die diva in my maak dat die jammergat weer uit die bed klim waneer sy klaar gedink is. Die kind in my sorg dat die lewe nooit net grys en wit sal wees waneer die seketarresse in my oorneem nie, en díé sorg weer dat die kind nie sal vergeet om groot te word nie.

 Een vrou wat duidelik nie kon vatplek kry in my drie demensionele persoonlikheid nie, is een wat verveeld is, want met soveel vrouens om gelukkig te hou, is daar nooit ‘n vaal oomblik nie.

3 onsamehangende stories

November 19, 2011 in Sonder kategorie

sjoe…ek was omtrent lanklaas hier!

Die laaste maand was so bietjie bedrywig met my laaste maand van my 3 jaar kursus, (ek is nou ‘n gekwalifiseerde mode-ontwerper wat steeds nie kan spel nie) my ewige soeke na myself, my plakerskamp werk, en my Au Pair werk. Tussen deur het ek weer hopeloos van teveel tyd aan ‘n kerel spandeer wat hopeloos te onindrukwekkend was, besluit om in Austria te gaan werk vir ‘n paar maande van Desember af (dis nou as ek al my dokumente klaar kry, maar dis ‘n laaaang storie vir ‘n ander dag) en verder het ek bietjie met my kitaar op gevang.

Alles goed en wel, maar vandag wil ek jul net van drie, baie onsamehangende staaltjies vertel wat met my by die werk gebeur het gister.

1) Ek en die jongste seuntjie wat ek oppas(6) sit in die kar en wag vir sy sussie se skool klok om te lui. Voor die skool is ‘n groot stoomroller doenig en ek vertel hom die volgende grappie: “twee frikadelle stap oor die pad. ‘n Stoomroller kom en ry hulle plat. wat se die een vir die ander een? KOM PATTY, LAAT ONS WAAI!” hy sakaterlag en vra dan vir my wat ‘n frikkadell is…??? Ek probeer natuurlik nou klein kry wat vir die patroon so snaaks was as hy dan nie weet wat ‘n frikkadell is nie?? (hulle eet net woolies kos) Maar ek dwel nie te veel nie want hy meld opgewonde dat hy OOK ‘n grappie het: “wat se die een wiel vir die ander wiel? EK KORT DIE TOILET!” kahkahkahkahkah…lag hy toe…ai. Daar gaan die eerste druppel van onskuld…die dag wat jy besef die woord toilet en enige iets wat daarmee gepaard gaan is snaaks…sommer net.

2) Oor die afgelope paar jaar as ‘n Au Pair het ek baie dinge geleer by verskillende families. Een van die belangrikste lesse wat ek geleer het is hoe belangrik balans is. Daar moet balans wees tussen pret en werk, tussen rus en speel, tussen werk en tellevisie, en balans wees tussen ‘n ma se “ja” en haar “nee”. Kyk, die familie by wie ek nou is is great. ek was nog nooit so gelukkig by enige familie nie! My baas se grootste probleem dink ek is die feit dat sy haar kinders te lief het, en nooit vir hul nee se vir enige iets nie.

so stuur sy my gister Tygervalei toe met ‘n inkopie lys. Oudste moet by die huis bly en vir haar eksamen leer. “maar mamma…asb kan ek saamry? ek wil SOOOO graag ‘n Mcflurry he!” ek is skoon verbaas toe haar ma toe by haar nee hou. Miekie moet by die huis bly en leer…”maar maaaa…ek wil SO graag ‘n Mcflurry he?” Ma stel voor ek bring vir haar een huis toe. Mc D’s is in elk geval net 8km van die huis af. “Maar dit gaan smelt!”

Eindresultaat: ek ry met ‘n reuse coolerbox op my agterseat Mc D’s toe vir ‘n Mc Flurry…no jokes!

3) Ek hou ook nie van bedelaars of mense wat stront aan my probeer verkoop by verkeersligte nie…maar ek kry hul altyd jammer. Ek probeer maar altyd geselsies aanknoop om darm vir hul menswaardigheid te gee in plaas van geld.

Gister ry ek toe verby ‘n man wat kassies met persker verkoop. “detig rand merrim” Dit lyk so blerrie lekker ek koop toe ‘n kratjie. Ek eet die eerste een en dis heerlik soet! Ek peusel nog so lekker by die volgende rooi lig toe ‘n man hangers aan my probeer afsmeer. Ek wil nie hangers he nie, maar dalk soek hy ‘n perske? alleen sal ek tog nooit alles kan op eet nie.

Hy is toe SO bly ek gee hom sommer een vir later ook. Die res van die dag, oral waar ek verby mense ry wat iets op straathoeke verkoop, of wat lyk of hul lanklaas bederf was gee ek perskes voor! Vir R30 het ek die man met sy perskes ondersteun, en toe 20 ander mense se dag ook gemaak! Watter heerlike belegging?