23

Oktober 31, 2011 in Sonder kategorie

23 is ‘n vreemde ouderdom om te wees. Oor bietjie minder as ‘n maand maak ek klaar met my 3 jaar kursus, en sal dan op papier ‘n gekwalifiseerde mode-ontwerper wees. Dit beteken ook natuurlik ek sal uit my studente huis moet trek, en ‘n grootmens moet word.

Wag, dat ek nou eers agtergrond gee:

 Mode-ontwerp is elke dogtertjie se droom tussen die ouderdom van 8-13. Dan teken jy moer baie prentjies met of-shoulder-rokke, hoë splete, op ‘n lyf wat soos ‘n barbie lyk, met ‘n gesig wat soos ‘n parrow-drag queen sin ingekleur is. Jy knip gate in jou t-hemde, werk snaakse knope vas, en sny jou jeans op sodat dit nou ‘n mini-skirt is.

Jap, ek was ook daar. My ma het vir my my ouma se singer gegeen toe ek 5 was en vandaar het ek al haar oorskiet lappe aan mekaar vas gewerk en Barbie klere begin maak. Daarna het sy vir my gewys hoe om ‘n patroon te lees en kort voor lank het ek my eie klere begin maak. Na die res van die meisies meer realisties begin droom het en planne gemaak het om liewers ryk te trou, het ek agter gekom dat ek nie na my ma se patrone HOEF te luister nie, en self dinge kan probeer. Ek het verskillende teksture en kleure en maretiale aan mekaar van begin werk, en my ma het na ‘n tyd net ander kant toe begin kyk waneer ek die huis verlaat. Partykeer met spelde aan mekaar gesteek in plaas van some as die tyd druk voor ek iewers moes wees.

Matriek strike reality my toe. Sal ek ‘n lewe hieruit kan maak? Sal EK ooit ‘n man kan kry as ek nie op Stellenbosch gaan swot nie? (ek love die afrikaanse propegande net so terloops) Dalk sal dit genoeg wees om ook eendag vir my kinders klere te maak?

Lang storie kort: ek IS toe stellenbosch toe, onderwys geswot vir ‘n jaar en ‘n half, en in plaas van swot, vir almal huisdans rokke gemaak. Ook maar vinnig agtergekom ek is te veel vir enige Stellenbosch man om te handle, en ek sal liewers my lappe lief hê as ‘n man sonder kleur. En van daar Kaap toe om my droom van 15 jaar terug te begin lewe.

Hier het die realiteit my ook natuurlik weer in gehaal. Eerste 6 maande was die pad klas toe nog ‘n ramp, en het almal ge -oe en ge- ahh oor wie wat aan het. Daarna het ek vir die eerste keer in my lewe ‘n jean, t-hemde, en plat skoene aan geskaf. Meese van my klas maats maar ook. Ek het vinnig geleer dat mens meer as net ‘n kreatiewe siel sal moet wees om dit in die industria te maak, en dat talent eintlik boggerol met dit uit te waai het. Mens leer vinnig om iets te skep wat kreatief en nuuts lyk, maar wat die general population steeds sal aanvaar. Weg is my Fabulous Parrow-Barbies….

En dis nou waar ek uitkom by 23. Na drie jaar van kreatief werk met jou linker brein maak ek nou klaar. Ek weet nou dat om ‘n Fashion designer te wees beteken maar ook net eintlik om in ‘n kantoor van ‘n groot ketting winkel te gaan sit, nommers uit te werk oor wie wat gaan wil hê, en om klere uit China in te voer. Moet ek nie maar ook ‘n ryk man soek nie??

 

23. Ek IS nie meer ‘n dogtertjie wat kan mooi prentjies teken en kan droom om vir myself daarmee te onderhou nie. Tog, ek is ook nie reg om die idee af te skud en groot te word nie?Waarvan moet ek nou droom? Aan watter maatskapy sal ek my siel verkoop? Ek wil nie meer swot nie. Ek wil nog nie ‘n grootmens wees nie.

 

23. Stuck. Sonder my ryk man, en met die wete ek moet ek kan nie stil staan nie. stuck…23

6 antwoorde op 23

  1. Meeste jong meisies het daardie drome. Ek stel voor jy begin jou beroep waarvoor jy nou gekwalifiseer is en stelselmatig kyk jy rond vir iets anders.

    ‘n Ryk man gaan ook nie in jou skoot val nie, maak eers goeie vriende en dan vind jy ‘n geesgenoot.

  2. ahhh! tanx vir die advise…soek nie regtig ‘n ryk man nie. (op die oomblik eintlik heel gatvol vir mans in general)

    Die werk…ai, ek weet nie. Eks so bang ek setle in ‘n job waarvan ek nie hou nie, maar bly maar net oor ek gemaklik is… maar ons sal sien. Maybe kom daar nog iets great. 🙂

  3. Jy sal moet leer om die beste van die saak te maak. Gaan verkoop jou siel deur die dag aan ‘n winkel en word jouself as jy by jou voordeur instap. Bou daar verder aan jou droom en dalk, as jy regtig hard werk en bid, dan kan jy dalk jou siel terug koop! Sterkte. Grootmens word is nie maklik of lekker nie, maar jy behou jou sanity as jy ‘n balans kan handhaaf.

  4. 23.
    Sjoe. Dit is vir my al 10 jaar terug.
    As ek nou terugkyk kan ek nie glo hoeveel al gebeur het nie.
    Oor 10 jaar gaan jy terugkyk en jy gaan verstom wees oor waar jy is.
    En, glo my, jy gaan eers hier by 30 regtig begin agterkom wie jy is.
    Geniet die jonkwees – jy gaan dit nooit terugkry nie.

  5. zephur het gesê op November 1, 2011

    At 23 the world is your oyster…

  6. haal diep asem… en NEVER SETTLE FOR LESS. never compromise. As jy jou siel verkoop gaan jy dit nie weer terug kry nie. regtig.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.