Liewe Ma en Pa

Oktober 27, 2011 in Sonder kategorie

Liewe Ma en Pa

Ek dink daar kom ‘n oomblik in elke kind se lewe waar hulle hierdie brief vir hulle ouers moet skryf. ‘n Tyd wat jy besef dat alles wat jy is, is te danke aan jou ouers. Vir die dinge wat hul vir jou gegee het, geleer het, en aan bloot gestel het. Ek wil hierdie brief seker al vir ‘n jaar lank vir jul skryf, maar die tyd is altyd te min om regtig eerlik waar in waardering te gaan sit en dinge te onthou, wat ek al lank al vergeet het.

Ek wil eerstens vir julle baie dankie sê vir die Christelike opvoeding waarmee julle my groot gemaak het. Sonder my geloof sou lewe leeg en sinneloos gewees het. Selfs al het ek getwyfel by tye of God regtig bestaan, en of ek regtig Sy kind is, het julle voorbeeld en geloof my uit eindelik terug gebring by my Vader, waar ek vandag my geloof as die vondamente vir my elke besluit gebruik. Pa, wil jou liefde vir die natuur en jou absolute bewondering vir God se skepping, tot waar ek pa elke oggend op pa se kniee sien bid het vir pa se kinders. Ma, vir die vertroue wat ma altyd in God geplaas het dat alles ten geode sal uitwerk, en ma se ongelooflike vermoe om ma se huisgesin op so ‘n wonderlike manier te dien. Dankie vir elke gebed wat jul namens my opgestuur het hemel toe.

Dan wil ek vir julle oor en oor dankie se vir julle anvaarding teenoor my. Hulle se altyd God gee spesiale kinders vir Spesiale ouers in die sin dat net hulle so ‘n spesiale kind sal kan groot kry. In daardie opsig glo ek julle moet uiters spesiaal wees, want ek weet ek kon nie ‘n maklike kind gewees het om groot te kry nie.(ek wonder somtyds saam met ma of ek ooit regtig groot sl wees) Maar julle was UITERS geduldig met my en het my soveel kanse gegee om myself uit te sorter, en vrede te maak met die feit dat ek nooit soos jul ander drie kinders sal wees nie, en ook nooit hoef te wees nie. Dit beteken vir my so geweldig baie dat julle my lief het en aanvaar met my rooi lipstick, kopdoeke, gevlegde hare, en harde lag. Julle het altyd terug gestaan en my deur al my moeilike fases laat gaan, en steeds met oop arms aan die ander kant vir my bly wag.

Ek wil vir julle baie dankie sê vir al die materieele goed wat julle my mee versorg het. Pa, dat jy steeds so hard werk soda tons ons drome kan volg, en ma, dat ma altyd elke geleentheid ondersoek het om ons soveel as moontlik te help om ons self te ontwikkel. Van kuns klasse, perdry en Funk-dansies was so ‘n ongelooflike voorreg. Vir elke diet wat ma ondersteun het, tot elke droom waarin julle geglo het. Dankie vir my studies, die lening vir my geel karetjie, my verblyf, my klere, al die meters materiaal, my naaldwerk masjiene, relings, en maniquins. Al sê mens dit nie genoeg nie moet julle weet dat ek dit elke dag waardeur!

Dankie vir die beskerming wat jul altyd vir my gebied het. Dat julle altyd jul bes doe om my veilig te hou, of om my te leer hoe om myself te beskerm. Al het ek nie altyd saam gestem met die manier waarop julle goed doen nie, weet ek vandag dat jul dit alles uit liefde gedoen het, enwat julle geglo het die beste vir ons is. Ek weet daar is tye wat julle moes terug staan sodat ek my eie foute kon maak en weet dit moes moeilik wees. Maar dit was altyd ok, want ek het geweet ek het ouers gehad wat aan die anderkant vir my wag en altyd vir my sal uitkyk.

Ma: Ek dink nie ek kan vir ma in woorde beskryf hoe lief ek ma het en hoeveel ek na ma opkyk nie. Ek kan nie dink aan ‘n sterker mens as ma nie. Tenspyte van al die swaar kry deur die jare het ma altyd voorentoe gekyk en weer op gestaan, en terwille van ma se kinders aanhou baklei. Ek sal nooit verstaan hoekom ma moes siek raak toe ma se kinders nog so klein en afhanklik van ma was nie, en ek wil kwaad raak, maar dan onthou ek ma het my geleer, dat maak niesaak HOE swaar jy kry nie, dat daar altyd iemand sal wees wat erger as jy af is. Met so uitkyk op die lewe weet ek dat ma enige tragedie en swaarkry sal kan wen. Ek hoop dat ek ook eendag so sterk person soos ma sal kan wees. Ma is altyd so positief, en om elke donker wolk sien ma die silwer randjie.

Pa:Die ander kinders op skool was altyd jaloers omdat ek ‘n pa soos pa het. Pa se lewenslus en entosiasme oor alles is aansteeklik en gee mens altyd nuwe lewenslus. Pa is ook ‘n ongelooflike “understanding” mens en ek weet daar is min dinge waarmee ek nie na pa toe kan kom nie. Pa kan altyd so objektief na dinge kyk, en het regtig altyd die beste raad. Maar wat kan ek sê: as jy so akurtate skut is, hoekom nie uit die heup uit skiet nie reg?Pa sien altyd kans om enige pad saam met pa se kinders te stap en geen droom wat ek mag hê is ooit buite beriek met pa se ondersteuning nie. As ek hulp nodig het weet ek dat pa altyd daar sal wees vir my.

Ma: Dankie dat ek my passie vir lappies met ma kan deel. Dis vir my so lekker om met ma my ontwerpe en nuwe skeppings te kan bespreek en ma se raad te kan vra. Pa, dankie vir elke spontane uitstappie en die wonder wat pa met my deel van elke mooi veld blommetjie. Ek wil ook sommer vir julle jammer se oor elke grys haar en elke slapeloose nag wat ek veroorsaak het. Maar ek hoop julle besef dat sonder al die slegte ervaringe, sou ek nooit die mens gewees het wat ek vandag is nie.

Dankie vir alles wat julle al vir my beteken het, steeds beteken, en nog baie jare voorentoe gaan beteken. Ek sal geen ander ouers in die wêreld wil hê as julle nie.

 

Baie Liefde

Sonnet

5 antwoorde op Liewe Ma en Pa

  1. Het jy hierdie vir jou ouers gegee? Dis privaat korrespondensie die.

  2. Baie mooi. Met al die spelfoute, kan ek bevestig dat jou interpretasie van ons grootword jare korrek is. Ons gaan dit eendag op Pa/Ma se begrafnis lees!!

  3. Sterrre hiervoor!!!

  4. Hi daar. Ek ken jou nie maar soos wat ek hierdie brief gelees het, het ek uit trane gebars. Dit is regtig onbeskryflik baie mooi. Ek wil net vir jou se dat ek dink jy moet hierdie brief aan jou ouers wys. My ouers het in 2014 altwee dood gegaan. 4 maande uit mekaar. En ek wens dat ek so iets vir hulle kon skryf. Ek wil graag toestemming vra om hierdie brief van jou te neem en dit aan my ouers oor te dra. Ek wil dit vir my ouers in die hemel skryf. Ek gaan hier en daar so paar dinge verander. Ek hoop dis reg met jou. Jy is baie intelegent en ek is seker jou ouers is baie geseend om jou as hulle dogeter te kan he. Die Here het ‘n goeie besluit gemaak.

    • Hey Verunique.

      Ek was so paar jaar weg maar is nou terug. Ek is bly die brief kon vir jou so baie beteken want dit is geskryf uit ‘n dankbare kind se hart. Jy mag dit natuurlik gebruik. Hoop jy het al reeds. Hoop ons lees mekaar weer raak. Groete.x

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.