Krulle in ‘n (haar)bos

Oktober 25, 2011 in Sonder kategorie

Ai tog. Ek het mos maar ‘n gat wat jeuk, ‘n impulsiewe persoonlikheid, en vandat ek my rekenaar verkoop het, geld wat my brand.

Kom ek verduidelik dit so. 7 jaar terug was ek haarsalon toe. Die blerrie vroumens het toe weer my hare 15cm, in plaas van 1.5 cm af geknip, en van toe af knip niemand aan my hare behalwe ek self nie. Maar saam met impulsiwiteit het ek ook ‘n verslawende persoolikheid, en nou gryp ek die skêr vir amper elke emosinele oorweldegende oomblik in my lewe.

Nou die laaste tyd is my lewe gevul met oordonderende oomblikke, wat beteken, my haarstyl moet aangepas word by elkeen. Omdat ek nou al die laaste 7 jaar probeer groei, probeer ek elke moontlike ander metode om dit aan te pas. Trim my kuif, kleur my hare of probeer verskilende ponisterte.

Maar toe vandag… ai

Daar kry ek toe uiteindelik my rok terug, en dis so mooi! ‘n Joernalis kom doen ‘n onderhoud met ons en ek voel net on top of this freaking world. Behalwe vir dit is ek so opgewonde oor my toekoms planne, en al die wonderlike dinge wat ons in die plakkerskamp beplan. Tot so ‘n mate dat ek weer jeuk om iets aan my yl haartjies te doen.

Ek love plekke met karakter, so toe ek verby ‘n klein haarsalonetjie in Boston ry met die naam van “Fair Lady” besluit ek sommer net daar dat dit tyd is. Vandag gaan iemand anders ‘n slag weer aan my hare werk, en dit sommer vir my perm. Draai die sleutel sommer in 3de rat af, en spring opgewonde uit my geel tjor. Krul is mos nie knip nie.

Die haarkapper tannie lyk gaaf met haar geel wit hare en pers strepe. Sy pas by die pienk en pers rangskiking van fake blomme in die lemmetjie-groen pot, op die lemmetjie groen toonbank, langs die lemmetjie groen sitkamer stel, wat mooi kamofleer teen die lemmetjie groen mure. Bles Briges sing selfs ook in die agtergrond.

Na die twee ure se ongemaklike proses stap ek by die haarsalon uit. My hare staan so styf dit lyk of ek by ‘n honde skou hoort. Nie te min, ek is happy! Dis mos nou iets nuut en verfrissend. In my geel kar probeer ek vir myself loer om weer seker te maak ek het reg gekyk, maar my tru-spieeltjie is nie groot genoeg vir my perm nie. Ek moet nou iets eet of rook! Trap petrol pick a Pay toe, en in die winkel is ek nie seker of mense vir my bates of my hare staar nie. (dis ook vir ‘n slag verfrissend!) Ek koop toe sommer ‘n pakkie sigarette en ‘n pak koekies! Screw die dieet!

In my kar probeer ek kyk of dit dalk beter sal lyk as ek my hare opvat, maar ek herhinder myself scary baie aan steve hofmeyer se nuutse verloofde. Dan moet hul maar hang. Steek ‘n sigret op, en gooi die koekies in die cabuel. By die rooi lig sit en frons ek nou diep, maak dan die cabuel oop, en haal die pak koekies uit. My kieste is vol geprop toe ek na regs kyk. ‘n Karretjie propvol jong kêrels my ouderdom sit in lag vir my. Die een draai sy venster af. “gee daar vir ons ook ‘n koekie?” ek glimlag net en kou klaar. “is comfort food! alle meisies het koekies in hul cabuels! Belowe!” Hulle lag lekker. Ek gee toe die res van de koekies deur my venster aan.

Ai…ek sal nou maar met die bos moet rondloop, en hoop dit verander in die spiral waarvoor ek aanvanklik gevra het. Tot dan toe moet ek dit maar embrace! Die lewe is anyway te kort om dit enigsins anders te benader.

8 antwoorde op Krulle in ‘n (haar)bos

  1. Lekker pos.Dankie.

  2. heeltyd???shit…ek moet meer dink voor ek tik dan! omtrent so groot soos my perm 😉

  3. nee nou maak jy ‘n fout. dis dar nie so nie.

  4. zephur het gesê op Oktober 26, 2011

    Nou as ek so aflei is dit ‘n ou tannie perm dan…

    Ag wat gaan koop maar nog koekies

    Geluk met die rok, ja ons hoop die toekoms is great

  5. haha!net so!ek llyk soos my Standerd 7 wiskunde juffrou!

  6. so kom ons kyk dan hoe akuraat jy bra-size praat…? 😀

  7. Freddy67 het gesê op Oktober 26, 2011

    Lekker man. Ek weet nie waarna ek die meeste smag nie: Om soos jy te kan skryf, jou koekies of om hare te hê nie. Dankie vir die deel.

  8. Ahh…tanx! Belowe jou, die bos hare is niks om te begeer nie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.