Sondag Middag

Oktober 23, 2011 in Sonder kategorie

Ek sit en brei.

My broer sit op ‘n tuin-stoel in die tuin.

My hond aan sy een sy…’n windbuks in sy arms.

Hy jag die irreterende swart spreeus in my pa se vrugte-bome.

My ma het gaan kruideniersware koop.

tien teen een by die dominee se vrou gaan stop vir ‘n koppie tee.

Ook natuurlik om haar kleinkind se nuutste toertjies te gaan ten toon stel.

en om te skinder oor die kerk-tannies se uitrustings.

My pa dôner steak tot tenderness in die garage.

die klein hondjie kyk tjankend toe.

Die rugby blêr in die agter grond.

hoe great is dit nie om vir ‘n slag net stereotipies te kan wees nie…

1 antwoord op Sondag Middag

  1. Sjoe, vleisvreters en voeltjiemoordenaars…swakkerige karma raai ek…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.