Blog Blaps

Oktober 7, 2011 in Sonder kategorie

Daar gebeur dit toe. Slim vang sy baas!

Lekker blog ek toe mos oor die kerel van die vrystaat wat ek gesoen het. Dis nou saterdag ‘n week terug. Vergeet toe skoon dat my geliefde swaer my blog lees.

Toe maandag kom, kom eet daar toe ‘n kerel by my op wie ek ‘n oog gehad het in hoerskool. Nogals ‘n vriend van my ouer suster.Kook ‘n groot bak pasta,ons drink wyn en gesels lekker. Einde van die aand soen hy toe ook my voete onder my uit. Ek kla nie. Hierdie is ‘n gawe kerel wat ek hoop vir ‘n tydjie sal aanbly in my lewe.

Dinsdag aand braai hy toe saam met my suster en haar man. Hul gesels toe blykbaar oor my (Nie seker of my swaer, Hannie, weet van my en die kerel se nuwe sosiale bande nie.) ‘Ja”…vertel Hannie hom toe. “dit gaan goed met Sonnet. lees net gister van die Kerrel wat sy in die vrystaat gesoen het.”

Dum Dum Dum…ek vind later die aand uit van die gesprek. voel soos ‘n poepie, en is seker die nuwe kerel dink eks ‘n losserige meisie. ek sou ook seker so gedink het.

Vertel toe my vriendin wat gebeur het. “kom mos nou van. wat leer ek hier uit???” ek wou nog se: “om nie twee ouerns in 3 dae te soen nie”, maar sy spring my voor. Haar andwoord is: “om nie te blog nie!”

so dis dan seker hankie dorie om meegevoer te raak in die oomblik, solank jy dit net nie vir die wereld pos nie. Oh well…

7 antwoorde op Blog Blaps

  1. soen maar en blog maar…’n soen is net’n soen..ek hoop albei was BAIE lekker!

  2. TS het gesê op Oktober 8, 2011

    neee wat hoekom sal mens nou ophou blog? Miskien moet mens net effe meer geheimsinnig wees

  3. Nee – wat jy moet leer is om losbek swaers in die eiers te skop om sodoende hulle te leer om hulle lippe toe te hou!

    🙂

  4. loudavisi het gesê op Oktober 8, 2011

    se vir hom (die laaste soener) dis eintlik hy van wie jy praat en dat jy die Vrystaat bygevoeg het vir ….. dink daar self iets uit. 😀
    Ag, hoe lekker om jonk te wees!

  5. Doepie9 het gesê op Oktober 10, 2011

    Henry…ek sal graag jou gevreetjie wil ontmoet, dalk my nr 10 voet tussen jou kieriebeentjies plant!

  6. nee wat…ek stem met Henry…:D

  7. Ek hou van hoe jy dink!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.