Terug in die kaap sonder my hart.

Oktober 2, 2011 in Sonder kategorie

Sondagaand, en ek is terug in die Kaap. Maar my hart het agter gebly in die noorde… (glo my, niemand is meer pro-Wes-Kaap as ek nie, maar there it is…I’ve said it!)

My tydjie in Parys/Sandton was great. Baie verskillend maar great!

Vrydag loop ek deur die dorp, koop vir myself koek en in binne ‘n halfuur hoor ek twee keer watter mooi oë ek het van wild vreemdelinge. ‘n Ander man maak skoon ‘n U-turn , ry weer verby my, en groet my weer. Na die tweede keer is ek gelukkig by Andree se huis, want so iets ken ek nie! Hier in die kaapse voorstede kry ek net komplimente as ‘n guns daarop volg.

Vrydagaand vir die verjaarsdag vieringe neem my vriendin Andree my toe uit om te gaan Pub crawl in Parys. Almal is moer vriendelik en ken mekaar. Vreemdelinge koop vir my drankies om geluk te sê en knoop geselsies aan. Mens kan selfs jou drank op ‘n rekening sit en later terug kom om te betaal! Waar het jy al so iets gehoor? Geen ID word met die oopmaak van so rekening gevra nie hoor!

Ek raak toe so mee gevoer met al die vriendelike mense en eenvoud, ek soen toe sommer ‘n Vrystaat seun van Parys in die gras velde. Ek verjaar dan, daar is sterre in die lug, en die veld ruik na die reen wat nou net geval het. Waarom dan nou nie? Ek is ongelukkig een van daai mense wat heeltemal mee gevoer word in die oomblik en dan met my maag dink ipv my kop.

Saterdag oggend, na al die cupcakes en opwinding vertrek ek en Andree toe Johannesburg toe. Die fashion show en kompetisie is in Santon Square, en ek moet elfuur daar wees. Die paaie se draaie is groot, Andree se GPS het erens langs die pad moed op gege, en ons verdwaal lelik! Stop orals om aanwysings en hoe vriendelik ookal die mense, ons verdwaal net meer. Kwart voor 12 arriveer ons uiteindelik. Andree huil amper weer. My liewe dierbare vriendin!

Gelukkig is die show eers eenuur, en ek word vinnig vinnig gebrief. So vriendelik en laid back die mense in parys was, so glamorous en kwaai is die Sandton Crowed, maar nie te min, ek is steeds in verwondering. Dis ‘n heel ander wêreld as myne, en hoe meer ek te sien kry, hoe meer besef ek ek is te gemaklik waar ek is. Ek kort nuwe ervaringe en drome in my lewe…

Die kompetisie gaan toe ook heel goed. Wen derde plek en ‘n fêncie laptop. Great en als, maar die ervaring is soveel meer werd.

Nou soek ek werk volgende jaar buite die weskaap. Til klap, waiter, assistent, ek gee nie om nie. Met ‘n fashion graad en al, solank ek kan beweeg. Verkieslik Transvaal toe, maar na eintlik enige klein dorpie weg van hier. Eks moeg vir die Srtad en sy voorstede. Dis al wat ek nog my hele lewe lank ken. My lyf juk vir verandering, en solank ek huur kan betaal is ek happy! So kyk uit vir my ok??

O ja…ek het ‘n foto opgelaai gekry… Kyk net hoe happy lyk ek by my rok! hoop dit werk.

(die opdrag was om ou jeans te recycle.)

8 antwoorde op Terug in die kaap sonder my hart.

  1. Caramella het gesê op Oktober 3, 2011

    En hoekom dan nie!
    As kind het ek skoolgegaan in Transvaal en kerkgegaan in Parys. Na kerk het ons natbeskuit gekoop en verslind voor ons die brug na Transvaal oorgesteek het.

  2. TS het gesê op Oktober 3, 2011

    Dit help altyd as jy iemand ken

  3. So wat dink jy nog van Parys my tuisdorpie..lekker plekkie met ‘n uiters patetiese dorpsbestuur.

  4. lora2me het gesê op Oktober 3, 2011

    Ek is so verlief op die Kaap dat ek nie kan verstaan dat iemand daar wil weggaan nie, maar ek moet erken, daar is darem maar die mooiste dorpies om in te woon … en jy’s reg, die mense “maak” die dorpies. Geluk, hoor. Oulike oorspronklike rok!

  5. Nice!
    Geluk met die prys!

  6. regtig??Ek was amazed! Die slag-gate in die pad lyk soos damme! BAIE anders as die stadsbestuur in die kaap! Love jou dorpie!

  7. Dis wat ek ook altyd gesê het. Elke keer as ek my berg agter gelaat het wou ek huil en as ek haar weer sien, dan huil ek regtig van blydskap. maar dink ek het meer die wegkom van alles bekend nodig.Nie vir altyd nie, net so tydjie!

  8. oe maar dit klink lekker! Ek dink die lewe op ‘n klein dorpie sal my great doen. Bly my lewe lank al in die suburbs en die stad.die klank van die karre op die snelweg langs my huis kalmeer my, en ek dink die verandering sal goed wees!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.